Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Franse afjak was bedekte seën, sê Schoeman
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Franse afjak was bedekte seën, sê Schoeman

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 25017
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Franse afjak was bedekte seën, sê Schoeman
    Posted: 11-Jul-2018 at 6:21am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/franse-afjak-was-bedekte-seen-se-schoeman-20180710

Die Cheetahs se losskakel-aanwins, Tian Schoeman, is maar al te bly dat sy gewese werkgewer, die Franse klubspan Bordeaux, hom ná slegs 12 maande van sy tweejaarkontrak vrygestel het.

“Ek is 110% bly om terug in Suid-Afrika te wees. Die skuif Frankryk toe was nie die regte een vir my en my gesin nie. Die winter daar is ondraaglik en daarby het hulle my eintlik gevra om te gaan omdat hulle na ’n Franssprekende losskakel op soek was,” bieg Schoeman, wat ’n paar dae terug by die Cheetahs in Bloemfontein ingeval het.

Hy is nie die eerste Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat gesukkel het om aan te pas in Frankryk nie. Die Springbok-losskakel Johan Goosen het dié week ook onthul dat hy sielsongelukkig in Parys was, waar hy vir die klub Racing 92 gespeel het.

Goosen het onder meer in ’n onderhoud met die Franse koerant Midi Olympique gesê hy het gesmag na oop ruimtes en die natuur en dat die geboue so naby aan mekaar in die Franse hoofstad was dat dit gevoel het of hy versmoor.

Dít was die hoofrede waarom hy Racing 92 einde 2016 op omstrede wyse verlaat, tydelik uit rugby getree en na Suid-Afrika teruggekeer het.

“Ek is maar bly hulle (Bordeaux) het my laat gaan, want ek sou nie nog ’n jaar daar kon uithou nie. Ek het vir my vrou gesê as daar ’n opsie is om in Suid-Afrika te kom speel, sal ek dit sterk oorweeg en ek het amper onmiddellik ja gesê vir die Cheetahs,” sê Schoeman.

Hy sou lankal by die Cheetahs aangesluit het, maar omdat sy eerste kind onlangs in Frankryk gebore is, moes hulle wag vir ’n noodpaspoort voordat hulle die land kon verlaat.

“Ek het Maandag by die Cheetahs se oefening ingeval en my liggaam is nog maar styf, maar ek sal gou regkom. Ek het wedstrydtyd nodig, want my laaste wedstryd was op 5 Mei.”

Schoeman sê dit is nou skouer aan die wiel, want hetsy dit Curriebeker- of Pro14-rugby gaan wees, hy is reg om sy alles vir die Cheetahs te gee.

“Die rugby in Frankryk is ook maar soos wat die Pro14-reeks vir die Cheetahs was oorsee: koud en nat.”

Hy is een van vyf losskakels wat sake sal uitspook om die nr. 10-trui. Die ander is Ernst Stapelberg, Louis Fouché, Ryno Eksteen en Benhard Janse van Rensburg. Laasgenoemde speel al ’n geruime tyd binnesenter en dit is waarskynlik dat hy in een van die twee reekse aangewend gaan word.

Dit Cheetahs se Curriebeker- en Pro14-groepe oefen tans saam voordat hulle later geskei word om op hul onderskeie kompetisies te fokus.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.