Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Schools Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Coca-Cola en SA Rugby se paaie skei
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Coca-Cola en SA Rugby se paaie skei

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Coca-Cola en SA Rugby se paaie skei
    Posted: 04-Mar-2019 at 8:06pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/coca-cola-en-sa-rugby-se-paaie-skei-20190304

Skolerugbytoernooie soos die Cravenweek is sonder ’n borg nadat die koeldrankreus Coca-Cola en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se paaie aan die einde van 2018 geskei het.

’n Ingeligte bron het aan Netwerk24 gesê dat die maatskappy en Saru nie tot ’n vergelyk kon kom toe daar oor die borgskap vir ’n nuwe termyn onderhandel is nie.


Hy sê dat Saru aangedring het op ’n groter borgskap as wat die koeldrankvervaardiger kon bekostig.

Saru het by monde van ’n woordvoerder erken dat die vennootskap tussen die partye tot ’n einde gekom het, maar nie direk geantwoord op die vraag of die voortbestaan van skoletoernooie soos die Cravenweek in die gedrang is nie.

“Coca-Cola se borgskap van jeugweke van die Suid-Afrikaanse rugbyunie het aan die einde van 2018 tot ’n einde gekom. Ons is besig om nuwe borgskappe vir die toernooie te kry.

“Die jeugweke van Saru is die hoeksteen van ons ontwikkelingstrukture, en ons is opgewonde om te sien hoe die volgende generasie spelers vanjaar hul stempel afdruk,” het die woordvoerder gesê.

Noël Ingle, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging, sê by navraag die toernooie gaan almal voort.

“Dit is ’n kwessie vir Saru, maar ek is verseker dat die toernooie almal voortgaan soos beplan en dat ons geen rede het om bekommerd te wees nie,” sê hy.

Coca-Cola is sedert 1984 betrokke by die borgskap van jeugtoernooie, volgens schoolofrugby.co.za.

Nog ’n koeldrankvervaardiger, Twizza, is reeds as borg betrokke by rugby en dit sal nie verbaas indien hy die toernooie se borgskap oorneem nie.

Hy is ’n borg van die Cheetahs, die Knights en verskeie skolerugbydae soos die Fichardtpark-sportdag wat die afgelope naweek in Bloemfontein gehou is.

’n Afrigter van een van die voorste skolespanne in die land het gesê dit sal hom nie verbaas as FNB die skoletoernooie borg nie, aangesien hy reeds as hoofborg by die suksesvolle Varsitybeker-reeks betrokke is.

Netwerk24 het op goeie gesag verneem dat Coca-Cola vir eers nog voortgaan as borg van die Khaya Majola-krieketweek. ’n Ingeligte sê die ekonomie druk, maar daar is nog geen aanduidings dat Coca-Cola daardie borgskap gaan beëindig nie.

Die Cravenweek-toernooi vir hoërskole en die Akademieweek word van 1-6 Julie by Grey-kollege in Bloemfontein gehou.


Edited by Transvaal - 04-Mar-2019 at 8:06pm
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.105 seconds.