Forum Home Forum Home > Lions Section > Lions Players News
  New Posts New Posts RSS Feed - Afleggings: Bulle, WP gaan Leeus nie volg
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Afleggings: Bulle, WP gaan Leeus nie volg

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Afleggings: Bulle, WP gaan Leeus nie volg
    Posted: 17-Nov-2018 at 9:35am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/afleggings-bulle-wp-gaan-leeus-nie-volg-20181116

Die Blou Bulle, Haaie en Westelike Provinsie het tans geen planne om die deur vir hul jong, gekontrakteerde talent te wys nie.

Dit volg nadat die Goue Leeus Rugbyunie verlede week gesê het dat hulle skeidingspakkette aan sekere spelers aangebied het nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit het om volgende jaar se o.19-kompetisie te skrap en vorentoe net ’n o.21-kompetisie gaan aanbied.

Xander Janse van Rensburg, die Bulle se hoëprestasiebestuurder, sê die unie gaan vir eers soos gewoonlik met sy sake voort, hoewel hulle vorentoe wel ander opsies sal moet oorweeg.

“Ek dink nie dis nodig om nou iets so dramaties te doen soos om skeidingspakkette vir die spelers te gee nie,” het hy Vrydag by navraag aan Netwerk24 gesê.

“Dis egter logies dat ons wel in die nuwe jaar sal moet kyk daarna om ons kontrakteringstrategie te verander, maar ons gaan beslis nie nou enige drastiese stappe doen nie.”

Michael Horak, wat by die Haaie betrokke is as ’n spelerswerwer, het ook bevestig dat die KwaZulu-Natallers nie die Leeus se roete gaan volg nie.

“Nee, ons het geen sulke planne om spelers te laat gaan nie (nadat die o.19-kompetisie geskrap is),” het hy gesê.

Die Westelike Provinsie het Donderdag in ’n verklaring gesê dat hulle ook nie binnekort aan hulle salarisse gaan sny nie, hoewel so ’n voorstel ter tafel gelê is.

“Die voorstel, wat deur die WP se adjunkpresident, Zelt Marais, gemaak is, is nie die amptelike posisie van WP Rugby nie en het nie die ondersteuning van die meerderheid van die WP se uitvoerende komiteelede of die raad nie,” lui die verklaring.

“Hoewel daar heelwat finansiële uitdagings in die huidige omgewing is, het WP Rugby se leierskap besluit om die bekommernisse van personeel, spelers en bestuur uit die weg te ruim, aangesien die voorstel nie ’n opsie is wat die meerderheid glo op lang termyn tot voordeel van die unie sal wees nie.”

Volgens die unie se president, Thelo Wakefield, is die voorstel om salarisse met tot 25% te verminder nie deel van hul strategie nie.

“Terwyl ons steeds streef na uitmuntendheid op sowel as van die veld af, wil ek graag alle personeel, spelers en bestuur verseker dat ons nie van plan is om dit te doen ten koste van hulle of hul welvaart nie,” het Wakefield gesê.

Volgens Kobus Porter, ’n Saru-geakkrediteerde agent wat talle o.19-spelers as kliënte het, het die Leeus se besluit verskeie van sy spelers geraak.

“In dié stadium is ons gevra om nie te veel daaroor te sê nie, met die Leeus wat eerder self binnekort ’n verklaring wil uitreik,” het Porter gesê.

“Sover my kennis strek, is dit net spelers by die Leeus wat tans geraak word, hoewel van die gesprekke waarby ek betrokke was daarop dui dat dit in die toekoms ook by die ander unies sal begin gebeur.”

“Die Leeus weet die getalle gaan êrens gesny moet word en MyPlayers (die liggaam wat beroepspelers verteenwoordig) en Saru gaan dit vereis. Daarom het hulle besluit om eerder nie aan spelers vas te klou wat hulle weet moontlik nie meer speelkans gaan kry nie, maar ons is nog besig om ’n ooreenkoms te bereik.”

“Ek glo die spelers sal vorentoe die Young Guns-toernooi en die Varsitybeker in die visier hê. Nie alle spelers besluit noodwendig om te gaan studeer nie, maar dié toernooi kan moontlik vir hulle dan nou motiveer om daardie pad te stap.”
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2018 at 9:36am
>>>die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit het om volgende jaar se o.19-kompetisie te skrap en vorentoe net ’n o.21-kompetisie gaan aanbied.

CRAZY!
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Nov-2018 at 2:53pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>>die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit het om volgende jaar se o.19-kompetisie te skrap en vorentoe net ’n o.21-kompetisie gaan aanbied.

CRAZY!

Ek wonder waarom?

In my opinie is rassie ook besig om baie skade te maak met sy opmerkings oor spelers wat oorsee speel, en die feit dat hul die sentrale kontraktering stelsel wil skrap. Einde 2019 gaan AL ons bokke oorsee speel, so good luck to them om die ouens op dies bladsy te kry vir die bokke
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Nov-2018 at 3:14pm
Seker maar tekort aan geld?
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.086 seconds.