Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > United Rugby Championship
  New Posts New Posts RSS Feed - Orie se bokke weer kragreus in wereldrugby
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Orie se bokke weer kragreus in wereldrugby

 Post Reply Post Reply
Author
Message Reverse Sort Order
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Orie se bokke weer kragreus in wereldrugby
    Posted: 07-Nov-2019 at 9:36am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/orie-se-bokke-weer-kragreus-in-wereldrugby-20191106

Die Springbokke het met hul verowering van die Wêreldbeker (WB) bewys dat hulle weer “ ’n kragreus in wêreldrugby” is, sê Marvin Orie, wat tans in Wallis vir die Ospreys speel.

Die 26-jarige Orie, wat net-net nie die Bokke se WB-groep gehaal het nie, is ná die Ospreys se vorige Pro14-wedstryd teen Connacht oor die Springbokke se sege oor Engeland in die eindstryd gepols.

“Ek dink nie mense (buite Suid-Afrika) besef regtig wat die oorwinning vir ’n land soos Suid-Afrika beteken nie,” sê Orie op die Ospreys se Facebook-blad.

“Almal is opgewonde. En vir my om by die opbou betrokke te kon wees, is ongelooflik. Ek dink Suid-Afrika het gewys hy is weer ’n kragreus in wêreldrugby en dis presies waar ons hoort.”

Orie het drie toetse gespeel voor die WB-toernooi, maar met Eben Etzebeth, Lood de Jager, Franco Mostert en RG Snyman daar, was daar nie vir hom plek in die uitsoekgroep nie. 

Toe die Bokke koers kies Japan toe, het hy sy tasse vir Swansea in Wallis gepak. Met die Ospreys wat drie topslotte – Alun Wyn Jones, Adam Beard en Bradley Davies – in Wallis se span gehad het, het die span ’n korttermynkontrak met Orie gesluit. Orie sal tot net ná Kersfees by Ospreys wees, voordat hy hom weer by die Leeus vir volgende jaar se Superrugby-reeks aansluit.  

Saterdag sal hy in Swansea een van die Walliese span se sleutelspelers teen die Southern Kings wees.

Marty McKenzie van die Chiefs is glo op pad na die Ospreys in Wallis. 

Die Ospreys moes sover sonder agt WB-spelers en ’n rits beseerde manne in die Pro14-reeks klaarkom. Hulle kon nog net een uit vyf wedstryde wen en hul agterspel is, nes die Kings s’n, treurig. 

Met hul inspirerende losskakel Gareth Anscombe wat met ’n kniebesering buite aksie is, is daar niemand wat regtig rigting aan die agterlyn gee nie. 

Dit klink egter asof die Ospreys daarin geslaag het om Marty McKenzie van die Chiefs in Nieu-Seeland in te katrol. 

’n Aankondiging dat hy hom tydelik by die Ospreys gaan aansluit, kan volgens walesonline.co.uk gou gemaak word. 

McKenzie is die ouer broer van die opwindende veelsydige agterspeler Damian McKenzie, wat weens ’n kniebesering nie vir die All Blacks in die WB-toernooi kon speel nie. 

Damian speel ook vir die Chiefs, waar hy nes Marty op heelagter of losskakel gebruik word.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.074 seconds.