Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Springbokke
  New Posts New Posts RSS Feed - Bokke verdien gemiddeld R5,3 m.
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Bokke verdien gemiddeld R5,3 m.

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 23075
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bokke verdien gemiddeld R5,3 m.
    Posted: 05-Aug-2018 at 10:09am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bokke-verdien-gemiddeld-r53-m-20180804

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het in 2017 net 16 Springbokke gekontrakteer om in die land te bly, teen ’n gemiddelde salaris van R5,3 miljoen.

Dit is volgens die syfers wat in die nuwe voorstel vir kontraktering uiteengesit word. Rapport is in besit van dié dokument.

Die gemiddelde salaris vir ’n gekontrakteerde Springbokspeler is R5,5 miljoen met die hoogste betaalde Bok-kontrak wat R7,4 miljoen is. Dit kos Saru gesamentlik R84,8 miljoen per jaar om die 16 gekontrakteerde spelers in die land te hou. Van dié bedrag betaal die franchises 30% vir hul spelers – of R25,4 miljoen.

Sedert die syfers saamgestel is, het die Springbokke ook spelers soos Malcolm Marx en Warren Whiteley gekontrakteer om te verseker hulle bly in die land tot ná die Wêreldbekertoernooi in 2019.

Maar Saru moet ook niegekontrakteerde Springbokke deur die jaar betaal en dié bedrag verhoog sy verantwoordelikheid met nog R19 miljoen per jaar – of te wel R1,276 miljoen per toets wat die Springbokke speel.

Om ’n toets buite Wêreldrugby se toetsvenster te speel, soos die Bokke vanjaar teen Wallis in Washington gedoen het, kos byna R2,5 miljoen in betalings aan die spelers. Agt niespelende spanlede per toets kos Saru nog R4,2 miljoen per jaar.

Saru betaal ook wenbonusse van meer as R15,27 miljoen per jaar. Dit word gedeel deur die 23 spelers per toets met ’n bedrag van R663 936 per toets.

Die Blitsbokke kos Saru bykans R14 miljoen per jaar, met die hoogs betaalde speler wat R1,1 miljoen per jaar kry. Die speler wat die minste verdien, kry R120 000 per jaar. Die gemiddelde salaris van die Blitse se groep van 25 spelers is R211 200.

Die nasionale vrouesewes word aansienlik minder betaal, met hul groep van 26 spelers wat Saru R2,8 miljoen kos. Die hoogste betaalde vrouespeler verdien R264 000, terwyl die kleinste salaris R184 800 is.

Volgens die syfers van 2017 het die bes betaalde speler in die ouderdomsgroep 17 tot 18 R650 000 per jaar verdien – ver bo die gemiddeld van R106 367 per jaar. Die gemiddelde salaris van ’n skoolverlater op ’n rugbykontrak was R96 000, met die kleinste salaris R24 000. Daar is 147 spelers van 17 of 18 jaar oud teen ’n koste van R15,6 miljoen gekontrakteer.
Die hoogste salaris vir ’n 19- en 20-jarige speler is R600 000. Dit spring dan aansienlik wanneer dit kom by die hoogste salaris vir spelers in die ouderdomsgroep 21 en 22, met die grootste salaris wat R5,5 miljoen is teen ’n gemiddeld van R483 185.

Die syfers is ook aanduidend dat al hoe meer jonger spelers gekontrakteer word.

Net 94 spelers wat 27 en 28 jaar oud is, is deur rugbyunies gekontrakteer. Daar is net 37 wat 29 en 30 jaar oud is en net 19 wat 31 of 32 jaar oud is.

Die grootste groep spelers met kontrakte is 19 of 20 jaar oud (230), gevolg deur 21/22 (169), 22/23 (154) en 25/26 (129).
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3115
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Aug-2018 at 5:22pm
Ek wonder nou. Is dit waarom spelers soms met 30sekondes oor op die veld gestuur word, sodat hul kan deel in wedstryd geld en wen bonusse?

Vir R600 000 n game sal ek maar n tackle van Marx vat.. behoort darem vir my hospitaal onkostes te betaal
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.