Forum Home Forum Home > Lions Section > Lions Players News
  New Posts New Posts RSS Feed - Jannie en Carlu kan Leeus se skrums spierkrag gee
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Connacht in Ireland in the URC on 23 March 2024, kickoff is at 19:15

Jannie en Carlu kan Leeus se skrums spierkrag gee

 Post Reply Post Reply Page  12>
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39011
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Jannie en Carlu kan Leeus se skrums spierkrag gee
    Posted: 17-Nov-2019 at 8:37am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/jannie-en-carlu-kan-leeus-se-skrums-spierkrag-gee-20191116

Jannie du Plessis kan ná ’n afwesigheid van vyf jaar na Suid-Afrika terugkeer om vir die Leeus in die Superreeks te speel. 

Die 37-jarige mediese dokter van Montpellier, asook die Westelike Provinsie se Carlü Sadie, is in gevorderde gesprekke met die Leeus om hul vaskopspens ná Jacobie Adriaanse se uittrede aan te vul. 

Du Plessis het in 2015 laas vir die Haaie in die Superreeks gespeel, waarna hy hom ná dieselfde jaar se Wêreldbekertoernooi by Montpellier aangesluit het.

Hy wag vir die nodige goedkeuring van Montpellier om hom later by die Leeus se Supergroep vir 2020 se reeks aan te sluit. Die boerseun van Bethlehem moet ook nog mediese toetse slaag, wat nie as ’n probleem beskou word nie. 

Voor die Wêreldbeker in Japan was daar sprake dat Du Plessis voortaan eerder meer by afrigting betrokke sal raak, maar hy het die laaste tyd ’n tweede asem gekry. 

Hy sit vandag saam met sy broer Bismarck du Plessis op die bank wanneer hul Franse klubspan in Galway teen die Ierse span Connacht in ’n Kampioenebeker-kragmeting speel. 

Jan Serfontein, wat weens ’n besering nie vir die Wêreldbeker in Japan beskikbaar was nie, is saam met Paul Willemse, Nicolaas Janse van Rensburg, Jacques du Plessis en Henry Immelman die ander Suid-Afrikaners wat saam met die Du Plessis-broers na Galway gereis het. 

Jannie se fiksheid en sy fisieke kondisie is dié week deur ’n ingeligte as goed aan Rapport beskryf. 

Met drie Wêreldbekers, 2007, 2011 en 2015 s’n, op sy kerfstok kan hy volgende jaar net soveel van die veld af as daar op vir die Leeus werd wees as sy onderhandelinge wel suksesvol afgehandel word. 

Die 22-jarige Sadie kan met sy skuif waardevolle ervaring saam met Du Plessis opdoen. Sadie was verlede jaar as ’n leenspeler van die WP een van die Leeus se staatmakers in die Superreeks.

Die WP het hom daarna versoek om vir die Curriebekerreeks na die Kaap terug te keer, maar dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat hy nou ’n permanente skuif na Johannesburg sal maak.

Met vaskoppe soos Frans Malherbe, Wilco Louw en Michael Kumbirai sal Sadie in 2020 nie soveel speelkans by die Stormers as in die Leeus-trui kry nie. 

Afgesien van Sadie en Jannie, sal die Leeus se nuwe Superhoofafrigter, Cash van Rooyen, ook uit vaskoppe soos Johannes Jonker en Frans van Wyk kan kies. 

Van Rooyen het sy Supergroep reeds met spelers soos die Bulle se skrumskakel André Warner, die Westelike Provinsie se senter Dan Kriel en Junior Bok-losskakel James Mollentze ná die Curriebeker versterk. Mollentze kan ook senter speel.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39011
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 8:40am
>>Die 37-jarige mediese dokter van Montpellier, 

Nee hel, ek weet nie of dit 'n goeie ding is nie. Hy skrum seker nog sterk, maar wat anders gaan hy ons bied. Onthou Super Rugby is vinnig, en hy het nou so 4 jaar op stadige velde gespeel, en as ek reg onthou was hy 4 jaar terug in Super Rugby al baie stadig
Back to Top
GoLions View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 14-Jan-2019
Status: Offline
Points: 357
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote GoLions Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 8:55am
Lyk my Doc Jannie was by Montpellier as mediese dekking vir die wereldbeker maar is ook betrokke by afrigting

29 Julie 2019:

"French club Montpellier have signed a deal with former Springbok prop Jannie du Plessis as a medical joker.

