Forum Home Forum Home > Lions Section > Union, Management and Coach discussions
  New Posts New Posts RSS Feed - Ackers kap na Leeus oor Sous
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Ackers kap na Leeus oor Sous

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Ackers kap na Leeus oor Sous
    Posted: 02-Dec-2018 at 6:56pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/ackers-kap-na-leeus-oor-sous-20181202

Gloucester het die eerste ronde teen die Leeus gewen, maar dis nog nie die einde van die geveg oor Franco Mostert se toekoms nie.

In ’n verrassende ontwikkeling in die kontraktwis oor Mostert is die Springbok-slot toegelaat om gister sy buiging vir Johan Ackermann se Engelse klubspan in ’n Premierliga-kragmeting met Worcester Warriors te maak.

Maar die Leeus en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) oorweeg dit volgens Rapport se inligting “sterk” om Wêreldrugby te versoek om sy besluit te heroorweeg.

Dit nadat Wêreldrugby die week bevind het Mostert het geen reël in sy onderhandelinge met sy Engelse klubspan oortree nie. Gloucester en Mostert, wat deur die RFU (Engelse Rugbyunie) ondersteun word, het dus nie soos gebruiklik die Leeus of Saru se klaringsertifikate benodig voordat hy gister kon speel nie.

Die Leeus maak beswaar teen sy skuif na Gloucester omdat die Engelse klub glo strydig met Wêreldrugby se reëls met hom onderhandel en as hul speler aangekondig het, voordat sy kontrak met die Johannesburgse span verstryk het.

Die Leeus het ook ’n oordragsfooi van Gloucester vereis voordat hulle bereid was om Mostert vry te stel.

Die toutrekkery oor Mostert het egter Vrydag ’n onverwagse wending geneem toe Ackermann sy naam in sy 23-tal vir gister se wedstryd uitgelees het.

Ackermann het ook sy voormalige span se optrede bevraagteken én sy verbasing daaroor uitgespreek.

“Ek is verbaas dat hulle nie geveg het vir spelers soos Jaco Kriel, Ruan Dreyer, Faf de Klerk of van die ander spelers wat hulle die laaste twee seisoene verlaat het nie,” het Ackermann aan Gloucestershire Live gesê.

“Ek is nog meer verbaas omdat ek gedink het elke speler en elke persoon het ’n vrye wil om te kies waar hy wil gaan.

Stephen Vaughan, Gloucester se uitvoerende hoof, het aan Gloucestershire Live gesê hulle wou net verseker dat Mostert weer werk en betaal word.

“Dit is nie veel ingewikkelder as dit nie,” het Vaughan gesê.

’n Ingeligte het aan Rapport gesê dié besluit deur Wêreldrugby kan verreikende gevolge inhou. Veral die agente het groot belangstelling in die saak aangesien daar voor die amptelike 120 dae van die verstryking van Mostert se kontrak met hom onderhandel is.
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 02-Dec-2018 at 6:59pm
Hierdie raak nou effens onsmaaklik...
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 02-Dec-2018 at 7:31pm
Ummmmmm... Ackerman. Jaco Kriel, Dreyer, Faf, ens. is binne die reëls gekontrakteer deur oorsese klubs! Wat verstaan jy nie??
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.102 seconds.