Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Springbokke
  New Posts New Posts RSS Feed - Rassie: ‘Bokke kán kwota-teiken vanjaar haal’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Rassie: ‘Bokke kán kwota-teiken vanjaar haal’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rassie: ‘Bokke kán kwota-teiken vanjaar haal’
    Posted: 06-Mar-2019 at 5:56am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rassie-bokke-kan-kwota-teiken-vanjaar-haal-20190305

Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, meen vanjaar se transformasie-teiken van 50% gekleurde spelers in sy span is haalbaar sonder dat hy in ’n Wêreldbeker-jaar op gehalte hoef in te boet.

“Ons het verlede jaar beter met transformasie gevaar. Daar is geleenthede vir nuwe spelers geskep en Aphiwe Dyantyi het ’n prys by Wêreldrugby gekry vir sy deurbraak-jaar, so daar is baie positiewe dinge, al het ons nie die teiken van 45% gehaal nie,” het Erasmus Dinsdag op ’n nuuskonferensie in Nuweland gesê.

“Hierdie jaar is die persentasie 50% en ek dink ons moet duidelik wees dat dit ’n gemiddeld van 50% in die 23-tal oor die gang van die jaar is en nie vir elke toets individueel geld nie.

“Ek dink met die blootstelling wat ons spelers verlede jaar gegee het, sal ons daarby kan uitkom. Dis waarom ons verlede jaar daardie ekstra wedstryd teen Wallis (in Washington) gehad en proefnemings gedoen het. Ons het dit gedoen met die wete dat ons ’n groter groep spelers gaan hê om uit te kies.”

Ondanks die feit dat Suid-Afrika se Superrugby-spanne nie tans aan die kwota-teiken van 50% voldoen nie, meen Erasmus transformasie is wel besig om daar gestalte te vind.

Hy het spesifiek verwys na die deurbraak wat Aphelele Fassi op heelagter by die Haaie maak en dat die Leeus danksy hul diepte selfs al vir Dyantyi op die plaasvervangersbank kon kies.

“Daar is soveel positiewe dinge wat gebeur. Ja, ek dink dit kan uitdagend raak as daar beserings is (aan gekleurde spelers), maar ek dink met die groep spelers tot ons beskikking kan ons die teiken bereik,” sê Erasmus.

Hy sê ook hy is “70 tot 80%” seker van die groep wat hy vir vanjaar se WB-toernooi wil kies. Die rasteiken beteken ook nie dat daar minstens 16 gekleurde spelers in sy groep van 31 hoef te wees nie.

Ja, ek dink dit kan uitdagend raak as daar beserings is (aan gekleurde spelers), maar ek dink met die groep spelers tot ons beskikking kan ons die teiken bereik.

“Dit kan 12, 13 of selfs 17 wees afhangend van spelers se spelpeil. Ons het die gemiddeld van 50% oor die gang van die jaar in gedagte,” sê hy.

Ondanks daardie vereiste beplan Erasmus om sy sterkste moontlike spanne vir die toetse in die Rugbykampioenskap te kies.

Die Bokke skop af met ’n toets teen Australië op Ellispark en speel daarna in Nieu-Seeland en Argentinië. Daarna volg ’n vriendskaplike toets teen Argentinië voordat die Bokke hul laaste toets voor die WB-toernooi teen Japan speel.

“Ons wil bitter graag die Rugbykampioenskap wen, so sal ons spanne met daardie doelwit kies,” sê Erasmus.

“Soos sake staan, sien ons daardie eerste wedstryd teen Australië as geweldig belangrik. Die een in Wellington (teen die All Blacks) is ook belangrik en kan ons stemming op pad Japan toe bepaal. Die toets teen Argentinië kan dalk bepaal of ons die Rugbykampioenskap gaan wen.”

Die vriendskaplike toets teen die Poemas is die enigste een voor die WB-toernooi waar Erasmus glo hy sy kaarte kan skommel.

Erasmus sal ’n span uit die groep van 31 vir die WB-toernooi kies vir die toets teen Japan in Kumagaya.

“Teen daardie tyd is ons reeds op pad WB-toernooi toe. Ons gaan waarskynlik ons beste span teen Japan kies omdat ons twee weke later ons eerste groepwedstryd teen die All Blacks speel. Dit sal ’n kleedrepetisie vir die wedstryd teen die All Blacks wees,” sê hy.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 7:08am
"Ondanks daardie vereiste beplan Erasmus om sy sterkste moontlike spanne vir die toetse in die Rugbykampioenskap te kies."

