Forum Home Forum Home > Lions Section > Lions Players News
  New Posts New Posts RSS Feed - Hacjivah Dayimani: Diamant met die sagte hart
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Hacjivah Dayimani: Diamant met die sagte hart

 Post Reply Post Reply
Author
Message Reverse Sort Order
Billy3 View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu


Joined: 23-Feb-2019
Location: Midrand
Status: Offline
Points: 49
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Billy3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Hacjivah Dayimani: Diamant met die sagte hart
    Posted: 09-Aug-2019 at 12:15pm
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 2000
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Dec-2018 at 10:05am
He has a really strong character.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Dec-2018 at 5:23am
Stem saam...klink of hy moeilik groot geword het en baie gebruik dit as verskoning om sleg uit te draai maar hy het dit as motivering gebruik om homself te verbeter.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Dec-2018 at 8:29pm
RESPEK. Ten spyte van sy swaarkry agtergrond, het hy dit nie as verskoning gebruik nie, maar eerder as motivering. Clap
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Dec-2018 at 4:14pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/hacjivah-dayimani-diamant-met-die-sagte-hart-20181216

Die afstand tussen Cradock in die Oos-Kaap en Johannesburg is sowat 800 km met die N1 langs.

Dis die afstand wat ’n 12-jarige seuntjie nege jaar gelede – met net R50 in sy sak en stoksielalleen – moes aflê. Van die huis waar sy ma, ouma en susters hom half ongemerk geleer het om die wêreld deur die oë van vroue te sien, na die huis van sy Joodse pa, en ’n paar jaar se swartskaap-status.

Moet nooit by Hacjivah Dayimani gaan kla oor ’n gaatjie in jou sokkie of ’n stukkende reënveër of die viersyfer-bedrag in jou bankrekening nie. Daar is te veel grondpad agter dié jong man om hom te verknies oor klein probleempies – en te veel stof op sy pad om te vergeet hoe hard die lewe regtig kán wees.

“Ek kyk na almal en dink, ons is almal op ons eie pad, en ons almal se paaie kom by dieselfde plek uit,” sê die jong Leeu-sensasie die afgelope week. “Party van ons se paaie is harder as ander s’n, maar dit hang van jouself af hoe jy jou reis ervaar.”

Dit sou maklik wees om op ’n Saterdagmiddag na die Leeus se jong agtsteman te kyk en net die vlerke aan sy voete en die bult van sy spiere te sien. Om aan hom te dink as net ’n belowende jongeling wat die kuns van vermaak met ’n rugbybal vervolmaak het.

Hy is méér as dit.

Hacjivah Dayimani moes ’n klein seuntjie in die huis sien hoe sy stiefpa sy ma gereeld aangerand het.

’n Kind met ’n pa iewers in die noorde, wat hy eers werklik leer ken het toe hy op die drumpel van sy tienerjare na die grootpad gestuur is met die opdrag: Wag vir ’n kar wat bereid is om jou op te laai, en sê jy moet in Egoli kom.

’n Tiener wat soveel van rugby gehou het dat hy sy pa daarvoor verontagsaam het. En nou, ’n jong man wat daarna streef om ’n glimlag op elke gesig te sit: Of dit die gesig van ondersteuners op Ellispark se rooi stoele is, of ’n spanmaat . . . of ’n vrou of meisietjie wie se onskuld deur ’n wrede wêreld gesteel is.

Dayimani is die afgelope week by die Brightrock Players-toekenningsaand (die MyPlayers-organisasie se prysuitdeling) as die Ondersteuners se Speler van die Jaar aangewys. Meer waardevol as die prys is die R50 000 wat daardeur gegaan het na Home of Hope, ’n liefdadigheidsorganisasie in Berea, Johannesburg, wat omsien na jong meisies wat seksueel aangerand, in die strate van Hillbrow verkoop of vir seks aan vreemdelinge gesmous is.

Met ses susters is dit ’n saak wat dié 21-jarige na aan die hart lê.

“Ek sou dit haat as so iets met enige van my susters gebeur, en dis hoekom dit vir my so belangrik is om mense bewus te maak daarvan. Dis ’n reuse-probleem in Suid-Afrika, en dit kan net verander as ons as mans begin opstaan en sê: Nie as ek dit kan verhelp nie,” sê hy.

“Die toekoms is die vrou, daarom doen ek wat ek kan om vroue te beskerm,” sê hy. “Waar gaan ons wees sonder vroue? Waar sou ons nou gewees het as daar nie vroue in die wêreld was nie?”

