Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Stormers se spelers erken: ‘Ons was erg verward
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Stormers se spelers erken: ‘Ons was erg verward

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39071
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Stormers se spelers erken: ‘Ons was erg verward
    Posted: 13-Jan-2019 at 6:50am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/stormers-se-spelers-erken-ons-was-erg-verward-20190112

Babelse verwarring onder die spelers oor wat presies die rolle van die hulpafrigters Paul Treu en Paul Feeney in hul Super-veldtog verlede seisoen was, het verlede jaar baie tot die Stormers se swakste seisoen in jare bygedra.

Dié getuienis van verskeie spelers het onlangs op die lappe gekom tydens die onafhanklike ondersoek van die regsfirma Bowmans oor die afrigterskwessie wat verlede jaar in die WP-rugby uitgebreek het.

Treu en Feeney se rolle het verlede seisoen oorvleuel met spelers wat nie geweet het wat die verskil is nie of hulle het dit nie heeltemal verstaan nie.

Mendel Sass, onafhanklike ondersoeker van Bowmans, het verskeie spelers kort voor die Curriebeker-eindstryd ondervra en uit hul getuienis was dit duidelik dat hulle deurmekaar was oor die twee hulpafrigters se rolle en presies wat dit behels het.

Feeney was verantwoordelik vir die aanval en verdediging vanaf ongestruktureerde spel, terwyl Treu die twee afdelings vanaf gestruktureerde spel hanteer het. Hul take het egter oorvleuel, wat onmin onder die afrigters veroorsaak het.

In sy verslag het Sass aanbeveel dat die Stormers die huidige rolle en verantwoordelikhede van die hulpafrigters hersien om te sien hoe daar in 2019 die beste uit die strukture gehaal kan word.

“Dit was duidelik uit die onderhoude met spelers en werknemers dat daar steeds baie verwarring en onsekerheid oor die presiese rolle en verantwoordelikhede van Feeney en Treu tydens die 2018-seisoen was,” het Sass geskryf.

“Spelers het teenstellende beskrywings gegee (oor die rolle). Baie spelers het hul misnoeë uitgespreek met die huidige stand van sake.”

Hy het verder geskryf dat rolle en verantwoordelikhede (van die afrigters) duidelik aan spelers en personeel uitgestippel moet word.

Die huidige kontrakte van die Stormers-afrigters verval in 2019 en Sass het aanbeveel dat WP Rugby ’n subkomitee op die been bring om oor die volgende bestuurspan te besluit.

Robbie Fleck is in 2016 ná Eddie Jones se bedanking as tussentydse afrigter en daarna heeltyds tot 2019 aangestel.Fleck is agterna permanent aangestel tot 2019. Hy en Treu het egter ook koppe gestamp, wat uiteindelik tot Treu se klagte van diskriminasie aanleiding gegee het.

, huidige afrigter, is in 2016 as tussentydse afrigter aangestel toe Eddie Jones, tans afrigter van Engeland, die span na skaars ‘n week in die stoel, verlaat het.

Volgens die aanbevelings moet WP Rugby ’n subkomitee op die been bring om te voorkom dat daar iets soortgelyk soos aan die einde van 2015 en begin 2016 gebeur, asook om te verseker dat aandag gegee word aan diensbillikheid en regstellende aksie. Dit moet enigeits moontlik gebeur soos aan die einde van 2015 of die begin 2016 met betrekking tot die Stormers-hoofafrigterpos, en om te verseker dat daar aandag gegee word aan diensbillikheid en regstellende aksie, ‘n sub-kommittee op die been bring.uit WP Rugby se raad van direkteure saamgestel word.

Hulle sal ’n oorsigrol moet vervul in die proses vir wanneer ’n nuwe afrigtingspan vir die Stormers in 2020 en vorentoe aangewys word. Die komitee moet ook deel wees van die aanstelling van nuwe afrigtingspanne vir die ander professionele spanne van WP Rugby.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.