Daai maak mos nie sin nie. As jy die helfde van jou span kies op grond van velkleur kan dit onmoontlik mos nie jou sterkste span wees nie
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 7:27am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

"Ondanks daardie vereiste beplan Erasmus om sy sterkste moontlike spanne vir die toetse in die Rugbykampioenskap te kies."

Daai maak mos nie sin nie. As jy die helfde van jou span kies op grond van velkleur kan dit onmoontlik mos nie jou sterkste span wees nie
Presies, hy kon nie laasjaar eers 45% haal nie, hoe kan hy nou reken hy gaan 50% haal en nogsteeds sy sterkste span kies...
Maak inelkgeval nie vir my saak nie... Kies 100% swart, ek ondersteun al van 2008 af nie meer die Bokke nie, hierdie jaar sal ek maar die Iere ondersteun, hulle het laasjaar goed gelyk maar sukkel bietjie sover die jaar. Sal lekker wees as Ierland die Wereldbeker vat.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 7:27am
As hy in die vriendskaplike wedstryd teen die Pumas 23 kwotas kies, hoef hy in die ander 3 toetse net 23 uit 69 te kies, en dis 50% 
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1776
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 8:20am
Ek kan nie glo dit is al 2019 en ons praat nogsteeds van kwota's en transformasie nie. Dit is belaglik in my opinie.

Edited by TunaLion - 06-Mar-2019 at 8:21am
Go LIONS!!!!!
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 8:31am
Wel, het julle ouens gelees wat aan die gang is in skole sport? Het nou 2dae terug gelees dat met skole atletiek mag net die eerste 2 op meriete gekies word, no 3 moet 'n kwota wees. Daar is 'n post van 'n ma wie se kind 3de gekom het met een of ander resies. Nou mag daai kind nie SA's toe gaan soos wat hy verdien nie, die kwota wat 6de gekom het moet gaan. Hoe verduidelik jy dit aan daai kind?
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 867
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 10:11am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Wel, het julle ouens gelees wat aan die gang is in skole sport? Het nou 2dae terug gelees dat met skole atletiek mag net die eerste 2 op meriete gekies word, no 3 moet 'n kwota wees. Daar is 'n post van 'n ma wie se kind 3de gekom het met een of ander resies. Nou mag daai kind nie SA's toe gaan soos wat hy verdien nie, die kwota wat 6de gekom het moet gaan. Hoe verduidelik jy dit aan daai kind?

Maklik om dit te verduidelik. Ons moet nie meer doeke omdraai nie. Dit is rasisties... so eenvoudig soos dit.   

Destyds onder apartheid was wit mense die rasiste (regtelik so). Maar as ons geteiken word vir ons ras moet ons dit noem vir wat dit is...
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 10:34am
Presies AK, dis rassisties, geen ander woord daarvoor nie 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 10:47am
En die ding is, dit lei tot meer haat tussen wit en swart. Daai kind wat nou uitval omdat hy wit is gaan nou natuurlik kwaad wees oor die hele saak en die swart kind blameer. Ek wonder nou maar net of die swart kind gelukkig is om 6de te kom en bo no3-5 gekies te word? En of sy ouers nou met trots rondloop en vertel hulle kind gaan SA's toe? 
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 11:44am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

En die ding is, dit lei tot meer haat tussen wit en swart. Daai kind wat nou uitval omdat hy wit is gaan nou natuurlik kwaad wees oor die hele saak en die swart kind blameer. Ek wonder nou maar net of die swart kind gelukkig is om 6de te kom en bo no3-5 gekies te word? En of sy ouers nou met trots rondloop en vertel hulle kind gaan SA's toe? 
Natuurlik is hulle trots, onthou, jy mag nie se hy is 'n kwota nie, dit tas hulle menswaardigheid aan en hulle kry so 'n groot "chip" op sy skouer dat hy jare later 'n tantrum op "live" tv gooi...
Rudi Page, Oupa Mohoje ens. is volwaardige Springbokke wat dit verdien het omdat hulle pas en oupas deur 'n onregverdige sisteem agter gehou is... AngryAngryAngryAngryAngryAngryAngryAngryAngryAngryAngryAngry
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.109 seconds.