Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Rassie wil nie op Pote se tone trap by Bulle
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Rassie wil nie op Pote se tone trap by Bulle

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39038
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rassie wil nie op Pote se tone trap by Bulle
    Posted: 17-Dec-2018 at 4:28pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rassie-wil-nie-op-pote-se-tone-trap-by-bulle-20181215

Rassie Erasmus kan nie help om te lag wanneer hy sien mense sê hy gaan die man wat sy buurman in Despatch was en hom op sy eerste dag skool toe gevat het, mentor nie.

Die Springbok-afrigter sê hy en die nasionale afrigtingspan gaan vir Pote Human, die Bulle se nuwe afrigter, bloot bystaan indien hy hulp benodig.

Daar het nooit enige waarheid in die gerugte gesteek dat hy die Bulle sou afrig of deeltyds saam met Human sou afrig nie.

“Ons bied ons dienste aan en die Super-spanne het die keuse om ons te benut. As hulle ons wil gebruik, moet hulle sê waar ons kan help – is dit op die aanval, die verdediging of met die skopwerk?” het Erasmus Vrydag aan Rapport gesê.

“Terwyl ons daar is, sal ons hulle ook inlig waar hul spelers staan in die groter prentjie, waaraan dié spelers moet werk en wat hul ‘padkaart’ is.

“As ons op 3 Januarie daar aankom en ek en Pote sit en praat, en hy sê hy het byvoorbeeld vir Jacques (Nienaber) vir twee weke nodig om met verdediging te help, dan sal Jacques daar wees vir twee weke.

“Ons gaan nie die Bulle ‘mentor’ nie. Ek lag daaroor – Pote was my buurman op Despatch en hy het my skool toe gevat op my eerste dag, my rugby leer speel. Daar is geen manier dat ek hom gaan mentor nie,” sê Erasmus.

Erasmus sê wel Human kan dalk hulp nodig hê omdat hy so kort voor die begin van die Superrugby-reeks aangestel is.

“Wat ook al sy behoeftes is, ons sal hom uithelp. Hy gaan natuurlik meer behoeftes as Swys (de Bruin, Leeus-breier), Robert (du Preez, Haaie-breier) en Fleckie (Robbie Fleck, Stormers-breier) hê.

“Ons gaan Pote net bystaan. Dit het niks te doen met sy afrigtingsvermoë nie. Ons wil hom help dat hy op afrigting kan konsentreer.”

Erasmus verduidelik dat sy betrokkenheid by die Bulle ook spelerbestuur voor die Wêreldbeker-toernooi sal verbeter.

“Dit is belangrik om die spelers goed te bestuur in ’n Wêreldbeker-jaar.

“Ek gaan dit met elke Superrugby-afrigter sit en bespreek: Hoeveel minute ’n speler moet speel om vars te wees, hoe gaan ons die gekontrakteerde Springbokke hanteer?”

Erasmus glo die wanopvatting dat hy die Bulle sou afrig of vir Human sou “mentor”, kon voorkom gewees het – veral omdat sy bedoeling was dat die Bulle ’n behoorlike proses instel om die beste moontlike afrigter te kry.

“Wat by die Bulle gebeur, kom van my ervaring toe ek by Munster weg is. Toe ek daar weg is, was daar ’n oorgangsfase waar ek saam met Johann van Graan gewerk het totdat hy oorgeneem het.”

Toe John Mitchell by die Bulle weg is, het Erasmus met Barend van Graan, die Bulle se uitvoerende hoof, gepraat en voorgestel hulle gebruik hul tyd om die beste afrigter te vind.

“Vat die tyd en gaan deur ’n behoorlike proses en as julle die ou kry ná ’n maand, twee maande of ses maande is dit reg.

“Maar julle moet net weet julle het genoeg tyd, want die hele Springbok-bestuur is beskikbaar en ons sal uithelp waar nodig, het ek vir die Bulle gesê.

“Dit is al wat gebeur het, ons het gesê hulle moet deur ’n behoorlike proses gaan en die Bulle het daardie proses self bepaal en hul kortlys opgestel.

“Ons sou nooit gegaan het om te sê ons gaan die Bulle afrig nie.

“Mense sê die heeltyd ek wil die Bulle afrig en ek wil direkteur van rugby speel, maar dit was net ’n manier om te help sodat hulle nie krisisknoppies hoef te druk nie.”

Erasmus gaan in Januarie ook ’n afrigtingskliniek by die Pumas aanbied en het die Cheetahs ook al bygestaan.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.066 seconds.