Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Curriebeker-reeks in waakeenheid
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Curriebeker-reeks in waakeenheid

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 25330
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Curriebeker-reeks in waakeenheid
    Posted: 18-Dec-2018 at 8:35pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/curriebeker-reeks-in-waakeenheid-20181218

Die Curriebeker-reeks is ’n belangrike laaste tree tot die groter uitdaging van Superrugby en het vanjaar sonder dat dit die verbeelding aangegryp het steeds daardie aller belangrike doel gedien.

Nietemin het die gevaarligte in 2018 rooier as ooit vantevore geflikker. Dis nie bloot meer ’n geval van die reeks wat so afgewater is dat dit min belangstelling kry nie, maar dat die stand van sake onvolhoubaar is.

Groot unies, wat sonder uitsondering in ’n geldelike knyptang is, bestee dikwels nou meer geld om hul hekke oop te maak as wat hulle deur kaartjieverkope kan verhaal.

By Nuweland is selfs die WP se lojale ondersteuners besig om entoesiasme te verloor. Daar was meer as 20 000 leë sitplekke vir die eindstryd teen die Haaie.

By Nuweland is selfs die Westelike Provinsie se blindelings lojale ondersteuners besig om entoesiasme te verloor. Daar was meer as 20 000 leë sitplekke op Nuweland vir die eindstryd teen die Haaie.

Tradisioneel prikkel die reeks namate dit einde se kant toe staan die verbeelding. Hierdie keer was dit ’n enkele wedstryd wat dit vermag het – die halfeindstryd tussen die WP en Blou Bulle op Nuweland.

Die Bulle, wat die vorige Saterdag in ’n helfte se rugby voordat die wedstryd weens slegte weer afgelas is met 7-34 teen die WP verloor het, het die bordjies byna skouspelagtig verhang.

As Manie Libbok Dylan Sage se drie in die doodsnikke verdoel het, sou die Bulle teen die verwagting in gewen het. Libbok, wat andersins ’n uitblinker was, het egter misgekorrel en die WP kon die wedstryd in bykomende tyd deur SP Marais se skopstewel met 35-32 beklink.

Terwyl die CB-reeks ook ’n geleentheid bied om ongekontrakteerde Springbokke aktief te hou, het Bok-rugby juis ook ’n skadu oor die eindstryd gewerp.

Spelers het voor die afskop al geweet of hulle op die jaareindtoer gaan al dan nie – ’n onvermydelike situasie weens die toets teen Engeland wat buite die internasionale venstertydperk gereël is. Dit het vir spelers wat weggelaat is as motivering gedien, terwyl ander se entoesiasme dalk gekwyn het.

Louis Schreuder, Haaie se kaptein, het nie eens die kans gehad om sy span se oorwinning oor die WP behoorlik te vier nie. Hy moes reguit lughawe toe om ’n vlug na Londen te haal.

Nóg ’n groot probleem was dat die Vrystaat-Cheetahs se aandag tussen die CB-reeks en die Pro14 verdeel was.

Nóg ’n groot probleem was dat die Vrystaat-Cheetahs se aandag tussen twee kompetisies – die CB-reeks en die belangriker Pro14 – verdeel was.

Die Vrystaters was altyd ’n onlosmaaklike deel van die siel van Curriebeker-rugby, maar dit is prysgegee vir ’n internasionale kompetisie waaroor plaaslike ondersteuners nie gaande is nie.

Maar ja, al is die losies en die paviljoene leeg, het die toernooi steeds sy deugde.

Akker van der Merwe het die eindstryd gebruik om aan Rassie Erasmus, Bok-afrigter, ’n boodskap te stuur dat hy nie verder hoef te kyk nie indien een van sy verkose hakers – Malcolm Marx, Bongi Mbonambi of Schalk Brits – aanstaande jaar beseer raak.

Dan was daar die onbesonge helde soos Marais. Hy was die WP se man vir die groot oomblikke en die reeks se voorste puntemaker.

Vir die Leeus was die losvoorspeler Hacjivah Dayimani baie vaardig met die bal in die hand en deurgaans ’n gevaarman.

Erasmus het ook ’n paar spelers beloon vir goeie vertonings in die CB-reeks deur hulle vir die jaareindtoer te kies.

Schreuder, Petersen (vleuel, WP), Ruhan Nel (senter, WP), JD Schickerling (slot, WP) het in November saam met die Bokke getoer – hoewel almal net duiksakke gedra het.

Die toernooi se hoogtepunt was ’n saai affêre wat die Haaie met 17-12 gewen het. Terwyl die WP op grond van die groot tellings wat hy in die ligafase opgestapel het die gunsteling was, sou dit in die eindstryd altyd lol teen ’n meer ervare en fisieke span.

Dit was ’n soet sege vir die Haaie gegewe dat die WP die vorige jaar die beker in Durban gebuit het.

Terselfdertyd was dit hopelik ook ’n dag wat Suid-Afrika se rugbybase tot selfondersoek sou dwing. Die skare vir die eindstryd was ’n skamele 27 604 – ’n bewys dat die CB-reeks hom in die waakeenheid bevind.

Voorste puntemakers:

1. SP Marais (WP) 130

2. Shaun Reynolds (Goue Leeus) 72

3. Manie Libbok (Blou Bulle) 68

4. Robert du Preez (Haaie) 65

5. Chris Smith (Pumas) 58

6. George Whitehead (Griekwas) 53

Top driedrukkers:

1. Sergeal Petersen (WP) 8

2. Courtnall Skosan (Goue Leeus) 7

3. Hacjivah Dayimani (Goue Leeus) 6

4. Dan du Preez (Haaie)/Ruan Steenkamp (Blou Bulle) 5

5. SP Marais (WP) 4.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.