Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Rugby World Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - WB: Rassie praat met 12 oorsese Bokke
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

WB: Rassie praat met 12 oorsese Bokke

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39038
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: WB: Rassie praat met 12 oorsese Bokke
    Posted: 05-Feb-2019 at 7:52pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wb-rassie-praat-met-12-oorsese-bokke-20190205

Met die Wêreldbeker-toernooi in Japan om die draai, weet elke franchise-afrigter in Suid-Afrika nou presies wat die Springbok-breier, Rassie Erasmus, van hulle verwag in terme van hoe spelers in die aanloop tot die toernooi bestuur moet word.

Dit is die een van die hoofredes vir Erasmus en sy afrigtingspan se besoeke aan die onderskeie Superrugby- en Pro14-franchises in die land.

Erasmus het Dinsdag aan die Cheetahs se afrigter, Franco Smith, besoek afgelê.

Die Cheetahs se enigste huidige Springbokke is die losvoorspeler Oupa Mohoje (tans uit met ’n langtermyn-kniebesering), die skrumskakel Rudy Paige, wat tot op hede nog net as plaasvervanger speelkans in die Pro14-reeks gekry het, en die stut Ox Nche, wat in net een toets (teen Wallis in Washington) gespeel het.

’n Speler wat egter hard aan die deur klop, is die skrumskakel Shaun Venter, en dit sal die Bok-keurders nie skade doen om in sy rigting te kyk nie. Hy is tans een van die beter skrumskakels in Suid-Afrika.

“Ons (afrigtingspan) het met elke afrigter oor ’n spelerbestuursprogram gepraat. Uiteraard kan ons hulle nie voorskryf nie. Ons het egter gesels oor hoeveel minute elke speler op die veld gaan wees en wanneer hulle behoort te rus en ek moet sê, al vier (Swys de Bruin – Leeus, Robert du Preez – Haaie, Robbie Fleck – Stormers, Pote Human – Bulle) die afrigters het ingekoop daarin,” het Erasmus in Bloemfontein gesê.

“Met Franco was die gesprek heeltemal anders, want die kompetisies se tye loop heel anders, maar dis goeie gesprekke. Ons het oor elke speler by elke franchise gepraat.”

Erasmus het Dinsdag ook met Smith gesels oor spelers wat hy en sy afrigtingspan dink die potensiaal het om vir die Springbokke te speel.

Hy het gesê die spelers waarna gekyk word, is nie noodwendig vir vanjaar al geoormerk nie, maar dat daar na hulle gekyk word met die oog op die lang termyn.

Hy het weer benadruk dat die deelname aan die Pro14-reeks (vir die Cheetahs en Kings) hulle ’n gelyke kans soos enige speler van die Superrugby-spanne gee om vir die Bokke in aanmerking te kom.

“Hulle moet weet hierdie kompetisie (Pro14) is nie tot nadeel vir ’n speler om vir die Springbokke oorweeg te word nie. Om goed te vertoon in hierdie kompetisie is die eintlike groot uitdaging,” sê Erasmus, wat die Springbokke in 35 toetse as ’n Vrystaatse speler verteenwoordig het.

Die Bok-afrigter het ook weer ’n keer die kwessie van Springbokke wat oorsee speel, geopper, maar wou nie sê wie almal in sy visier is met die oog op die WB-toernooi nie.

“Cheslin Kolbe is ’n klassieke voorbeeld van iemand wie se naam nêrens genoem is nie en skielik deel van die span geword het. Ons verkondig nie met wie daar oral gepraat word nie.

“As jy dit doen, dink almal weer jy gaan outomaties daai ouens kies. Die ouens met wie ons kontak gemaak het, was uit en uit om seker te maak dat ons genoeg diepte in elke posisie het.

“Dis waar Cheslin ingekom het – toe ons ’n besering aan (Makazole) Mapimpi gekry het en Sbu (Nkosi) ook beseer was. Cheslin het genoeg ervaring gehad.

“Daar’s omtrent 12 ouens met wie ek gepraat het. Kom ek sê sewe van hulle gaan glad nie deel van die Bok-groep wees nie, maar as ons êrens beserings opdoen, dan kan hulle betrek word.

“Dis ’n Wêreldbeker-jaar en almal weet ons wil dit wen, as ’n ou briljant speel en ons het ’n probleem, sal ons op sy nommer druk,” het die Bok-breier gesê.

* Erasmus gaan twee weke voor die Bok-groep se vertrek na die Wêreldbeker-toernooi in Japan ’n laaste oefenkamp in Bloemfontein hou. Die finale Wêreldbeker-groep sal ook in die Rosestad aangewys word.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.