Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Bulle oorgehaal vir Jukskei-derby
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Bulle oorgehaal vir Jukskei-derby

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bulle oorgehaal vir Jukskei-derby
    Posted: 09-Jul-2018 at 9:21am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-oorgehaal-vir-jukskei-derby-20180708

’n Kans om die keur van Suid-Afrikaanse rugby op sy tuisveld te klop.

Dít is Saterdag die geelwortel voor die Bulle se neus wanneer hulle die Leeus in Johannesburg pak.

Die Bulle het die Leeus Saterdag op Loftus Versfeld ’n guns gedoen toe hulle die Jaguares met 43-34 in die Superreeks verslaan het, maar hulle sal die komende naweek vere voel vir nasionale belang op Ellispark.

“As ’n voormalige Leeu-afrigter was dit gepas dat ons hulle die guns bewys het (die Jaguares kon ook nie ’n bonuspunt kry nie).

“Nou het ons die kans om die voorste span in die Suid-Afrikaanse afdeling op Ellispark te klop en die kompetisie op ’n hoogtepunt af te sluit,” het John Mitchell, hoofafrigter van die Bulle, Saterdagaand gesê.

Hy sê in dieselfde asem die Jukskei-derby gaan sy span se “sielkundige vermoëns en vasberadenheid” op ’n ander vlak beproef.

“Sekere goed is vir hulle (die Leeus) baie belangrik en dit gee hul momentum. Jy kan maar weet, ons sal ons vir rolmale moet staal – en baie daarvan. Die Leeus se voorspelers is werklik uitstekend.”

Die Bulle se voorhoede, wat ervare spelers soos Lood de Jager, Trevor Nyakane en Adriaan Strauss makeer, se vertoning teen die Jaguares het Mitchell bemoedig.

Die Springbok-slot RG Snyman was vurig en die flank Marco van Staden het nie teruggestaan vir die gevierde hardebaarde in die Jaguares se pak nie.

Mitchell het ook die 22-jarige vaskopstut Conraad van Vuuren op die skouer geklop.

“Hy het sy man gestaan teen ’n internasionale voorry. Conraad speel baie beter die afgelope twee wedstryde. Hy begin verstaan waaroor dit gaan en jy moet hom loof daarvoor, want hy het ’n paar moeilike dae in die skrums agter die blad in die reeks.”

Hoewel die Bulle baie besit in die lynstane laat verlore gaan het en dit hulle van aanvalsgeleenthede ontneem het, meen Mitchell dit is ’n goeie teken dat sy spelers nie toegelaat het dat dit hul aanslag ontspoor nie.

“Ons selfgeloof was nog altyd daar. Ons kán goed vaar, maar moet net meer bestendig wees. Die spelers het die seisoen besef hoe fyn die lyn tussen presteer en misluk op hierdie vlak is.”

* Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) sal na verwagting binnekort bekend maak wie die Ligbloues in die Curriebeker-kompetisie sal afrig. Daar is vroeër bespiegel dat die hulpafrigter Pote Human die mandaat sal kry.

* Puntemakers

Bulle: 43 (21). Drieë: Johnny Kotze, Embrose Papier, Jesse Kriel, Jamba Ulengo (2) en Marco van Staden. Strafdoel: Handré Pollard. Doelskoppe: Pollard (5).

Jaguares: 34 (19). Drieë: Nicolás Sánchez, Pablo Matera (2) en Gonzalo Bertranou (2). Strafdoel: Emiliano Boffelli. Doelskoppe: Sánchez (3).
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3374
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 9:29am
Ek wonder hoe staan sake in terme van al ons beseerdes? As ons nie die bulle op Ellispark kan klop nie, nouja dan worry ek nie eers meer of ons tuis of weg gaan speel in die uitklop wedstryde nie.. 
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 10:14am
Ek is bly Mitchell stel dit so duidelik dat hulle gaan kom vir ons... ons ouens se koppe moet reg wees... niks gaan maklik kom saterdag nie. Ek glo ons manne sal oorgehaal wees om hierdie "life line" te gebruik. Dit gaan 'n klipharde Jukskei "derby" wees... niks minder nie.
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1550
Post Options Post Options   Thanks (1) Thanks(1)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 10:29am
Piesangskilwedstryd vir ons... Die Bulle gaan kom om 'n punt te bewys, kan met gemak en vryheid speel... Ons aan die ander kant MOET wen om enigsins 'n kans verder in die reeks te he. Ons het nog glad nie hierdie seisoen vir 'n volle 80 minute gespeel nie. 
As ons kyk na ons vertonings die laaste 4 of 5 wedstryde gaan dinge drasties moet verbeter vir ons om die Bulle te klop...
Om te probeer lewe in ons agterlyn blaas sal ek met Mnisi op 12 begin, Combrinck op 15 met Tambwe en Dyantyi op vleuels. 
Ek sou dit ook sterk oorweeg om vir Brink en Schoeman saam Whiteley te laat begin.
Maar ons afrigters het ook nou al gewys hulle is lojaal teenoor sekere spelers en dat vorm nie die maatstaf is waaraan spelers gemeet word nie, dus sal ons seker dieselfde span sien as wat teen die Sharks gespeel het...
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 10:42am
Dink Whiteley, Brink en Schoeman met Kwagga vd bank af kan goed werk. Nie seker watse vorm Mnisi het nie. Glo nie daar sal aan die agterste drie gekarring word nie. Ons sal reg wees vir hierdie wedstryd... die intensiteit sal daar wees en ek dink as ons akkuraat is in ons uitvoering gaan ons hulle seermaak. Die Jaguares het die wedstryd laat los torring en dit het die bulle die kans gegee om terug te kom. Ons moet ook druk op hulle sit wanneer hulle die bal het en toeslaan met omgekeerde besit. Die bulle druk great drieë maar maak baie foute.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3374
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 10:45am
Ek stem saam Witboer dat die agterlyn bietjie woema nodig het. Weet netnie so lekker van Mnisi nie.. Wat van Reynolds op 12? Stem oor ons vleuels en Commies op 15, en jou voorstel vir die losvoorspelers klink vir my ook goed. 

