Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Week van drama op Loftus oor Vic
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Week van drama op Loftus oor Vic

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Week van drama op Loftus oor Vic
    Posted: 09-Dec-2018 at 8:58am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/week-van-drama-op-loftus-oor-vic-20181208

In ’n week van groot drama op Loftus Versfeld het Victor Matfield eers nee gesê vir die pos van hoofafrigter van die Bulle. Die Bulle het toe sy arm gedraai om sy besluit te heroorweeg en Matfield sal nou óf môre óf vroeg in die week sy finale antwoord aan die Bulle gee.

Willem Strauss en Alfons Meyer, onderskeidelik president van die Blou Bulle Rugbyunie en uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy, het Matfield oorreed om weer te besin oor sy nee vir die pos.

Rapport verneem Matfield se skielike ommeswaai oor sy beskikbaarheid vir die pos van hoofafrigter in John Mitchell se plek, het te make met familiesake en die langtermyn-sekuriteit wat SuperSport hom bied as spesialiskommentator.

Dit is egter nie duidelik waarom hierdie twee aspekte skielik so belangrik geword het nadat Matfield vir die pos aansoek gedoen het nie.

’n Onberispelike bron het sy voorlegging as uiters professioneel en van die beste in jare beskou. Die Bulle se besluitnemers beskou hom ook vanweë sy skerp rugbybrein as ’n afrigter wat die span soveel as ’n Rassie Erasmus kan bied.

Groot opgewondenheid het oor sy moontlike aanstelling geheers omdat die Bulle die afgelope tyd ook daarin geslaag het om spelers soos Duane Vermeulen, Schalk Brits en Rosko Specman vir volgende jaar se Superreeks te werf.

Die name van nog aanwinste kan voor die Superreeks aangekondig word. Dit plaas die Bulle in ’n gunstige posisie om vir ’n slag weer ’n ware krag in die Superreeks te wees.

Volgens ’n ingeligte bron hoop hulle nog dat Matfield ja sal sê.

Hy en die Bulle moet ook nog oor baie aspekte van sy Curriebeker-pligstaat ooreengekom het.

Hy het egter reeds met die spelers oor van sy planne gepraat, wat die Bulle hoop gee dat hy van besluit sal verander en die pos sal aanvaar.

Besluit hy daarteen, is dit hoogs onwaarskynlik dat die Bulle wyer as Pote Human en Deon Davids sal kyk om die pos te vul. Die Bulle kan selfs besluit om ’n korttermynkontrak aan Human te gee om hulle in staat te stel om opnuut na ’n hoofafrigter te soek.

Nie Strauss, Matfield of sy prokureur, Gerrie Swart, was gister vir kommentaar beskikbaar nie.

Die Bulle kan hulle weens tyd in ’n skaakmat-posisie bevind as Matfield wel kleinkoppie trek vir die pos.

Hulle het nou nie meer tyd om die pos weer te adverteer of onderhoude te voer voor hul eerste Super-kragmeting teen die Stormers op 16 Februarie aanstaande jaar nie.

Human sou in elk geval na verwagting een van Matfield se Super-hulpafrigters wees. Hy is ook tans in beheer van die Bulle se voorbereidings vir die Superreeks, nadat die Curriebeker-span vanjaar onder Human tot die halfeindstryd deurgedring het.

Dit sal daarom net sin maak om Human aan te stel aangesien Davids nog deur die Kings gekontrakteer is.
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2713
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Dec-2018 at 8:42am
https://rugby365.com/tournaments/super-rugby/news-super-rugby/monday-is-d-day-for-matfield

Lyk of die Director of Rugby posisie ook nog n gemors is..


Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Dec-2018 at 1:39pm
Van News24:

On Monday the Bulls confirmed a press conference regarding the announcement of the Bulls' Super Rugby head coach would take place at Loftus Versfeld on Tuesday at 11:00.
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Dec-2018 at 2:26pm
so matfield is dan weer in seker ? 
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2713
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Dec-2018 at 4:16pm
Of dat Pote net gaan aangaan?
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 7:05am
O die drama! Ermm
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.