Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Other Internationals
  New Posts New Posts RSS Feed - Engelse media skepties oor Mitch se koms
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Engelse media skepties oor Mitch se koms

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Engelse media skepties oor Mitch se koms
    Posted: 22-Sep-2018 at 9:41am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/engelse-media-skepties-oor-mitch-se-koms-20180921

John Mitchell, die Bulle se voormalige hoof van rugby, is skaars in Engeland en daar is vrae oor sy onstuimige verlede.

Dié voormalige All Black-afrigter is immers by ’n paar spanne weg onder ’n wolk van omstredenheid.

Die Engelse Rugbyunie (RFU) het die 54-jarige Mitchell, wat die Bulle se direkteur van rugby was, vandeesweek as dié span se nuwe verdedigingsafrigter aangestel en daar is reeds vrae oor hoe hy en Eddie Jones, die hoofafrigter, oor die weg gaan kom.

Jones het aan The Times in Brittanje gesê hy is nie hieroor bekommerd nie.

“Ek verwag nie dat dit ’n kwessie gaan wees met die spelers of met John nie.

“Ons het goeie verhoudings nodig, maar dit beteken nie dat hy lovey dovey moet wees nie. Ons het harde en eerlike gesprekke nodig, want dit lei tot beter vertonings.”

Hy hoef nie die hele tyd hier te wees nie. Hy moet na wedstryde kyk en hy kan dit enige plek in die wêreld doen.

Jones is vas oortuig Mitchell is die ideale aanstelling om Engeland oor die volgende paar maande te help om ’n aanspraakmaker by 2019 se Wêreldbeker-toernooi te wees, desondanks die feit dat Mitchell nie na Engeland sal verhuis nie. Sy kontrak beloop glo £300 000 (sowat R5,6 miljoen).

Jones sê hy het geen probleem daarmee nie.

“Hy hoef nie die hele tyd hier te wees nie. Hy moet na wedstryde kyk en hy kan dit enige plek in die wêreld doen.”

Jones het gesê hy het dit nog altyd oorweeg om ’n ervare afrigter soos Mitchell voor die WB-toernooi by sy afrigtingspan te voeg.

“As jy gaan kyk na die laaste drie toernooie, die wenners het twee senior afrigters gehad en ek dink dit is belangrik.

“Ons het ’n jong afrigtingsgroep en jy het iemand anders nodig om te help.

“Om John te hê, is fantasties. Hy het ’n sterk persoonlikheid en ons het dit nodig gehad.”

Hoewel Mitchell die mandaat het om Engeland se verdediging uit te sorteer, glo Jones sy bydrae kan groter wees.

“Een ding wat ek geleer het, is dat dit regtig belangrik is om in die 12 maande voor ’n WB-toernooi takties te ontluik.

“Slim spanne doen dit. Jy kan welslae behaal tot en met die WB-toernooi, maar jou teenstanders weet dan gewoonlik hoe jy dit gedoen het en pas daarby aan.

“John was in 2003 by die WB-toernooi (as die All Blacks se hoofafrigter) en daardie ervaring is baie waardevol vir dit wat ons wil bereik,” het Jones gesê.

Die voormalige veelsydige agterspeler van Engeland Austin Healy skryf in ’n rubriek in The Telegraph Mitchell se aanstelling kan die belangrikste een wees in Jones se loopbaan.

Healy is van mening dat Mitchell Engeland, wat ses van sy laaste sewe toetse verloor het, se laaste kans is om terug te kom op die wenpad voor die WB-toernooi.

“Op papier behoort dit nie te werk nie. Albei is sterk persoonlikhede en hou daarvan om hulle menings te gee.

“Mitchell sal geen probleem daarmee hê om Eddie te vertel dat hy verkeerd is nie en dit is presies wat hy op die oomblik nodig het,” skryf Healy. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.