Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Elton versterk dalk Leeus teen Pumas
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Elton versterk dalk Leeus teen Pumas

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Elton versterk dalk Leeus teen Pumas
    Posted: 09-Oct-2018 at 5:18am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/elton-versterk-dalk-leeus-teen-pumas-20181008

Die Leeus se rugbyspan sal vir die res van die seisoen sonder twee van sy Springbokke moet klaarkom.

Die skrumskakel Ross Cronjé (skouer) en Andries Coetzee (enkel) se rugby vir die jaar is iets van die verlede.

Cronjé het reeds ’n skoueroperasie ondergaan en daar word gehoop dat hy betyds gereed sal wees vir die begin van die Super-seisoen vroeg aanstaande jaar.

Die vaskopstut Johannes Jonker se seisoen is ook verby weens ’n besering en met die Springbok Ruan Dreyer wat reeds by Gloucester in Engeland aangesluit het, laat dit die Leeus maar taamlik dun in daardie sleutelposisie.

Die moontlikheid bestaan wel dat Elton Jantjies dalk teen die Pumas gebruik kan word.

Hy het die grootste deel van die Rugbykampioenskapsreeks vir die Springbokke op die plaasvervangerbank deurgebring en daar kan gevoel word dat hy wedstrydoefening nodig sal hê voor die toer in November na Europa.

Jantjies het ook oor die laaste paar weke wanneer hy nie by die Bokke betrokke was nie, wel saam met die Leeus geoefen.

Die verwagting is dat Warren Whiteley se liesbesering hom dalk nog uit die naweek se stryd teen die Pumas kan hou.

Die Leeus sal wat wil gee om hul vlieënde Bokvleuel Aphiwe Dyantyi te kan gebruik in hul strewe om vir die halfeindronde te kwalifiseer, maar aangesien hy omtrent elke oomblik van die Rugbykampioenskapsreeks in aksie was, sal die boodskap seker uitgestuur word dat hy nou ruskans nodig gaan hê.

Vir die Leeus is die stryd Vrydagaand in Nelspruit een waarin hulle sukses moet behaal om hul aanspraak op die Curriebeker lewend te hou.

Die Leeus het 16 ligapunte teenoor die Pumas se 12 en hierdie stryd is dus in wese ’n kwarteindstryd voor die halfeindrondes.

Slaag die tuisspan daarin om die Leeus met ’n bonuspunt te klop en die Leeus kry nie eens ’n enkele bonuspunt vir vier drieë of om met sewe punte of minder te verloor nie, sal die Pumas die halfeindronde haal en die span van die Goudstad uitgeskakel word.

Selfs al verloor die Leeus hierdie wedstryd, sal twee bonuspunte – vir vier drieë en ’n nederlaag met sewe punte of minder – genoeg wees om hulle te laat deurdring tot die halfeindronde.

In so ’n geval sal hulle dan op 18 ligapunte eindig en selfs ’n voltal van vyf sal die Pumas met een ligapunt té min laat om te kwalifiseer.
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 1292
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Oct-2018 at 8:01am
Hul gaan seker nie halfeindrondtes kan speel nie, want hulle het seker nie genoeg wedstryde gespeel nie?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Oct-2018 at 9:56am
Ek is nie seker hoe hulle dit gaan werk nie. Gewoonlik mag enige ou wat in die squad genoem is, speel, maar Elton was nie in die squad genoem nie, en gewoonlik moet so ou dan 'n paar wedstryde in die liga rondtes gespeel het, maar daar is ook net 6 liga rondtes, so nie seker hoeveel so speler sal moet speel nie
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Oct-2018 at 10:01am
Die span word vandag 12:30 aangekondig
Back to Top
Rugby101 View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu
Avatar

Joined: 23-May-2016
Location: Durban
Status: Online
Points: 15
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Rugby101 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Oct-2018 at 10:07am
As ek nie mis het nie is die reel nou dat net die SARU gekontakteerde spelers mag nie Currie Cup speel nie.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Online
Points: 1570
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Oct-2018 at 10:35am
Unless requested to by the Springbok coach.
Back to Top
LeeuRugby View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu
Avatar

Joined: 15-May-2018
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 34
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuRugby Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Oct-2018 at 2:05pm
Waar is die span ?

Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 1856
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Oct-2018 at 4:07pm
Xerox Golden Lions vs iCollege Pumas:

Scrumhalf Nic Groom will lead the Xerox Golden Lions for the first time since joining the Johannesburg side when they take on the iCollege Pumas in a Currie Cup game in Nelspruit on Friday night.

The Lions team welcomed back their Springboks, two of whom will don the Currie Cup jersey this weekend, namely Elton Jantjies and Lionel Mapoe.

According to the new captain Groom the two weeks off was good timing for the team and that they are ready to bounce back.

“A lot of this week has been about us and not where we play. You can’t control the referee or the field or the crowd. We are really just inwardly focused,” he commented on playing in Nelspruit.

Kick-off is at 19:00.

XEROX GOLDEN LIONS:
STI SITHOLE
CORNE FOURIE
JACOBIE ADRIAANSE
RHYNO HERBST
MARVIN ORIE    
JAMES VENTER
JO-HANKO DE VILLIERS
HACJIVAH DAYIMANI
NIC GROOM ©
ELTON JANTJIES
COURTNALL SKOSAN
HOWARD MNISI
LIONEL MAPOE
WANDISILE SIMELANE
SYLVIAN MAHUZA

PIETER JANSEN
DANIE MIENIE
CHERGIN FILLIES
DRIAAN BESTER
LEN MASSYN
DILLON SMIT
SHAUN REYNOLDS
Once a Lion always a lion
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Oct-2018 at 5:32pm
Hulle het die span eers 4 uur gestuur en nie 12:30 soos beloof
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.