Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Franco wil spelers vir Vrystaat kweek
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares at Ellis Park on Saturday 24 February 2018, kickoff 15:05 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Franco wil spelers vir Vrystaat kweek

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 18157
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Franco wil spelers vir Vrystaat kweek
    Posted: 06-Feb-2018 at 2:00pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/franco-wil-spelers-vir-vrystaat-kweek-20180205

Die Vrystaat Rugbyunie gaan ’n splinternuwe o.19-liga van stapel stuur in ’n poging om plaaslike talent te identifiseer én te behou.

Ses spanne van klubs, akademies, asook een van Grey-kollege, gaan daarin speel.

Dié inisiatief sal aan spelers wat nie verder studeer nie die geleentheid bied om aan te hou rugby speel. Op die lange duur word daar gehoop dat dit genoeg spelers vir die Vrystaat sal oplewer.

Die liga sal bekend staan as die Vrystaat Rugby o.19-liga en is die geesteskind van die direkteur van rugby by die unie Franco Smith, wat ook die Springbokke se agterlyn-afrigter is.

“Te veel spelers met potensiaal hou ná skool op rugby speel en raak verlore vir die streek. Met dié liga poog Vrystaat Rugby om professionele en klubrugby van junior vlakke na bo te voed en te versterk,” sê Smith.

“Spelers sal in dié liga deur die beste beskikbare afrigters onder hande geneem word, wat sal help dat spelers van hoë gehalte vir die toekoms gekweek word.”

Voormalige spelers soos Jan du Toit, Bobby Joubert en Rynhardt Erwee is van die afrigters.

“Om die liga interessant te maak, word slegs voorrye toegelaat om pale toe te skop,” sê Smith.

Volgens hom glo hulle dié reëls sal bydra tot aanskoulike hardlooprugby.

Die liga begin reeds Vrydag en duur tot 10 Maart.

’n Bloemfonteinse uitnodigingspan, bestaande uit spelers van SUT II en Bloemfontein-akademie, ’n Vrystaatse uitnodigingspan, bestaande uit al die klubs in Bloemfontein en die Cheetah-akademie, twee spanne van die Universiteit van die Vrystaat, een van die SUT en een van Grey is die deelnemende spanne. Die eerste wedstryde word Vrydag by Grey-kollege gespeel.

Daar sal geen eindstryd wees nie. Op die laaste dag sal die spanne wat onderskeidelik eerste en tweede, derde en vierde en vyfde en sesde geëindig het, teen mekaar speel.

Bepalings vir Vrydag by Grey: 15:30: Grey t. SUT; 16:45: VS XV-tal t. BFN XV-tal
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Online
Points: 1154
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Feb-2018 at 3:06pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

“Om die liga interessant te maak, word slegs voorrye toegelaat om pale toe te skop,” sê Smith.
Insinueer hy dat voorrye nie kan skop nie? https://www.youtube.com/watch?v=Jx6PdqBTVnE
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1204
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Feb-2018 at 3:27pm
Not too shabby!!!
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Online
Points: 1154
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Feb-2018 at 4:00pm
Originally posted by Lion4ever Lion4ever wrote:

Not too shabby!!!
Dit is 'n skop wat hy eintlik gehoop het mis was... As ek reg onthou moes die Waratahs 'n bonuspunt drie kry om te kwalifiseer vir die uitspeel rondtes, die Waratahs het voordeel gespeel toe besluit Dunning hy mik vir 'n drop, met die gedagte dat dit mis sou wees en hulle sodoende 'n strafskop kon kry... Hy het heel duidelik sy eie vermoeens onderskat...LOL
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1204
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Feb-2018 at 4:39pm
These things happen
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.