Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Stormers skok met bestuurspan
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Stormers skok met bestuurspan

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39038
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Stormers skok met bestuurspan
    Posted: 15-Dec-2018 at 10:13am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/skok-met-stormers-se-bestuurspan-20181214

Paul Treu en Paul Feeney van Nieu-Seeland is glo hul plek op die Stormers se afrigtingspan kwyt vir 2019 se Superrugby-reeks.

Netwerk24 het betroubaar verneem dat die Westelike Provinsie se Curriebeker-afrigtingspan van John Dobson, Dawie Snyman, Norman Laker en Hanyani Shimange die Stormers se hoofafrigter, Robbie Fleck, gaan bystaan.

Feeney en Treu gaan glo binne die unie herontplooi word.

Fleck se kontrak verstryk in 2019 en die plan is blykbaar dat Dobson by hom oorneem met die oog op 2020 se Superreeks. Daar sal dus ’n opvolgplan in werking gestel word in aanstaande jaar se reeks.

Die WP se rugbybase wil nie amptelik die aap uit die mou laat nie.

“Daar sal veranderinge aan die bestuurspan wees en ons sal dit hopelik vroeg in die nuwe jaar aankondig,” was al wat die WP Rugbyunie se uitvoerende hoof. Paul Zacks, oor die kwessie wou sê.

Verdeeldheid was in 2018 ’n groot probleem in die Stormers se afrigtingspan en Treu het so ver gegaan as om sy misnoeë oor beweerde marginalisering in ’n grieweskrif te verwoord.

Die skeuring in die Stormers se bestuurspan het in Julie op die lappe gekom toe ’n woedende Treu uit ’n hersieningsvergadering van die Stormers se mislukte veldtog gestorm het.

Hy het glo gesê dat hy “genoeg daarvan gehad het om sleg behandel te word” en dat hy dit “nie meer gaan vat nie”.

Treu het nie om dieselfde vuur as Feeney gesit nie en het glo ook gevoel dat Fleck nie sy insette na waarde skat nie.

Treu het nie om dieselfde vuur as Feeney gesit nie en het glo ook gevoel dat Fleck nie sy insette na waarde skat nie. Die WP het met ’n onafhanklike ondersoek begin en in November in ’n mediaverklaring gesê dat daar bevind is dat Treu se “beweringe oor onregverdige diskriminasie” nie gewig dra nie.

Die WP het in die proses waardevolle lesse geleer – onder meer om nie oorvleuelende portefeuljes vir hulpafrigters te skep nie.

In 2018 se Superreeks was Treu die “hulpafrigter vir gestruktureerde spel”. Sy pligte het ingesluit om die span tot die derde fase op die aanval af te rig en op verdediging van die eerstefasespel ná die vaste fasette.

Feeney se taak was aanval en verdediging uit ongestruktureerde spel.

Gewoonlik word die portefeuljes van aanval en verdediging afsonderlik aan hulpafrigters gegee. Die oorvleueling was volgens mense met binnekennis ’n groot probleem.

Die Stormers het reeds met hul voorbereiding vir die nuwe seisoen begin, maar die uitval van 2018 maak dit onmoontlik dat Treu, Feeney en Fleck weer as ’n span saam sal kan werk.

’n Aankondiging van herontplooiings en skuiwe behoort gevolglik vroeg in Januarie gemaak te word.

Fleck het intussen bevestig dat die WP die Leeus-speler Corné Fourie Kaap toe gelok het. Fourie is as loskopstut gekontrakteer en vul die leemte wat deur JC Janse van Rensburg se skuif na die Franse klub Grenoble gelaat is.

Fourie is as loskopstut gekontrakteer en vul die leemte wat deur JC Janse van Rensburg se skuif na Grenoble gelaat is.

Die Stormers sukkel ook nie soos verlede jaar met ’n gros beserings aan topspelers in die voorseisoen nie. Paul de Wet (skrumskakel), Johan du Toit (flank) en Ramone Samuels (haker) is op die krukkelys, maar nie een is die voorkeurspeler in sy posisie nie.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.