Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Club Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Chiliboy, Scarra in Franse klub se visier
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in a Super Rugby Quarter-Final at Ellis Park on Saturday 22 July 2017, kickoff 14:30 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Chiliboy, Scarra in Franse klub se visier

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14697
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Chiliboy, Scarra in Franse klub se visier
    Posted: 25-Jun-2017 at 7:03am
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/chiliboy-scarra-in-franse-klub-se-visier-20170624

Die Springbok Chiliboy Ralepelle is een van drie Suid-Afrikaanse hakers wat op die Franse klubspan Perpignan se inkopielys is.

Scarra Ntubeni van die Westelike Provinsie en Craig Burden, wat sedert 2015 deur Stade Français gekontrakteer is, is die ander twee SA hakers waarin Perpignan glo in belang stel.

Ralepelle is vanjaar op verrassende wyse in die Bok-groep vir Junie se drie tuistoetse teen Frankryk ingesluit. Hy het sy 22ste en laaste toets op 8 Junie 2013 gespeel.

Ralepelle was ook vir lank uit Superrugby ná sy skorsing van twee jaar vir die gebruik van verbode middels.

Ntubeni sal egter moeilik uit die Kaap trek. Die WP het onlangs ’n aanbod aan hom gemaak om hom te behou.

  • Philip van der Walt sal nie vir die Haaie in die Curriebeker-reeks speel nie, maar in Japan ’n verdienste uit rugby maak.

Dié hardwerkende rooikop-kaptein van die Durbaniete is wel in 2018 en 2019 se Superreeks vir die Haaie beskikbaar.

Hy gaan tydens vanjaar en volgende jaar se Curriebeker sy rugby saam met die Springbok-vleuel en sy Haai-spanmaat, Lwazi Mvovo, vir die Japanse klubspan Canon Eagles speel.

Dis die tweede keer in Van der Walt se loopbaan dat hy oorsee gaan speel.

  • Cobus Reinach sal, wanneer sy kontrak einde Oktober verstryk, sy loopbaan by die Engelse klubspan Northampton Saints voortsit.

Die Franse klubspan Pau sal Lourens Adriaanse se maandelikse salaris ná die voltooiing van die Superreeks begin betaal.

Die slot met die hoë werkverrigting, Etienne Oosthuizen, tel onder een van die Franse klubspan ­Lyon se aanwinste.

  • Die Haaie is egter nie net aan die verlieskant van spelers nie.

Die Kings-skrumskakel Louis Schreuder sluit hom binnekort by die Haaie aan.

  • Ná sy draai by Montpellier is die skrumskakel Cameron Wright op pad terug na Durban.
  • Die Kings-losvoorspeler Tyler Paul sal veral goeie diepte vir die Curriebeker verskaf.
  • Die Haaie is ook een van die spanne wat in Raymond Rhule, die Bok-vleuel van die Cheetahs, belang stel. Rhule moet nog besluit waar hy sy rugby wil speel.

Robert du Preez, losskakel van die Stormers, is van voornemens om binnekort na Durban terug te keer.

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.090 seconds.