Forum Home Forum Home > General Rugby > World Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Die wêreld se fiksste skeidsregter is...
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Hurricanes in a Super Rugby Semi-Final at Ellis Park on Saturday 29 July 2017, kickoff 14:30 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Die wêreld se fiksste skeidsregter is...

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14744
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Die wêreld se fiksste skeidsregter is...
    Posted: 14-Dec-2016 at 7:32am
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/die-wereld-se-fiksste-skeidsregter-is-20161213

Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Jaco Peyper word as een van die heel fiksste skeidsregters in wêreldrugby gereken.

Peyper en die Nieu-Seelander Ben O’Keefe skop volgens fyn berekende data, wat minstens twee keer per jaar aan Wêreldrugby verskaf word, stof in die oë van ander top-blasers.

Volgens Carel Bester, Peyper se fiksheidsinstrukteur by die Vrystaatse Sportwetenskap-instituut (FSSI) in Bloemfontein, het dié fluitjiedraer baie goed gevaar in die verslag wat hy (Bester) in September by Wêreldrugby ingehandig het.

“Tussen hom en Ben (O’Keefe) was hulle twee bo-aan die lys wat yo-yo’s (hardloop-toetse) betref. Dit was verreweg die hoogste van al die skeidsregters wat getoets en wie se verslae ingedien is,” het Bester gesê.

Die Nieu-Seelandse skeidsregter Ben O’Keefe. Foto: Getty Images
Die Nieu-Seelandse skeidsregter Ben O’Keefe. Foto: Getty Images

Hy het gesê dit is nie maklik om so iets te bereik nie. Dit verg daaglikse intense kondisionering en toewyding van die skeidsregter se kant af.

“Matt Blair, Wêreldrugby se kondisioneringskonsultant, stuur gewoonlik ná toetswedstryde vir my Jaco se GPS-besonderhede wat inligting bevat oor hoe ver hy gehardloop het, hoe vinnig sy hart geklop het en al die versnellings tydens die wedstryd. Dit skep ’n duidelike prentjie van hoe fiks Jaco werklik is,” het Bester gesê.

Hy meen dit gaan oor baie meer as net op die veld rondhardloop met ’n fluitjie in die hand. Bester sê dit verg jare se kondisionering om te kom waar Peyper is en selfs meer om dit te handhaaf.

Hy het gesê in die laaste toets wat Peyper hanteer het tussen Ierland en Nieu-Seeland, was die bal gemiddeld 41 minute in spel, en dit beteken dat Peyper gerat moet wees vir elke moontlike gebeurlikheid in die wedstryd.

“Ek wil my verstout en so bietjie spog met die Vrystaat en sê ek glo Jaco is tans die fiksste skeidsregter in die wêreld. Dit kan duidelik gesien word wanneer hy op die veld is en as daar na sy fiksheidsprofiel gekyk word,” het Bester gesê.

Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14744
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Dec-2016 at 7:32am
Stadige nuus maand....
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 865
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Dec-2016 at 11:44am
Hahahhahaaaa!!! Ja ons lees omtrent enige-iets nou.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 774
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Dec-2016 at 12:04pm
Maybe Stewie Fruitie can learn from him. He always seemed about half a meter off the pace when he reffed the Lion in the CC.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14744
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Dec-2016 at 12:06pm
It sounded like the Lions were going to invite LionsWorld to their referee evaluations early in Feb...should be quite an eye-opener

Edited by Transvaal - 14-Dec-2016 at 12:07pm
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 774
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Dec-2016 at 12:16pm
Sounds like it will be very interesting.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.102 seconds.