Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Curwin: ‘Ons het onsself in voet geskiet’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Waratahs at Ellis park on Saturday 28 July 2018, kickoff 15:05 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Curwin: ‘Ons het onsself in voet geskiet’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 22361
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Curwin: ‘Ons het onsself in voet geskiet’
    Posted: 11-Jul-2018 at 6:18am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/curwin-ons-het-onsself-in-voet-geskiet-20180710

“Hierdie is ons eindstryd!”

Dít is hoe Curwin Bosch, die Haaie se Springbok-heelagter, Saterdag se laaste ligawedstryd in die Super-rugbyreeks teen die Jaguares in Durban beskryf.

Die Haaie het nog ’n buitekans om die uitspeelrondes te haal, maar vir dit om te gebeur moet die Highlanders die Rebels in Dunedin klop en móét die KwaZulu-Natallers met die Suid-Amerikaners op Kingspark afreken.

Bosch het geen doekies omgedraai toe hy nabetragting gehou het oor die Haaie se nederlaag die afgelope naweek teen die Stormers op Nuweland nie.

“Ons het onsself in die voet geskiet. Al die ander spanne het ons ’n guns gedoen met uitslae wat ten gunste van ons gegaan het, maar toe gaan staan en verloor ons.

“Ons het heelwat geleenthede geskep, maar die afronding was nie soos dit moes wees nie. Ons was nie geduldig genoeg nie en het ’n geneigdheid om dinge te wil forseer en dan foute te maak,” erken hy.

“Die druk is nou kwaai op ons om hierdie laaste wedstryd te wen, maar gelukkig is ons ’n span wat goed vaar wanneer die druk op sy ergste is,” sê Bosch.

“Hopelik kan ons die rugby speel wat ons veronderstel is om op te dis.”

Bosch reken dit kan ’n interessante stryd teen die Jaguares wees, met albei spanne wat verlede naweek verloor het.

“Hulle sal ook voel hulle moes die Bulle geklop het en dat hulle hulself in die steek gelaat het,” sê hy.

Die moontlikheid bestaan dat die Haaie Saterdag nie een van die Du Preez-tweeling in die agttal sal hê nie.

Benewens Jean-Luc wat gewis nie sal speel weens ’n kniebesering nie, het die agtsteman, Dan, las van ’n senuwee wat vasknyp in sy nek en sal hy eers later in die week ’n fiksheidstoets moet slaag.

“Ja, dit is ’n groot slag vir ons,” sê Bosch, “maar Jacques Vermeulen wat Jean-Luc verlede week vervang het, bied ’n ander soort dimensie met sy ongelooflike werkverrigting”.

Oor sy eie spel op heelagter, sê Bosch hy begin nou daardie posisie beter verstaan en dat hy meer tyd en ruimte het met die bal.

“Ek het ook in die toets teen Wallis tot die besef gekom hoe toetsrugby verskil van Superrugby en hopelik sal ek later in die jaar weer die kans kan kry om toetsrugby te ervaar,” sê hy.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.