Elton het n punt om te bewys teen Pollard. Hoop maar netnie die druk laat hom weer soos n hoop kaarte in mekaar tuimel nie.. 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3374
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 10:46am
Eintlik sal ek eerder Mapoe vervang as Vorster. Mapoe het goed begin die seisoen, maar die 2de helfde van die seisoen was hy maar baie swak
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1629
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 11:03am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek stem saam Witboer dat die agterlyn bietjie woema nodig het. Weet netnie so lekker van Mnisi nie.. Wat van Reynolds op 12? Stem oor ons vleuels en Commies op 15, en jou voorstel vir die losvoorspelers klink vir my ook goed. 

Elton het n punt om te bewys teen Pollard. Hoop maar netnie die druk laat hom weer soos n hoop kaarte in mekaar tuimel nie.. 
I like the idea of Reynolds at 12. He is big and with his flyhalf experience, can take pressure off Elton.
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1550
Post Options Post Options   Thanks (1) Thanks(1)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 11:09am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Eintlik sal ek eerder Mapoe vervang as Vorster. Mapoe het goed begin die seisoen, maar die 2de helfde van die seisoen was hy maar baie swak
Mapoe kan niks doen as hy elke keer bal en man op dieselfde tyd kry nie...
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3374
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 11:13am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Eintlik sal ek eerder Mapoe vervang as Vorster. Mapoe het goed begin die seisoen, maar die 2de helfde van die seisoen was hy maar baie swak
Mapoe kan niks doen as hy elke keer bal en man op dieselfde tyd kry nie...

Is dit ELKE keer wat hy die bal kry die geval? Ek weti, partykeer dink ek mens moet ophou ander spelers blameer vir iemand se swak spel. Selfde met Elton, altyd as hy swak doen blameer ons die forwards. Of die scrummie. 
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1550
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 11:25am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Eintlik sal ek eerder Mapoe vervang as Vorster. Mapoe het goed begin die seisoen, maar die 2de helfde van die seisoen was hy maar baie swak
Mapoe kan niks doen as hy elke keer bal en man op dieselfde tyd kry nie...

Is dit ELKE keer wat hy die bal kry die geval? Ek weti, partykeer dink ek mens moet ophou ander spelers blameer vir iemand se swak spel. Selfde met Elton, altyd as hy swak doen blameer ons die forwards. Of die scrummie. 
Ongelukkig is dit maar so, rugby is 'n span sport, jou spanmaat kan jou of maak of breek... Ek dink net regtig dat Mapoe onregverdig beoordeel word. Hy kry elke keer die bal of in 'n stilstaande posisie of met die verdediger klaar op hom. Hy moet van sy 12 af hardloop en as sy 12 besluitloos is gaan hy sukkel. Ja, mens kry seker sogenaamde "sterre" wat kan uitblink al speel die spelers rondom hom swak, iemand soos Marx bv. Maar almal is nie sterre nie. 
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Vorster is 'n uitstekende speler, maar hy het die jaar nog glad nie goed gespeel nie. Hy sukkel met vorm, maar word elke week gekies... Hy moes al lankal eers weer selfvertroue gaan opbou het in die Supersport Challenge. Hy kom baie besluitloos voor en maak meeste van die tyd die verkeerde besluite.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1629
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 11:34am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Eintlik sal ek eerder Mapoe vervang as Vorster. Mapoe het goed begin die seisoen, maar die 2de helfde van die seisoen was hy maar baie swak
Mapoe kan niks doen as hy elke keer bal en man op dieselfde tyd kry nie...

Is dit ELKE keer wat hy die bal kry die geval? Ek weti, partykeer dink ek mens moet ophou ander spelers blameer vir iemand se swak spel. Selfde met Elton, altyd as hy swak doen blameer ons die forwards. Of die scrummie. 
Unfortunately the 10 is very dependent on the ball he receives from his 9, and he is dependent on the ball he gets from the forwards. If they do not protect the 9, he will not be able to give his 10 decent ball. The rush defense does not help much either. However, one has to look at why players play badly. Once all the above factors are taken into account and the player still plays badly, that's on him, and he must rectify that in training, and on the field.
Back to Top
emiel View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Status: Offline
Points: 381
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 12:49pm
Ons voorspelers is redelik kompeterend in die primere fases, maar wat het geword van ons flink spel tussen voor en agterspelers twee jaar terug waarmee ons die opposisie aan die raai gehou het ?  Ek dink 'n groot deel daarvan het te doen gehad met vaardige en dinamiese spelers soos Kriel, Whiteley, Fav en Jantjies wat ons spelskeppers was. Vir Saterdag sal ek neestaal die agterlyn kies wat teen die Stormers laas diens gedoen het (Cronje, Jantjies, Reynolds en Vorster), met ervare Diyante, Skosaan en Combrink op 15.

Edited by emiel - 09-Jul-2018 at 12:50pm
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.086 seconds.