Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Eiebelang knou SA rugby net te veel
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Eiebelang knou SA rugby net te veel

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 23054
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Eiebelang knou SA rugby net te veel
    Posted: 13-Mar-2018 at 11:39am
https://www.netwerk24.com/Sport/Menings/eiebelang-knou-sa-rugby-net-te-veel-20180312

Die afgelope Saterdagaand is daar by die Stellenbosse wynlandgoed Neethlingshof ’n huldeblyk aan die patriarg van Suid-Afrikaanse rugby, wyle dr. Danie Craven, gelewer.

Rugbyhelde van weleer soos Jannie Engelbrecht, Divan Serfontein, Hennie Bekker, Jan Boland Coetzee en Abe Williams het staaltjies van dok Craven en sy invloed op Suid-Afrikaanse rugby vertel.

Vir die jonger geslag klink dít seker soos ’n saamtrek van outoppies wat hunker na ’n vergange era, maar dís ’n eng perspektief. Die hunkering is eerder na die tydlose konsep van dapper en visioenêre leierskap.

Met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se presidentsverkiesing om die draai, wonder ’n mens onwillekeurig wanneer iemand van Craven se kaliber weer na vore sal tree om leiding aan die spel te gee in ons land.

Ek sê nie daar is nie tans goeie administrateurs in ons land nie.

Suid-Afrika se sewesspan, om maar net een voorbeeld te noem, is veral iets om op trots te wees.

Een van die kwessies wat SA rugby egter te gereeld benadeel, is dié van eiebelang.

Van die sogenaamde “kleiner unies” is juis nou weer ontevrede oor die verdeling van die geldkoek en dit is waarskynlik ook ’n rede waarom André May, president van die Luiperds, benoem is om Mark Alexander as Saru-president teen te staan.

Alexander was boonop onlangs om die verkeerde redes in die kollig met aantygings van korrupsie wat deur die joernalis Graeme Joffe teen hom gemaak is.

Dié aantygings is ongetoets in ’n hof, maar daardie soort modder klou aan ’n mens vas.

May, ’n advokaat van beroep, sou seker nie om dowe neute sy naam in die hoed gegooi het vir die presidentspos nie. As president van ’n kleiner unie is die vraag of sy verwysingsraamwerk groot genoeg is vir dié rol.

Het May visioenêre idees om SA rugby suksesvol die toekoms in te neem?

Sy probleem is dat, indien unies soos die Valke, Griffons en die Boland vir hom gaan voorbrand maak om president te word, hulle dit van hom gaan verwag om in te val by hul agenda vir Suid-Afrikaanse rugby.

In die beroepsera kan die stert kan egter nie toegelaat word om die hond te swaai nie.

Anders as die Pumas, Griekwas en May se Luiperds, wat met ambisie geadministreer word, is daar te veel kleiner unies wat hulle groot wil hou.

Soms is oproer onder die “klein” unies ook maar net ’n wapen wat in die onderhandelingsproses gebruik word. ’n Kompromie word gewoonlik bereik en die konflik loop op niks uit nie.

Om ’n nasionale unie suksesvol te lei, kan jy nie ’n beperkte ondersteuningsbasis hê nie.

Soos sake tans staan, gee vier unies rigting aan Suid-Afrikaanse rugby – die Blou Bulle, Goue Leeus, KwaZulu-Natal en die Westelike Provinsie.

Geen president kan sonder hulle ’n pad stap nie en dit sal interessant wees om te sien of May steun by van dié swaargewigte sal geniet.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.