Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Sakelui se toetrede tot OP Rugby nou amptelik
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Sakelui se toetrede tot OP Rugby nou amptelik

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Sakelui se toetrede tot OP Rugby nou amptelik
    Posted: 27-Feb-2019 at 5:25am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sakelui-se-toetrede-tot-op-rugby-nou-amptelik-20190226

Danksy die ooreenkoms tussen die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) en ’n konsortium sakemanne sal daar voortaan beter samewerking tussen die Southern Kings en die OPRU wees.

André Rademan, die president van die OPRU, sê die laaste stap in die vestiging van die konsortium as ekwiteitsvennoot is die naweek afgehandel.

Dít was toe die OPRU die ooreenkoms by sy jaarvergadering in Port Elizabeth die groen lig gegee het.

Dit bring ’n einde aan die uitgerekte vergaderings wat agter die skerms gehou is sedert die konsortium se belangstelling in die OPRU aan die begin van die huidige Pro14-seisoen aan die lig gekom het.

Volgens Rademan is dit nie net die Kings wat by die ooreenkoms sal baatvind nie.

“Daar sal nou ’n nuwe raad gevorm word met vier lede van die konsortium, twee van die unie en drie onafhanklike direkteure,” sê Rademan.

Daar sal nou ’n nuwe raad gevorm word met vier lede van die konsortium, twee van die unie en drie onafhanklike direkteure.

Dié raad sal voor die einde van Maart aktief wees. Een van die raad se eerste take sal wees om ’n afrigter vir die OP se span wat aan die SuperSport-uitdaagreeks gaan deelneem aan te stel.

Volgens Rademan is daar reeds ’n aanbod aan ’n lid van die Kings se afrigtingspan gemaak.

“Uit ons gesprekke met die konsortium is daar besluit dat ’n lid van die Kings se afrigtingspan by die OP betrokke moet wees,” sê Rademan. “Van die spelers sal ook vir die OP speel.”

Rademan wou nie bevestig of dit die Kings se agterlyn-afrigter, Chumani Booi, is aan wie daar ’n aanbod gemaak is nie.

Hy sê net dat hy nog vir “terugvoering” van die betrokke afrigter wag.

Indien Booi wel die werk aanvaar, sal dit beslis die samewerking tussen die Kings en die OP vergemaklik.

Die afgelope paar jaar was dit maar ’n ongemaklike sakie met die Kings wat spelers kort vooraf aan die OP geleen het, of dit om verskeie redes glad nie gedoen het nie.

Die amateuragtige manier waarop die OP-Olifante bestuur is, was een van die groot twispunte.

Rademan sê die OPRU beplan ook om binnekort ’n groep spelers (“eie talent”) te kontrakteer, wat saam met die Kings-huursoldate vir die OP sal uitdraf.

Nog nuus is dat die OPRU in Maart verdere vergaderings saam met die Nelson Mandela-Universiteit sal hou oor die stigting van ’n akademie.

Wat die aanstelling van die OP se o.20-afrigter betref, sê Rademan daar word reeds na ’n kortlys gekyk.?
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 27-Feb-2019 at 6:02am
Om OP kompeterend te kry voel half half soos om Eskom weer winsgewend te kry. In teorie seker moontlik maar in praktyk...
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.