Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Vrystaat wys daar is steeds geesdrif vir Curriebek
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Cheetahs in Bloemfontein on Saturday 25 February 2017, kickoff tbc - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/

Vrystaat wys daar is steeds geesdrif vir Curriebek

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 9129
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Vrystaat wys daar is steeds geesdrif vir Curriebek
    Posted: 26-Dec-2016 at 8:27am
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/vs-wys-daar-is-steeds-geesdrif-vir-cb-20161225

Die 2016 Curriebekerreeks was miskien afgewater, maar die annale sal toon dat die Vrystaat-Cheetahs die kompetisie onoorwonne afgesluit het om as kampioen gekroon te word.

Die Bloemfonteiners het die Blou Bulle met 36-16 voor meer as 40 000 toeskouers in die Toyota-stadion in die Rosestad geklop.

Ja, dit is seker so dat die top spelers by die Springbokke was en dat heelwat unies verswakte spanne op die veld gestuur het, maar daar is ook gewys dat nog heelwat talent in Suid-Afrika ontgin kan word.

Die vraag is net, wat word van daardie talent?

Alles het allermins vanjaar klopdisselboom verloop. So byna was die Oostelike Provinsie-Kings uit die Premierliga geboender. Daar is ter elfder uur besluit dat hulle wel aan die reeks kon deelneem, maar dit het met ’n prys gekom.

Die span kon nie een van hul wedstryde wen nie en dit was te verstane.

Kort voor die afskop van die reeks moes daar inderhaas ’n span bymekaar geskraap word en wat daarna gebeur het, was te verwagte.

Hulle moes in ’n stadium drie wedstryde binne agt dae speel. Dit op sigself, was te veel gevra van selfs die hardebaarde van die reeks.

SA Rugby, julle moet pa staan vir die OP-Kings se geploeter in die Curriebekerreeks, want hulle het nooit op die veld gegaan om ’n wedstryd te verloor nie. Hulle moes egter met ander se kalwers ploeg.

Wat die Vrystaat se vertonings in vanjaar se reeks so merkwaardig gemaak het, is die feit dat hulle van ’n baie teleurstellende Superreeks kop omhoog gehou het, toe niemand hulle ’n kans gegun het nie.

Net soos die ander groter spanne het hulle ook spelers voor die aanvang van die Curriebekerreeks verloor. Dit bly egter ’n ope vraag of dié spelers in elk geval die afrigter, Franco Smith, se eerstekeusespelers sou gewees het.

Dié spelers was Lood de Jager, Oupa Mohoje (Springbokke), Francois Uys, Willie Britz (Japanse klubrugby), Maks van Dyk (Franse klubrugby) en Hilton Lobberts (Griekwas).

Die Goue Leeus – die verdedigende kampioen – se uittog van spelers na afloop van die Superreeks en die feit dat hulle in die Superrugbyeindstryd gespeel het ’n week voordat die Curriebeker afgeskop het, het ook nie juis hul veldtog bevorder nie.

Die Haaie kon ook nie die pas volhou nie, terwyl die Westelike Provinsie so ver agteruit geboer het, dat dit ’n wonderwerk was dat hulle die uitspeelronde gehaal het. Die Blou Bulle is goed ore aangesit in die eindstryd, maar hulle was werklik die enigste ander span wat ’n noemenswaardige aanspraakmaker op die titel was.

’n Wedstryd tussen die Vrystaat en die Blou Bulle het oor die jare nog net die beste uit albei spanne gebring, en vanjaar was geensins anders.

Nollis Marais, Blou Bulle-afrigter, was egter eerste om na die eindstryd te erken dat hulle nooit ’n kans gestaan het om die Vrystaat te klop nie. Net soos in die groepfase, het baie vir hulle verkeerd geloop, maar hy het toegegee dat die Vrystaat in albei gevalle die beter span was.

Griekwas het weer gewys hulle moet mee rekening gehou word en het onder die topses geëindig, presies waar hulle wou volgens die afrigter Peter Engledow. Hulle behoort volgende jaar weer saam met die sterk unies mee te ding.

Die ander twee unies, wat hulself vanjaar ook nie enige gunste bewys het in die reeks nie, was die Boland Kavaliers en die Pumas.

Boland kon twee en die Pumas slegs een van hul agt wedstryde wen. Net die Kings was swakker met hul agt nederlae in soveel wedstryde.

Spelers wat uitsonderlik vertoon het in vanjaar se reeks was Uzair Cassiem, Ox Nche (Curriebeker-speler van die Jaar), Nico Lee, Clayton Blommetjies (almal Vrystaat), RG Snyman, Jannes Kirsten, Roelof Smit, Jamba Ulengo, Travis Ismaiel, (almal Blou Bulle), Jean-Luc du Preez, Curwin Bosch (albei Haaie), Ruan Ackermann, Akker van der Merwe (albei Goue Leeus), Clinton Swart (Griekwas) en Robert du Preez (Westelike Provinsie).

Hoe kan 2017 daaruit sien?

Dit lyk in die stadium na ’n uitgemaakte saak dat die Curriebekerreeks voortaan uit ses spanne sal bestaan.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het op 9 Desember in ’n vergadering van sy hoofraad besluit die kwalifiserende ronde van die Curriebekerreeks sal deur ’n nuwe kompetisie vervang word.

’n Besluit oor die formaat van die Curriebekerreeks word in Januarie geneem. Dit sal uit of ’n Premierliga van ses spanne en nege in die Eersteliga bestaan, of ’n indeling van sewe en agt.

Met ’n reeds propvol rugbykalender sal sewe spanne se deelname in die reeks problematies wees en die eerste wedstryde sal byvoorbeeld op dieselfde dag as die Superrugbyeindstryd moet geskied.

  • Die Eersteliga van die Curriebeker-reeks is deur die Griffons gewen toe hulle die Luiperds in Potchefstroom met 44-25 verslaan het.

Die Speler van die Jaar was Masixole Banda van Grens, terwyl die Griffon-heelagter George Whitehead, met 125 punte, die voorste puntemaker was.

Back to Top
Moena View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu


Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 38
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Moena Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 28-Dec-2016 at 10:14am
2017 kan net beter gaan as 2016 se rugby.
Die leeus moet in 2017 die Superrugby wen.
Dink ook net 6 spanne vir die CC.
Dan met die bokke hopelik wen ons 40% se games.
Positief dis n moet vir die toekoms.
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Welpie
Welpie
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 159
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 28-Dec-2016 at 2:25pm
Ek kan nie verstaan wat sukkel hulle so met die CC nie. 14 unies. Currie Cup - top 7, Currie Cup "skild" - onderste 7. Laagste span in CC speel teen hoogste span in skild vir promisie/ relegasie.
Up the Vaal!
Back to Top
Moena View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu


Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 38
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Moena Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 29-Dec-2016 at 9:43am
Mr Attie vir president.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.04
Copyright ©2001-2015 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.125 seconds.