Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Other Internationals
  New Posts New Posts RSS Feed - Chris Robshaw 12 weke buite aksie weens skouer
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Cheetahs in Bloemfontein on Saturday 25 February 2017, kickoff tbc - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/

Chris Robshaw 12 weke buite aksie weens skouer

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 9129
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Chris Robshaw 12 weke buite aksie weens skouer
    Posted: 10-Jan-2017 at 5:50am
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/chris-robshaw-12-weke-buite-aksie-weens-skouer-20170109

Die beseringspook het verdere probleme in Eddie Jones se voorspelerspens veroorsaak.

Die losvoorspeler Chris Robshaw sal ook nie vir Engeland in die Sesnasies-reeks kan uitdraf nie weens ’n ou skouerbesering wat weer ten tyde van ’n wedstryd tussen Harlequins en Worcester op 1 Januarie opgevlam het, het sy klub op hul webblad gesê.

Hy sal voorlopig vir 12 weke langs die kantlyn sit.

“Robshaw sal onder die mes gaan om ’n besering aan sy linkerskouer te herstel wat hy op Nuwejaarsdag opgedoen het,” sê Harlequins.

Jones krap reeds kop oor die aantal spelers wat hy reeds nie vir die Sesnasies-reeks in Februarie kan inspan nie. Mako Vunipola en sy boetie, Billy, sowel as George Kruis, sal reeds nie vir die reeks oorweeg kan word nie.

Robshaw, wat die Rose reeds 55 keer verteenwoordig het, was in 12 van Engeland se 13 wedstryde in 2016 in die beginspan.

Die nuutste besering sal Jones noop om sy lostrio uit Maro Itoje, Tom Wood, Teimana Harrison, Josh Beaumont, Nathan Hughes en Mike Williams te kies.

Engeland se eerste wedstryd in die Europese reeks skop op 4 Februarie af wanneer die span teen Frankryk te staan kom.

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.04
Copyright ©2001-2015 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.125 seconds.