Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus pak Sunwolves met 2 slotte in lostrio
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Leeus pak Sunwolves met 2 slotte in lostrio

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus pak Sunwolves met 2 slotte in lostrio
    Posted: 21-Mar-2019 at 4:18pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-kies-twee-slotte-in-lostrio-20190321

Die Leeus sal die Sunwolves Saterdag in Singapoer pak met ’n beginspan wat ses veranderings ondergaan het.

Die meeste van dié veranderinge is genoodsaak deur die streke van die beseringspook, met twee losvoorspelers, Kwagga Smith en Vincent Tshituka, op die krukkelys saam met die heelagter Andries Coetzee en loskopstut Dylan Smith.

Coetzee se dyspierbesering het ’n stokkie gesteek voor die idee van rotasie op heelagter, wat beteken Tyrone Green dra weer die nr. 15-trui.

Die 20-jarige was Saterdag op Ellispark teen die Rebels op sy kop in die tweede helfte.

Sylvian Mahuza het herstel van ’n besering en is terug op regtervleuel in die plek van Ruan Combrinck. Op skrumskakel sal Nic Groom die week begin, eerder as Ross Cronjé.

Die onbekendste faktor in die Leeus-span is die ongetoetsde lostrio wat die afrigter, Swys de Bruin, moes kies.

Die slotte Ruan Vermaak en Stephan Lewies sal onderskeidelik agtsteman en flank speel, met Marnus Schoeman al losvoorspeler wat behoue gebly het.

Met Lewies wat van slot na 7-flank skuif, is Rhyno Herbst in die nr. 4-trui.

Sti Sithole is ingesluit op loskopstut in die plek van die beseerde Smith, wat vir soveel as 12 weke kan uit wees weens ’n gebreekte wangbeen.

Die Leeus sal hul plaasvervangers eers later bekend maak, maar De Bruin het aangedui dat Hacjivah Dayimani daar sal wees as dekking vir die lostrio.

Leeus: Tyrone Green, Sylvian Mahuza, Wandisile Simelane, Lionel Mapoe, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Nic Groom, Ruan Vermaak, Stephan Lewies, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx (k), Sti Sithole.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.075 seconds.