Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Varsity Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Varsitybeker: Watter afrigters gaan in 2017 floree
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Cheetahs in Bloemfontein on Saturday 25 February 2017, kickoff tbc - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/

Varsitybeker: Watter afrigters gaan in 2017 floree

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 9129
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Varsitybeker: Watter afrigters gaan in 2017 floree
    Posted: 10-Jan-2017 at 6:04am
http://rugby.maroelamedia.co.za/2017/01/09/varsitybeker-watter-afrigters-gaan-in-2017-floreer/

Die Varsitybeker-kompetisie wat hierdie jaar sy tiende bestaansjaar vier, kan afrigters se loopbane maak of breek.

Vra maar vir Nollis Marais, tans afrigter van die Blou Bulle. Onder sy afrigterskap het die Universiteit van Pretoria (Tuks) in 2012 en 2013 dié gesogte kompetisie verower. In 2016 het die Blou Bulle die eindstryd van die Curriebeker-kompetisie bereik.

♦  Robert du Preez het, ofskoon hy nie die NWU-Pukke ooit na die kroon kon lei nie en met opeenvolgende neerlae in die eindstryde van 2014 en 2015 tevrede moes wees,  tog genoeg gedoen (hy het die provinsiale span, die Luiperds in dieselfde tyd ook gebrei), om die aandag van die Sharks te trek, waar hy deesdae hoofafrigter is.

♦  Jonathan Mokuena, wat die Pukke sedert 2016 brei en die kroon in sy eerste jaar aan die stuur verower het, se naam word knaend aan die vakante afrigtingspos van die Junior Springbokke gekoppel. Daardie oorwinning in 2016 moes die ringkoppe in Suid-Afrikaanse rugby se aandag getrek het.

♦  Nog ’n naam wat met die pos van die Junior Bokke verbind word, is dié van Chean Roux, wat die Universiteit Stellenbosch ’n paar jaar gelede drie keer na Varsitybeker-glorie gelei het. Hy het ook ses WP-titels as afrigter gewen en was in 2016 die Springbokke se verdedigingsafrigter.

♦  Franco Smith het in 2015 by die Universiteit van die Vrystaat ingeval en hulle nie net onoorwonne deur die rondomtalie-wedstryde gelei nie, maar ook om die kroon te verower. Die volgende seisoen, in 2016, het hy die Cheetahs na Curriebeker-glorie gelei en die Springbokke as ’n hulpafrigter op hulle toer na Europa vergesel.

♦   In 2016 het Hendro Scholtz, wat by Smith oorgeneem het, gesien dat ’n kampioenspan nie gewaarborg is van ’n plek in die volgende jaar se uitspeelrondes nie, toe die Shimlas vyfde geëindig het. Maar ʼn hele spul van sy spelers is toe al by die Vrystaat Cheetahs en hy moes grootliks van onder-af bou.

♦  Hanyani Shimange wat die Universiteit van Kaapstad (UK) in die 2016-kompetsie gebrei het en byna dié voormalige kampioenspan laat delegeer het na die Skild-kompetisie, het op die harde manier geleer dat die Varsitybeker-kompetisie geen genade toon nie.

Een van sy mislukkings gedurende 2016 is die honderdtal-nederlaag wat sy span teen Tuks op die lyf geloop het. In die 2017-kompetsie sal die UK deur Christiaan Esterhuizen gebrei word.

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.04
Copyright ©2001-2015 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.