"Jannie du Plessis, an international Springbok at the club since 2015, will be hired as a World Cup joker. In parallel, he will continue to carry out his missions within the training centre," Montpellier said via a press statement."

https://www.sport24.co.za/Rugby/ex-bok-to-stay-as-medical-joker-at-montpellier-20190729

Back to Top
vdwestjo View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 25-Mar-2019
Location: Midrand
Status: Offline
Points: 161
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote vdwestjo Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 11:23am
Dink nou weer sal great wees as Jannie en Sadie na Lions toe kom Jannie se ervaring sal baie beteken vir alle jong spelers!!!! 
Lions4life
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 11:31am
I like. Ons het genoeg vinnige spelers, kort n paar diesels...
Back to Top
Niela View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 29-Apr-2019
Location: Johannesburg
Status: Offline
Points: 515
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Niela Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 1:56pm
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

I like. Ons het genoeg vinnige spelers, kort n paar diesels...

This is awesome news. We desperately need tight heads . I am really happy with this !

Jannie won’t bring much on field, but will bring huge experience. I don’t have an issue with this signing at all
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1505
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 7:55am
Enige diepte op stut en slot word verwelkom. Hoop net nie Jannie kos 'n plaas se prys nie.
Up the Vaal!
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 8:21am
Solank Jannie sy kak houding oorsee los. Het nog nooit van hom gehou nie, hy en sy boetie het nog altyd gedink die son skyn jul weet waar uit.. Maar ja, in terme van ervaring kry mens seker nie beter nie, so ek hoop maar hy voeg waarde by.

Sadie sal natuurlik n moerse aanwins wees! Goed om te hoor die unie kyk darem na stutte en nie nog 'n 10de losskakel of vleuel nie
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 8:24am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Solank Jannie sy kak houding oorsee los. Het nog nooit van hom gehou nie, hy en sy boetie het nog altyd gedink die son skyn jul weet waar uit.. Maar ja, in terme van ervaring kry mens seker nie beter nie, so ek hoop maar hy voeg waarde by.

Sadie sal natuurlik n moerse aanwins wees! Goed om te hoor die unie kyk darem na stutte en nie nog 'n 10de losskakel of vleuel nie
Stem. Hy en Bismarck is twee regte moangatte op die veld, wat heeltyd vir die skeidsregter probeer vertel hoe om die game te blaas.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39011
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 9:40am
Kort boodskappie van die Leeus nou net op twitter

The Lions Rugby Company can confirm that they are in talks with prop Jannie du Plessis.

Hoekom wag hulle altyd dat die goed uitlek voordat hulle iets se?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39011
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 9:56am
Van die paar kere wat ek Jannie op TV hoor praat het, kan ek seker se dat dit geklink het asof hy oor 'n goeie rugbybrein beskik, maar ek hou ook nie van die moanery by die skeidsregters nie. En hopelik kan Cash hom help om fiks te word sodat hy kan byhou by Super Rugby
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 9:57am
Dit is lagwekkend.... Jannie du Plessis, die ou wat vir Bakkie Botha 'n cheap shot gegee het in Bakkies se laaste wedstryd... Ek weet dagga is nou wettig, maar die persoon wat nou die "recruitment" doen by die leeus gaan nou te vêr... Jannie was gemiddeld op sy beste, nou is hy al n ou toppie... Ek is seker daar is beter jong outjies wat goedkoper as Jannie sal wees.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39011
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 9:59am
Ja hy is 37...nogal naby aan lank in die tand in terme van rugby. Ek kyk nie regtig baie oorsese rugby nie, so ek het geen idee in watter vorm hy op die oomblik is nie, wat ek wel weet is dat hy al baie stadig was toe hy laas nog vir die Sharks gespeel het, en dit was al seker 'n goeie 5 jaar gelede
Back to Top
monster View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Online
Points: 654
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 10:55am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ja hy is 37...nogal naby aan lank in die tand in terme van rugby. Ek kyk nie regtig baie oorsese rugby nie, so ek het geen idee in watter vorm hy op die oomblik is nie, wat ek wel weet is dat hy al baie stadig was toe hy laas nog vir die Sharks gespeel het, en dit was al seker 'n goeie 5 jaar gelede
Snaaks laat Jannie erens heen gaan sonder Bismark
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 2000
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 11:51am
Originally posted by monster monster wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ja hy is 37...nogal naby aan lank in die tand in terme van rugby. Ek kyk nie regtig baie oorsese rugby nie, so ek het geen idee in watter vorm hy op die oomblik is nie, wat ek wel weet is dat hy al baie stadig was toe hy laas nog vir die Sharks gespeel het, en dit was al seker 'n goeie 5 jaar gelede
Snaaks laat Jannie erens heen gaan sonder Bismark
My thoughts exactly.

Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 11:57am
Glo steeds sy ervaring sal dalk kan help. Dalk is hierdie n aanduiding van hoe skaars en of duur goeie voorrymanne deesdae is...
Back to Top
vdwestjo View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 25-Mar-2019
Location: Midrand
Status: Offline
Points: 161
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote vdwestjo Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 1:00pm
Sien in die nuus dat Jannie du Plessis in goeie vorm tans is. Seker as ons hom teken sal dit baie waardevol is. Kyk hoe baie het Schalk Brits vir Bulle en Bokke beteken
Lions4life
Back to Top
Tin View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Brits
Status: Offline
Points: 211
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Tin Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 1:38pm
Ek wonder of n ou soos Jannie byvoorbeeld gaan wil luister na n "jong" skrum afrigter soos Julian, en hoe gaan hy aanpas by die leeus se "familie" tipe span opset.
Back to Top
ROOIHART View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Apr-2016
Location: Johannesburg
Status: Offline
Points: 494
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote ROOIHART Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 3:21pm
Al vraag wat eintlik belangrik is: Is Jannie op oomblik verbetering op Jonker en Van Wyk?
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 3:44pm
Ons kan almal nou baie spekuleer op grond van die inligting wat ons het. Ons gaan ongelukkig eers na die eerste paar games weet of hy n goeie kopie was.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 3:50pm
Wat wel duidelik is, is dat Cash skrum dominansie belangrik ag. Dis vir my n goeie teken, aangesien skrum krag in die verlede n groot deel van ons sukses uitgemaak het.

Ervaring is partykeer goed. Mens het partykeer, wanneer jy agter die pale staan en met 15 punte agter is, iemand nodig wat al in daai situasie was, en weet hoe om die druk te hanteer.
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1776
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 6:58pm
Originally posted by Tin Tin wrote:

Ek wonder of n ou soos Jannie byvoorbeeld gaan wil luister na n "jong" skrum afrigter soos Julian, en hoe gaan hy aanpas by die leeus se "familie" tipe span opset.


Julian is nou maar eers 30 jaar oud, so hy is heelwat jonger as Jannie.....
(11 September 1989 (age 30 years))
Go LIONS!!!!!
Back to Top
LION@SEA View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu
Avatar

Joined: 16-Jul-2018
Location: Cape Twon
Status: Offline
Points: 29
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LION@SEA Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Nov-2019 at 7:44am
Ek dink dis n goeie koop, glo Jannie sal meeste tyd van die bank af speel saam Jonker. Wat beteken Dylan en Sadie sal begin, so ons scrum gaan verseker sterk bly ongeag wie op die veld is. Ons weet verseker Jannie gaan nie by ons speed game bly nie, maar hy maak op vir dit met sy ondervinding en hy kan altwee kante van die scrum sak. Ons vaste 5 lyk klaar beter as verlede jaar.
Hannes
Back to Top
monster View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Online
Points: 654
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Nov-2019 at 8:01am
Originally posted by LION@SEA LION@SEA wrote:

Ek dink dis n goeie koop, glo Jannie sal meeste tyd van die bank af speel saam Jonker. Wat beteken Dylan en Sadie sal begin, so ons scrum gaan verseker sterk bly ongeag wie op die veld is. Ons weet verseker Jannie gaan nie by ons speed game bly nie, maar hy maak op vir dit met sy ondervinding en hy kan altwee kante van die scrum sak. Ons vaste 5 lyk klaar beter as verlede jaar.
Moenie vergeet van Sti Sithole nie (op loskop) hy het n baie goeie CB gehad jammer hy is net voor die final seer gekry.  Met Marx weg pla die haker posisie maar Pieter Jansen en Campher is maar nog jonk
Back to Top
GoLions View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 14-Jan-2019
Status: Offline
Points: 357
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote GoLions Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Nov-2019 at 8:14am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Tin Tin wrote:

Ek wonder of n ou soos Jannie byvoorbeeld gaan wil luister na n "jong" skrum afrigter soos Julian, en hoe gaan hy aanpas by die leeus se "familie" tipe span opset.


Julian is nou maar eers 30 jaar oud, so hy is heelwat jonger as Jannie.....
(11 September 1989 (age 30 years))
Ek wonder hoeveel Julian betrokke gaan wees by afrigting. Hy is mentor vir die jong spelers en ook betrokke by die Learning Hub, om die spelers to help voorberei vir 'n lewe na rugby
Back to Top
 Post Reply Post Reply Page  12>
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.184 seconds.