En tog het Hacjivah self op die harde manier geleer: Sy boodskap is nie een wat alle harte kan verander nie. “Een van my broers is ’n vroueslaner, en wanneer jy hom vra hoekom hy dit doen, sê hy dis omdat hy lief is vir haar. Hoe verander jy so iemand se uitkyk? Jy kan nie, hy dink sy redes is reg,” sê die jongeling met ’n frons.

Dit sit hom nietemin nie af nie.

“Ek glo as jy net een mens se lewe kan verander, het jy reeds iets goed gedoen, en dalk doen daardie persoon in die toekoms ook iets goed vir iemand anders, en daardie een op sy beurt vir iemand anders.

“My gevoel is: Moenie druk op jouself sit om die hele wêreld te probeer verander nie – een individu wat anders na dinge kyk, maak ook ’n verskil.”

Vir Dayimani is dit ook belangrik om mense te oortuig dat ’n beter môre moontlik is. Sy eie lewe is ’n bewys daarvan.

Dayimani was 12 toe sy ma besluit het daar is te veel monde om te voer in haar huis, en dis tyd dat sy Nigeriese pa in Johannesburg sy deel doen.

“Almal dink mos daar’s baie geld in Johannesburg, dis dan die Goudstad,” spot Dayimani.

Maar toe hy uiteindelik by sy pa aankom, was daar nie ope arms om hom te verwelkom nie. Hy was “die ander vrou s’n”.

Daar het baie sakke sout tussen hom en vrede met sy pa gestaan.

Rugby is die sport wat sy verbeelding die eerste keer aangegryp het toe hy Bryan Habana by 2007 se Wêreldbeker sien swaeltjieduik het en dié sport het uiteindelik ook sy hart laat sing. Maar dit was ’n groot twispunt in hul huis, ’n amperse breekpunt.

“My pa was ’n bokser, so hy wou hê ek moet boks,” sê Dayimani. “Boonop was rugbywedstryde op Saterdae, en omdat my pa ’n toegewyde Jood was, wou hy niks daarvan hoor nie. Ek moes maar skelm gaan rugby speel.

“Dit het ’n rukkie gevat, maar uiteindelik het hy daarmee vrede gemaak. Terwyl ek SA Skole gespeel het, was hy in die hospitaal – hy het kanker gehad – maar hy sou almal voorkeer en sê, kyk daar, dis my seun op die TV, kyk hoe lekker speel hy.

“Hy is dood in my matriekjaar en daar was vrede tussen ons. Al ons verskille is betyds uitgestryk.”

Teen daardie tyd moes die ouer man lankal besef het sy seun het ’n talent wat deur geen struikelblok onderdruk sou word nie. Hy sou enige berg klim om die ovaalbal te kan rondgooi.

“Ek onthou die eerste keer toe ek hier was en die gesukkel om hier uit te kom,” sê hy terwyl sy oë flits oor die groen gras van die Johannesburg-stadion, waar ons gesels. “Ons het in die suide van Johannesburg gebly en ek moes sewe taxi’s vat. Elke keer klim jy uit en vra rond, hoe kom ek by Ellispark? En dan klim jy op nog ’n taxi, en dan nog een . . .

“Teen die tyd dat ek hier aangekom het, was hulle al in die ouditorium besig met ’n praatjie, ek was só laat. Ek was moeg, ek was natgesweet, maar ek het vir myself gesê: ‘Hacjivah, jy het soveel moeite gedoen om hier te wees, nou moet jy net vasbyt en jou beste gee.’ En ek het. Ek het saam om en om die veld gehardloop en balle gegooi en geleer.”

Die honger vir sukses wat hy tóé reeds gehad het, sê Dayimani, spruit deels uit die verwagtinge waarmee sy ouers hom gedoop het.

In albei sy ouers se kulture kry kinders name met betekenis. Sy Xhosa-ma wou haar eersteling Mpumelelo noem, Xhosa vir presteerder (achiever in Engels), maar sy pa se voorkeur was Akiva – Hebreeus vir beskerm.

“Toe gooi hulle die twee name saam en besluit op Hacjivah, omdat dit klink soos Akiva én achiever,” sê hy. “My middelnaam is Chukwunosho, wat ‘God is by hom’ beteken, en my van beteken diamant in Xhosa. So my name het betekenis: Ek is ’n diamant met die beskerming van God en ek is bestem om te presteer. Ek het nog altyd probeer leef soos my name van my vereis.”

Dit ly min twyfel dat hy dít in sy eerste 21 jaar reggekry het.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.125 seconds.