Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Bulle ‘ge-Kaap’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Bulle ‘ge-Kaap’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bulle ‘ge-Kaap’
    Posted: 02-Dec-2018 at 6:46pm
Die Bulle het ’n Kaapse rugbybrein gekry om saam met Victor Matfield Loftus Versfeld weer die weiplek van ’n Bul-kampioenspan te maak.

Alan Zondagh is die Kapenaar wat die week aangewys sal word as John Mitchell se opvolger as direkteur van rugby by die Bulle. Matfield word die nuwe hoofafrigter van die Bulle se Superspan.

Zondagh het groot aansien as ’n kundige ontleder en afrigter van die spel. Buiten dat hy die Westelike Provinsie en London Scottish afgerig het, was hy destyds ook direkteur van rugby by Saracens en die Boland.

Zondagh was ook saam met die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, en die ervare Blikkies Groenewald in die tegniese komitee met die Bulle se aanstelling van ’n nuwe hoofafrigter. Hy geniet glo ook groot aansien by Remgro, die Bulle se grootse aandeelhouer.

Hy sal die pos beklee van Mitchell nadat die Kiwi besluit het om hom by Eddie Jones se afrigtingspan van Engeland aan te sluit.

Met Zondagh as direkteur sal Matfield se hande los wees om die Bulle se Superspan af te rig en Zondagh as ’n mentor te gebruik as hy hom sou nodig kry.

Erasmus sal ook volgende week by Loftus saam met sy verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, aanmeld om die span te help om vir aanstaande jaar se seisoen voor te berei.

Pote Human is die vroeë gunsteling om as een van Matfield se hulpafrigters aangestel te word. Deon Davids, afrigter van die Kings en die derde kandidaat op die kortlys met wie die Bulle Woensdag onderhoude gevoer het, het klaarblyklik nie die paal gehaal nie.

Matfield se aanstelling as die Bulle se nuwe hoofafrigter moet egter nog bekragtig word. Sy prokureur Gerrie Swart se onderhandelinge met SuperSport, die gewese Springbok-slot se werkgewer, moet ook nog afgehandel word.

Matfield wil sy opsies eers met SuperSport bespreek. Hy wil sy werk daar op goeie voet afsluit voordat hy die Bulle se aanbod aanvaar.

Daar is ook nog aspekte van sy Curriebeker-pligstaat waarop ooreengekom moet word. Die harde werklikheid is as konsensus nie bereik kan word nie, sal daar geen kontrak wees nie.

Human se ervaring sal baie vir Matfield as hoofafrigter beteken.

Human was in 2006 die hoofafrigter toe die Blou Bulle die Curriebeker met die Vrystaat gedeel het. ’n Jaar later was hy een van Heyneke Meyer se hulpafrigters toe Matfield-hulle die Haaie in die Super-eindstryd in Durban geklop het.

In 2014 en 2015 het Human ook goeie sukses as Tuks se Varsitybeker-afrigter behaal.

Vanjaar was hy die Blou Bulle se hoofafrigter wat op byna dramatiese wyse daarin geslaag het om die Westelike Provinsie in die Curriebeker-halfeindstryd te klop. Human was ook Mitchell se hulpafrigter in die Superreeks.

Matfield se bestuurspan, wat eers later bevestig word, kan ook Fourie du Preez en Pine Pienaar se name insluit. Matfield moet Du Preez nog ompraat om hom met die agterlyn te help.

Nadat Pienaar en die Bulle se paaie vroeër op omstrede wyse geskei het, kan Matfield hom vra om weer met die verdediging te kom help.

* Zondagh se pad loop ’n interessante draai – veral nadat hy in 1980 as WP-rugby se hoof van afrigting aangestel is – ’n posisie wat hy agt jaar beklee het. Daarna het hy die OP drie jaar afgerig. Hy was drie jaar lank WP se hoofafrigter – van 1993 tot 1996 – waarna hy London Scottish gaan afrig het. Zondagh was ook twee jaar lank Saracens se direkteur van rugby. Sedertdien is hy al vir langer as ’n dekade by rugbyakademies betrokke.

Zondagh het in 2016 die SA Rugby Akademie begin en is ’n konsultant daar. Hy is ook ’n direkteur van die Stellenbosch Akademie vir Sport – die suksesvolle akademie wat deur die Remgro-baas Johann Rupert gestig is.

Toe Rapport vir Zondagh oor die pos kontak, het hy alle navrae verwys na Willem Strauss, die Blou Bulle se president. Strauss het wel Rapport se versoek om kommentaar gelees, maar nie gereageer nie.

* Intussen het Strauss toegegee die span se vertoning aanstaande jaar sal ’n massiewe impak op die volhoubaarheid van rugby op Loftus Versfeld hê.

“Die winde van verandering waai,” het Strauss Vrydag met die aankondiging van Alfons Meyer as die Bulle se nuwe uitvoerende hoof gesê.

“Ons kry ’n nuwe uitvoerende hoof, nuwe direkteure en nuwe afrigters. Die druk is ongelooflik. Jy weet hoe ons toeskouers is. Agt jaar is ’n lang tyd sonder ’n beker en seker die maerste tydperk in die Bulle se geskiedenis. Ons moet dit omdraai.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.098 seconds.