Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Other Internationals
  New Posts New Posts RSS Feed - Campese wil Wallabies kom regruk
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Friday 29 September 2017, kickoff 19:00 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Campese wil Wallabies kom regruk

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 16018
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Campese wil Wallabies kom regruk
    Posted: 21-Aug-2017 at 12:48pm
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/campese-wil-wallabies-kom-regruk-20170821

Na meer as tien jaar in Suid-Afrika het die legendariese Wallaby-vleuel, David Campese, besluit om na sy tuisland terug te keer om te help om Australiese rugby te red.

Die “Don Bradman van rugby”, soos daar al na hom verwys is, woon al vir meer as ’n dekade in Durban en het verskeie rolle in Suid-Afrikaanse rugby, onder meer as konsultant by die Haaie, gespeel.

Campese, wat tussen 1982 en 1996 reeds 101 toetse vir die Wallabies gespeel het, het met Ben Whitaker, die Australiese Rugbyunie (ARU) se hoëprestasiebestuurder, vergader oor waar hy betrokke kan raak.

Rod Kafer, nog ’n voormalige Wallaby en die ARU se nuwe hoof van spesiale projekte, was ook by die vergadering.

Campese is ’n polariserende figuur. Hy het altyd sy sê gesê en dit was juis hierdie karaktertrek wat sommige mense in Australië die harnas in gemaak het.

“John O’Neill, voormalige grootbaas by die ARU, het nooit van my gehou nie omdat ek so uitgesproke was. Ek sou met ’n BMW gery het as Ford die borg was,” sê Campese. “Wanneer mense nie van sekere mense hou nie dan is daar nêrens om te gaan nie. Dis maar die manier hoe ek was.

“Ek kom volgende jaar terug en ek wil betrokke raak. Daar was oor die jare baie berge en dale, en ek dink net daar is baie mense daar buite wat baie lief is vir die spel, maar wat nog nie gekontak is nie of nie seker is van wat tans aangaan nie.

“Dit lyk nie of daar veel van ’n plan vir die Wallabies vir die volgende vier of vyf jaar is nie.”

Campese het reeds sy hele gesin na Sydney gebring en het al na skole gekyk. Hy verwag om teen Januarie voltyds in Australië te wees.

Die voormalige vleuel is vol idees oor hoe om Australiese rugby te laat herleef en hy meen die revolusie moet op voetsoolvlak begin.

“As jy na sommige spanne kyk, dan speel hulle nie opwindende rugby nie. Ons (Australiese rugby) speel almal dieselfde. “Ons het nie die ongelooflike vaardighede en selfvertroue wat ons op ’n tyd gehad het nie,” sê Campese.

“Een van ons onlangse Wallabies kon nie ’n bal van links na regs aangee nie. Dis belaglik dat ’n internasionale speler dit nie kan doen nie.

“Ek is mal daaroor om jonger kinders af te rig. As ’n mens die jong kinders deur die stelsel kan kry, met sommige oudspelers wat betrokke is en jy bemark die spel en maak dit prettig, kan dinge begin verander.”

Van die eerste dinge wat Campese sal doen is om rugby by openbare skole te bemark en te verbied dat klubspelers betaal word.

Campese was ook reeds in kontak met Michael Cheika, Wallaby-afrigter en ’n voormalige spanmaat van Campese by Randwick-klub in Sydney, oor sy voorgenome betrokkenheid.

“Ek het al met Cheik gepraat en hy het idees, maar hy het meer belangrike dinge waarop hy op die oomblik moet fokus,” sê Campese.

Hy het ’n groot werk en ek dink nie hy moet hom oor ander goed bekommer nie.” 

Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 2129
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Aug-2017 at 1:24pm
Ek wonder wat het hy vir n lewe gedoen in SA?

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.039 seconds.