Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - ‘Sien, die Leeus hoef nie nét te hardloop’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

‘Sien, die Leeus hoef nie nét te hardloop’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39038
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: ‘Sien, die Leeus hoef nie nét te hardloop’
    Posted: 25-Mar-2019 at 11:17am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/sien-die-leeus-hoef-nie-net-te-hardloop-20190324

Die Leeus is trots op hul vermoë om hardlooprugby te speel en mense met hul spel te inspireer – maar so nou en dan wil hulle met ’n ander resep ’n wenkoek bak.

Só het die Johannesburgers se afrigter, Swys de Bruin, Saterdag verduidelik nadat sy voorspelers vir die grootste deel van die wedstryd teen die Sunwolves in Singapoer die trant van sake bepaal het.

Die Leeus het vyf ligapunte verdien en die eerste posisie in die Suid-Afrikaanse konferensie ingeneem met ’n oorwinning van 37-24 wat ses drieë ingesluit het.

Twee drieë (albei deur die kaptein Malcolm Marx) is direk van rolmale aangeteken en twee het hul oorsprong in rolmaalbewegings gehad. Hul eerste agterlyn-drie – waarin die senter Lionel Mapoe en vleuel Aphiwe Dyantyi rondom die verdediging gedans het – is eers ná 60 minute gedruk.

“Wanneer toestande uitdagend is, soos vanaand (Saterdag), is dit moeilik om hardlooprugby te speel,” het De Bruin ná die wedstryd in ’n snikhete en bedompige Singapoer gesê. “Soms wil jy nie die bal hê nie. Kort voor rustyd het ek statistieke gesien dat hulle (die Sunwolves) omtrent 377 m met die bal in die hand gewen het, en ons net 120. En daarmee was ek baie tevrede, want soms wil jy hê jou teenstanders moet al die speelwerk doen sodat jy van hul foute kan leef.”

Dit was inderdaad presies wat in die eerste helfte gebeur het. Die Sunwolves het met veel meer oorgawe as die Leeus aangeval, maar telkens op die grond strafskoppe afgestaan. Marx het twee daarvan bewerkstellig met sy uitstekende baljag-vermoëns, maar daar was ook twee ander geleenthede waar die tuisspelers sonder eksterne druk besluit het om aan die bal te klou.

Ek moet Malcolm en Elton krediet gee daarvoor dat hulle gehou het by die wedstrydplan waarop ons besluit het.

Die Leeus se plan was duidelik om die Sunwolves eers vroeg sag te maak. Elton Jantjies het aanvanklik elke strafskop kantlyn toe geskop, vanwaar Marx-hulle gerolmaal het.

“Ek moet Malcolm en Elton krediet gee daarvoor dat hulle gehou het by die wedstrydplan waarop ons besluit het,” het De Bruin gesê. “Dit het ons ses drieë in die sak gebring.”

De Bruin was ook tevrede dat die waagstuk van twee slotte in die lostrio die Leeus geen skade gedoen het nie. Met Stephan Lewies en Ruan Vermaak daar het hulle meer spierkrag in die agttal gehad, wat ingepas het by die wedstrydplan.

“Toe die twee losvoorspelers (James Venter in die 60ste minuut en die driedrukker Hacjivah Dayimani in die 75ste) in die tweede helfte van die bank af kom, was die tydsberekening perfek. Hulle het ’n verskil gemaak,” het De Bruin gesê.

Die Leeus het vandeesweek ’n loslootjie voor hul veldtog aanstaande naweek met ’n tuiswedstryd teen die Haaie hervat.

Puntemakers:

Leeus 37 (12): Drieë: Malcolm Marx (2), Nic Groom, Elton Jantjies, Lionel Mapoe, Hacjivah Dayimani. Doelskop: Elton Jantjies (2). Strafdoel: Jantjies.

Sunwolves 24 (7): Drie: Strafdrie, Rahboni Vosayaco (2). Doelskoppe: Hayden Parker (2). Strafdoel: Parker.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.098 seconds.