Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Red ons, vra Sunwolves sy ondersteuners
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Red ons, vra Sunwolves sy ondersteuners

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Red ons, vra Sunwolves sy ondersteuners
    Posted: 15-Mar-2019 at 5:38am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/red-ons-vra-sunwolves-sy-ondersteuners-20190314

Met hul Superrugby-toekoms wat skynbaar aan ’n dun draadjie hang, het die Sunwolves hul ondersteuners gevra om hul voortbestaan die naweek by hul tuiswedstryd teen die Reds te help bepleit.

Die Japannese het hul ondersteuners gevra om boodskappe van ondersteuning te skryf op ’n reuse-trui by dié Tokio-wedstryd, om Superrugby se beheerliggaam, Sanzaar, van hul waarde in dié kompetisie te bepleit.

Sanzaar gaan die toekoms van Superrugby in die komende dae by Wêreldrugby-vergaderings in Dublin, Ierland, bespreek – en dit klink al meer asof daar beplan word om die Sunwolves uit die reeks te boender.

“Ons vra julle almal om saam met ons te stap op ons taai en onduidelike reis vorentoe. Die span en spelers maak die toekoms van Japannese rugby,” het die Sunwolves op hul webtuiste aan hul ondersteuners geskryf.

In dié verklaring word daar ook benadruk dat seges op die veld “die waarde van die Sunwolves in Superrugby sal bewys”.

Die Sunwolves was tot dusver hierdie seisoen indrukwekkend, ondanks die enkele oorwinning agter hul naam.

Benewens hul onvoorsiene sege oor die Chiefs in week 3 (hul eerste wegsege tot nog toe), het die Japannese met net ’n punt teen die Waratahs verloor. Verlede week teen die Blues was hulle mededingend, maar het swak dissipline hulle duur te staan gekom.

’n Sege Saterdag oor die Reds – wat nog nie hierdie seisoen gewen het nie – sal goud werd wees vir die Sunwolves.

Die feit dat Japan later vanjaar die Wêreldbeker-toernooi sal aanbied, word deur Wêreldrugby as ’n bewys van groei in die sport bestempel. Daar sal dus ’n reukie van teenstrydigheid hang as die Sunwolves wel hul Superrugby-speelreg verloor.

“Die Sunwolves het regtig gehelp om nuwe rugbyondersteuners in Japan te kweek,” het Rich Freeman, ’n rugbyskrywer van die Kyodo News, Donderdag aan Reuters gesê.

“As die Wêreldbeker ’n groot toename in rugbyondersteuners in Japan gaan meebring, wat word van hulle as daar geen Sunwolves is nie? Waarheen moet hulle dan gaan?”

Sedert die Sunwolves in 2016 by Superrugby aangesluit het, het Japan se nasionale span gemaklike seges oor Italië en Tonga behaal en in Parys teen Frankryk gelykop gespeel.

“Jy het gereelde kompetisie nodig om op die hoogste vlak mee te ding,” sê Freeman. “Een ding wat die Japannese span verbeter het, is sy sielkundige benadering tot rugby omdat die spelers nou elke week op ’n hoë vlak speel.

“(Japan se kaptein) Michael Leitch sê die gelykop uitslag teen Frankryk in Parys is juis te danke daaraan.”

Die Sunwolves het die Reds met 63 – 28 verneder toe die Australiërs laas in Tokio was en gaan Saterdag se wedstryd as die gunsteling binne.

Die Reds is sonder die Wallabies Taniela Tupou en Izack Rodda, wat op versoek van Rugby Australië ’n ruskans kry.

Albei spanne sal die naweek met nuwe losskakels speel. Isaac Lucas dra die Reds se nr. 10-trui in die plek van die beseerde Bryce Hegarty, terwyl Hayden Parker (wat ’n skepdoel verbrou het wat sy span van ’n sege oor die Waratahs sou verseker) terug op losskakel vir die Sunwolves is.

Amanaki Mafi, oor wie se kop die swaard van ’n aanrandingsklag in Nieu-Seeland steeds hang, is op die Sunwolves se plaasvervangersbank.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Mar-2019 at 8:10am
Net jammer daar is so min Japanse spelers in die sunwolves span ne.. 
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Mar-2019 at 10:32am
wel as dit is soos engelse sokker gaan dit oor jou span wat ondersteun , en nie van waar die spelers in jou span kom nie . 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Mar-2019 at 10:42am
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

wel as dit is soos engelse sokker gaan dit oor jou span wat ondersteun , en nie van waar die spelers in jou span kom nie . 

Die hele artikel gaan oor hoe dit Japanse rugby bevorder, maar ek sien nie hoe dit die geval is as daar amper geen japanse spelers in die span is nie.. Ja miskien "promote" dit die sport daar, maar hul het mos hul eie liga met klomp top coaches en oorsese spelers om dit te doen?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Mar-2019 at 10:45am
Soos ek die ding verstaan is al die Japanese toets spelers in 'n Nasionale kamp en dis hoekom hulle nie die eerste ruk vir die Sunwolves kan speel nie, blykbaar sal hulle wel weer by die Sunwolves inval na die kamp. Weet nie of dit hulle sterker of swakker gaan maak nie
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Mar-2019 at 10:47am
Swakker tien teen een
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1505
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Mar-2019 at 11:31am
Die insluiting van die Sunwolves in die kompetisie is nie vir my so sleg nie, die formaat is 'n groter probleem. In die toekoms gaan meer spanne van Japan teen Aus en NZ se spanne speel. En SA saam met Europa.
Up the Vaal!
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1505
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Mar-2019 at 11:40am
Gewone SR seisoen, voor uitklop, is 16 wedstryde. Gewone round-robin (wat elke jaar omruil), wat almal soek as formaat, sal 14 wedstryde gee. So daar is steeds plek vir Sunwolves in SR.


Edited by Attie Karate - 15-Mar-2019 at 11:42am
Up the Vaal!
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.098 seconds.