Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Remgro-baas: ‘Privatisering ál wat SA rugby nou
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Remgro-baas: ‘Privatisering ál wat SA rugby nou

 Post Reply Post Reply
Author
Message Reverse Sort Order
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Remgro-baas: ‘Privatisering ál wat SA rugby nou
    Posted: 03-Feb-2019 at 6:10am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/remgro-baas-privatisering-al-wat-sa-rugby-nou-kan-red-20190202

Dis tyd dat rugby in Suid-Afrika 100% professioneel raak sodat private aandeelhouers geld in die sport kan belê om dit gesond te hou.

Só sê Jannie Durand, uitvoerende hoof van Remgro, in ’n gesprek met Rapport oor die toekoms van rugby in Suid-Afrika.

Remgro is een van die grootste beleggers in Suid-Afrikaanse rugby met ’n 50%-belang in die Blou Bulle Maatskappy (BBM). Hy het ook tot onlangs ’n 25%-aandeel in die WP Rugby Maatskappy besit – voordat die maatskappy gelikwideer is.

Rugbyunies in Suid-Afrika gaan gebuk onder geweldige finansiële druk en sukkel om kop bo water te hou.

Die Blou Bulle is een van die min unies wat verlede jaar ’n beskeie wins kon toon en het met die hulp van Remgro ’n groot belegging in sy spelers- en afrigtingskorps gedoen in die hoop om weer ’n groot meneer in die Superreeks te word.

Maar in die lig van die bankrotskap van die Grens Rugbyunie, die geldelike probleme by talle ander unies en die feit dat talle unies nie finansieel in staat is om spelers vir ’n volle jaar te kan kontrakteer nie, is dit vir talle waarnemers duidelik dat rugby in die land nie so kan voortgaan nie.

Durand sê hy ondersteun SA Rugby se nuwe kontrakteringsmodel wat daarop gemik is om die enorme korps beroepspelers in die land te verminder.

“Rugby moet meer professioneel raak, jy moet meer private beleggers lok. Daar is ook te veel unies wat deel is van professionele rugby in Suid Afrika,” het Durand gesê.

“As jy kyk na die ekonomiese omgewing, dan het die geldkoek nie groter geword nie. Wat mense bereid is om aan rugby te bestee, het ook nie groter geword nie. Daardie koek word deur te veel mense gedeel.

“So jy moet sorg dat die koek deur minder mense gedeel word en dit meer professioneel maak vir ’n kleiner getal mense. Ons het meer as 900 professionele rugbyspelers en ons het nie meer as 400 nodig nie. Ek dink nie Saru verskil te veel hiermee nie, maar dit is die politiek om dit deurgevoer te kry wat sake kan vertraag. Ons probeer lankal om dit te doen.”

Durand glo rugby in Suid Afrika kan nie meer as “vier of vyf” professionele franchises bekostig nie en hoe gouer daar toegelaat word dat private beleggers ’n 100%-aandeel in ’n franchise of unie kan koop, hoe beter sal dit vir rugby wees.

Om dit reg te kry sal ’n verandering aan Saru se grondwet verg wat deur 11 van die 14 unies ondersteun moet word. Dit is onwaarskynlik dat die amateur-presidente sal instem.

Durand sê SA rugby het ’n duidelike koersverandering nodig: “Die mark is nie groot genoeg nie en die ekonomie is nie groot genoeg nie. 700, 800 spelers speel oorsee. Ons moet ’n manier vind om spelers meer te betaal om hulle in Suid-Afrika te hou.

“As ons nie rugby kan privatiseer nie ten opsigte van private aandeelhouding met mense wat bereid is om hul tyd, geld en kapitaal in te sit, dan sien ek nie ’n volhoubare model vorentoe nie.

“Dit gee jou die kans om die spelers vir SA rugby te behou en in die korporatiewe wêreld te betrek, soos in Japan die geval is.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.066 seconds.