Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus klop Chiefs ondanks drama agter skerms
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Leeus klop Chiefs ondanks drama agter skerms

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus klop Chiefs ondanks drama agter skerms
    Posted: 19-Apr-2019 at 2:08pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-troef-chiefs-ondanks-drama-agter-skerms-20190419

Die drama wat die Leeus die afgelope paar dae agter die skerms beleef het, het nie op Goeie Vrydag op die veld gewys in hul sege met 23-17 oor die Chiefs in hul Super-rugbywedstryd in Hamilton nie.

Nadat die Leeus met rustyd reeds met 20-0 voorgeloop het, het hulle ’n kwaai aanslag van die tuisspan in die tweede helfte afgeweer om ’n indrukwekkende sege te behaal.

Met die hoofafrigter, Swys de Bruin, wat vandeesweek huis toe gekeer het weens persoonlike redes, asook die Springbok-vleuel, Courtnall Skosan, weens die siekte van sy pa en die verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, nadat hy in ’n Sydney-hof skuldig bevind is aan onsedelike aanranding, het die Leeus op die veld sterk gestaan en nie enige van die probleme van die veld af toegelaat om hulle te stuit nie.

Met De Bruin terug in Suid-Afrika, het die kondisioneringsafrigter en die Leeus se breier in die Curriebeker-reeks, Ivan van Rooyen, die leisels geneem. Soos die Leeus ingeklim en verdedig het, sou jy ook nie kon raai hulle sit sonder ’n verdedigingsafrigter daar in Nieu-Seeland nie.

In ’n verrassende stap is die twee Springbokke wat weens die Springbok-protokol op die plaasvervangerbank sou begin, Malcolm Marx en Elton Jantjies, in die beginspan ingesluit.

Die Leeus het vanuit die staanspoor druk op die Chiefs geplaas en met oorgawe aangeval.

Dit was veral voorlangs waar die Leeus hul spiere gebult het, nadat hulle die laaste klompie wedstryde daar geboelie is.

Kort voor rustyd het die Leeus se heerskappy, wat hulle so stadigaan bewerkstellig het, groot voordeel getoon met drieë deur die voorryman Carlu Sadie en die vleuel Aphiwe Dyantyi.

Die TV-skeidsregter moes bevestig dat Sadie wel die bal wettig gedruk het voordat dit losgespat het, en nie lank daarna nie het ’n slim rolskop van die agtsteman en kaptein, Warren Whiteley, gunstig vir Dyantyi gespring en hy kon deurnael om die gaping verder te rek.

Sadie het ’n monster-wedstryd gehad en nie net sterk geskrum nie, maar ook in algemene spel uitgeblink.

Met Whiteley en Kwagga Smith terug in die agttal was daar ook nuwe lewe in die pak en het hulle hierdie keer die boeliewerk gedoen, en dit nogal teen ’n stewige klomp Nieu-Seelanders.

Die Leeus se doellyn is eers ná ’n uur se spel oorgesteek deur die vleuel Sean Wainui, nadat die skrumskakel Brad Webber steelkant om ’n skrum is en ver veld gewen het.

Dit was soos om vir lank op ’n bus te wag, maar dan daag daar sommer twee of drie kort ná mekaar op, toe die groot voorryman Nepo Laulala oorgebars het om die Leeus se voorsprong na net tien punte te laat krimp.

Die Leeus moes in veral daardie laaste halfuur ’n verwoede aanslag van die tuisspan afweer. Met vyf minute se speeltyd oor het die tuisspan hul derde drie gedruk en skielik was die voorsprong net drie punte.

Die Leeus het koelkop gebly en ’n skepdoel deur Elton Jantjies in die voorlaaste minuut het weer meer daglig tussen die spanne gebring.

* Puntemakers:

Chiefs 17 (0): Drieë: Sean Wainui, Nepo Laulala, Tumau Manu. Doelskop: Marty McKenzie.

Leeus 23 (20): Drieë: Carlu Sadie, Aphiwe Dyantyi. Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Strafdoele: Jantjies (2). Skepdoel: Jantjies.

* Terwyl die Goue Leeus Rugbyunie die hofbeslissing respekteer rakende hul verdedigings-afrigter, Joey Mongalo, wat in Downing se plaaslike hof in Sydney gevel is, sal Mangalo appèll aanteken teen sy skuldigbevinding.

Mangalo is op 12 April skuldig bevind aan onsedelike aanranding op ’n vroulike werker van ’n hotel in Coogee, waar die span verlede tydens sy Australasiese toer gewoon het.

Die Leeus het in ’n verklaring gesê hulle sal die normale interne dissiplinêre proses volg rakende die saak.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.