Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Bulle besluit finaal oor magnate se aanbod
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Bulle besluit finaal oor magnate se aanbod

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39038
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bulle besluit finaal oor magnate se aanbod
    Posted: 21-Nov-2019 at 8:46am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-besluit-finaal-oor-magnate-se-aanbod-20191120

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) in die onlangse verlede finansieel en prestasiegewys in die steek gelaat.

Dié skip het sedertdien gedraai met die nuwe bestuur se leiding, maar dit het drie jaar te laat gebeur, sê Willem Strauss, president van die BBRU. 

Sy vermaning kom op die vooraand van ’n gesamentlike aanbod van Remgro en African Rainbow Capital, wat vir goedkeuring aan die unie voorgelê sal word.

Sou die aanbod wel Donderdagaand by Loftus Versfeld die ja-woord kry, sal dit beteken dat dié maatskappye ’n beherende aandeel van 74% in die Bulle-maatskappy bekom.

Strauss is hoopvol dat die aanbod, sou dit goedgekeur word, almal in uniegeledere se eenparige steun sal hê. “Die profiele en ambisie van Johann Rupert (Remgro) en Patrice Motsepe (ARC) spreek vanself en ons is in ’n bevoorregte posisie dat sulke beleggers in die Bulle belangstel.” Hoewel Rupert en Motsepe dan die grootste sê in die beroepsvleuel van die Bulle sal hê, sal die unie steeds die beskermheer van die spel in Pretoria en Limpopo, sowel as die eienaar van Loftus, bly.

Die Bulle is die afgelope paar seisoene onder geweldige finansiële druk en die aanduiding is dat die maatskappy vanjaar gelyk sal breek of ’n geringe verlies kan ly. “Daar is geen twyfel nie, die maatskappy het die unie op en van die veld af in die steek gelaat in die verlede, maar dit help nie om daarop te hamer nie.

“Ons is in die proses om die Bulle op amateur- en beroepsvlak te posisioneer om die uitdagings wat die spel wêreldwyd kniehalter, aan te pak.

Alfons Meyer het aan die begin van die jaar by Barend van Graan as die BBM se uitvoerende hoof oorgeneem. 

Xander Janse van Rensburg, die BBM se hoëprestasiebestuurder, het daarna in Februarie glo weens gesondheidsprobleme bedank.

Die BBM het twee maande later op grond van ’n forensiese verslag besluit om ’n strafregtelike klag teen Janse van Rensburg in te dien, nadat bewerings van bedrog en finansiële ongerymdhede by Loftus aan die lig gekom het. 

Strauss sê die Bulle sal in 2020 onder druk wees om te verbeter op vanjaar se vertoning in die Superreeks.

Die Bulle het vir die eerste keer in ses jaar die uitspeelronde van die kompetisie gehaal.

“Ons het nie meer die supersterre nie en ons is nou in baie opsigte waar die Bulle in die vroeë 2000’s was. “Die beste jong talent is gelukkig hier en hulle sal saam met Bokke soos Warrick Gelant, Lizo Gqoboka, Trevor Nyakane, Marco van Staden, Ivan van Zyl en Embrose Papier in ’n hegte eenheid ontluik.” 

Die Bulle se algemene jaarvergadering vind ook Donderdagaand plaas.
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Nov-2019 at 11:29am
Half n no brainier... Met daai finansiele backing gaan dinge goed gaan by Loftus...
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.125 seconds.