Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Schools Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Cravenweek: WP spook vir sege oor Leeus
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Cravenweek: WP spook vir sege oor Leeus

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Cravenweek: WP spook vir sege oor Leeus
    Posted: 12-Jul-2018 at 7:12am
https://www.netwerk24.com/Sport/Skole/cravenweek-wp-spook-vir-sege-oor-leeus-20180711

Die Westelike Provinsie het ’n begeesterde Goue Leeus-rugbyspan Woensdag met 13-5 in die Cravenweek-toernooi vir o.18-spanne by Brugstraat in die Paarl verslaan.

Die Kaapse jonges het rustyd met 6-5 voorgeloop danksy die losskakel, Kade Wolhuter, se stewel, met Henco van Wyk wat ’n uitstekende drie vir die span van Johannesburg gedruk het.

Die wind is laat in die tweede helfte uit die Leeus se seile gehaal toe die Suid-Afrikaanse Skole-haker van 2017, Morné Brandon, met ’n geelkaart gestraf is.

Adrian Alberts, die slot en kaptein van die Hoër Jongenskool Paarl, het kort daarna vir die WP oor die lyn gebeur vanaf ’n dryfmaalbeweging, met Wolhuter wat verdoel het.

Die WP is met dié sege nog onoorwonne en het sy kans lewend gehou om Saterdag in die nie-amptelike eindstryd te speel.

Hakers het op die eerste drie dae van dié toernooi die kollig gesteel en nie minder nie as 18 drieë ingeryg.

Nege drieë is Woensdag gedruk deur hakers, met Grens se Jacques Goosen wat vir vier van hulle verantwoordelik was.

Die Cravenweekspan van Grens het die agtste vyftigtal in 11 wedstryde aangeteken in hul wegholsege met 52-12 oor die Griffons.

Die span van die Oos-Kaap het sy goeie vertoning teen die Limpopo Blou Bulle op die eerste dag opgevolg met nog ’n kragtoer. Hy het die Griffons disnis gehardloop met Goosen wat die derde vierkuns van die toernooi gedruk het.

Die Griffons het uit hul diepte gelyk en kon nie op die momentum van hul sege oor die Blou Bulle-uitnodigingspan op die eerste dag voortbou nie.

Vroeër het die Pumas heelwat aansien herwin toe hulle die Oostelike Provinsie met 45-29 ore aangesit het.

Dít nadat hulle Maandag deur die Westelike Provinsie met 72-10 uit die pad gevee is.

Vir die OP, wat Maandag met 46-25 deur die Goue Leeus geklop is, is die week vinnig besig om in ’n nagmerrie te ontaard.

Verlede jaar het die Oos-Kapenaars met seges oor die Blou Bulle en Luiperds gespog en slegs teen die SWD verloor. Nou loop hulle die gevaar om drie wedstryde op ’n streep te verloor.

Die Blou Bulle-uitnodgingspan was ook verantwoordelik vir ’n vyftigtal met ’n oortuigende sege oor die Limpopo Blou Bulle waar hulle nege keer gaan druk het. Die Bulle se sogenaamde B-span het die span van Limpopo met 55-5 afgeslag.

Die haker, Enrique Coutriers, en die kaptein en flank, Junior Snyman, het elkeen ’n driekuns aan drieë behaal. Die Blou Bulle-uitnodigingspan het in sy eerste wedstryd sy rieme lelik styfgeloop teen die Griffons en met 51-17 verloor. Woensdag was hy egter ’n ander dierasie.

Donderdag se program:

09:30: Luiperds t. Griekwas;

11:00: Goue Leeus-uitnodingspan t. SWD;

12:30: Westelike Provinsie-uitnodigingspan t. Valke;

14:00: Boland t. Blou Bulle;

15:30: Vrystaat t. KwaZulu-Natal.

Cravenweek

Puntemakers:

Blou Bulle-uitnodigingspan 55 (19): Drieë: Enrique Coutriers (3), Junior Snyman (3), Adolp Visser, Wesley Damons, Ruan Oosthuizen. Doelskoppe: Dieter Crafford (4), Kenan Wessels. Limpopo Blou Bulle 5 (5): Drie: Shuan Mulder.

Pumas 45 (33): Drieë: Coenraad Visser (2), Chyle van Zyl (2), Estian Schroeder, Mfihla Phakathi, Teboho Mosia. Doelskop: Visser (4). Oostelike Privinsie 29 (10): Drieë: Octavian Muller, Zukisa Sali, Enrique Franks, Claude Jacobs. Doelskoppe: Monray Potgieter (3). Strafdoele: Jacobs.

Grens 52 (33): Drieë: Jacques Goosen (4), Jarrod Taylor, Kwezi Dlamini, André Nel, Sibabalwe Xamlashe. Doelskoppe: Thomas Bursey (6). Griffons 12 (5): Drie: JP de Kock, Rian Olivier. Doelskop: Ruben Liebenberg.

Westelike Provinsie 13 (6): Drie: Adrian Alberts. Doelskop: Kade Wolhuter. Strafdoele: Wolhuter. Goue Leeus 5 (5): Drie: Henco van Wyk.

Akademieweek:

Valke 25, Grens 22;

Haaie-Platteland 29, Luiperds 14;

Westelike Provinsie 67, KwaZulu-Natal 14;

LSOB-Skolespan 26, Valke-Platteland 22;

Namibië 18, Griekwas 15;

Zimbabwe 44, Blou Bulle-Platteland 19;

Boland 41, Pumas 24.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.