Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Rugby Championship (Sanzaar)
  New Posts New Posts RSS Feed - Bokke se nr. 15-trui wink vir Willemse
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Bokke se nr. 15-trui wink vir Willemse

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 23075
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bokke se nr. 15-trui wink vir Willemse
    Posted: 08-Aug-2018 at 5:52am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bokke-se-nr-15-trui-wink-vir-willemse-20180807

Damian Willemse gaan vandeesmaand al ’n Springbok word, maar waarskynlik op heelagter eerder as in sy eerstekeuse-posisie van losskakel.

Rassie Erasmus, die Bokke se afrigter, het die 20-jarige ster van die Westelike Provinsie uitgelig as ’n speler wat heelagter, binnesenter en losskakel vir Suid-Afrika kan speel, maar in dieselfde asem gesê dis nog dalk bietjie vroeg vir die nr.10-trui.

“’n Wêreldbeker-toernooi is nog nooit gewen met ’n losskakel jonger as 24 jaar nie. Dis waar die spel beheer word,” het Erasmus vandeesweek op die Bokke se oefenkamp in Stellenbosch gesê.

“Op sy ouderdom sal hy ’n bietjie minder druk op heelagter ervaar. Jy kan hom stadig maar seker sy voete laat vind. Hy gaan ’n geleentheid teen Argentinië kry. Kom ons kyk hoe hy die druk hanteer.”

Suid-Afrika se eerste toets in vanjaar se Rugbykampioenskap is aanstaande Saterdag teen die Poemas in Durban. ’n Week later speel die Bokke in Mendoza teen die Argentyne.

Erasmus het ter illustrasie vir Patrick Lambie uitgelig as ’n speler wat op heelagter begin en mettertyd losskakel toe geskuif is.

“Dit help jou baie om te verstaan hoe om jou teenstanders se verdediging te manipuleer. Ek is nie seker hoe vinnig Damian dit onder die knie sal kry en of hy die groep vir die WB-toernooi sal haal nie,” sê Erasmus.

Damian was deel van ons beplanningskampe en ons sien hom as ’n ou wat losskakel, binnesenter en heelagter kan dek, wat ’n wonderlike ding is om in jou span te hê.

Sou Willemse ’n toets op heelagter begin, sal dit nie beteken dat Willie le Roux sy status as voorkeurspeler in die laaste vesting kwyt is nie. Dit sal eerder ’n geval wees van die afrigter wat wik en weeg oor watter 31 spelers hy na die 2019 Wêreldbeker-toernooi in Japan wil neem.

“Daar is ook nog ouens soos Frans Steyn en Patrick Lambie wat die taak kan verrig. Dinge verander egter vinnig weens beserings. Lambie is tot in Februarie buite aksie en ons sukkel die laaste paar maande om Frans betyds in die kamp te kry,” sê Erasmus.

“Jy moet alternatiewe planne beraam vir ingeval jou planne deurmekaar gekrap word. Miskien verras Damian ons tot só ’n mate dat ons nie eers na daardie ander ouens kyk nie. Damian is ’n plaaslike speler en altyd beskikbaar,” sê Erasmus.

Soos die geval met Steyn was toe hy in 2006 die toneel betree het, meen Erasmus Willemse beskik voor sy mondigwording reeds oor kwaliteite wat hom sal help om die tree na toetsrugby te gee.

“Damian was deel van ons beplanningskampe en ons sien hom as ’n ou wat losskakel, binnesenter en heelagter kan dek, wat ’n wonderlike ding is om in jou span te hê. Ons het reeds ook by die Stormers gesien dat hy fisiek sy man kan staan,” sê Erasmus.

“Dalk is hy een van daardie ouens, soos Frans, wat sommer net dadelik sy voete vind en opgewasse is.”
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3115
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 7:28am
So wat het Boeboes verkeerd gedoen dat sy naam nie eers genoem word nie? Nou wil hulle n ou wat 99% van die tyd losskakel speel vir die bokke op 15 sit? En hy is nog BAIE nat agter die ore, hy was pateties in die junior world cup. Dis n joke man...
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1451
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 7:49am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

So wat het Boeboes verkeerd gedoen dat sy naam nie eers genoem word nie? Nou wil hulle n ou wat 99% van die tyd losskakel speel vir die bokke op 15 sit? En hy is nog BAIE nat agter die ore, hy was pateties in die junior world cup. Dis n joke man...
Miskien iets te doen met sy swak verdediging... Hy het maak 'n "tackle efficiency" van 48%. 33 gemaak, 21 gemis en 14 van die wat hy gemaak het was onefektief...
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 23075
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 7:53am
Heelagter verdediging is nie so maklik nie, jy het seker meeste van die tyd 'n groot vleuel, senter of loosie wat 'n clean break gemaak het wat op volspoed is en jy is die enigste/laaste ou wat moet keer. Ek maak nie verskoning vir hom nie, maar ek het simpatie 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3115
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 7:57am
Daarteenoor dink ek is hy voor met die stats van defenders beaten? Hy het n uitstekende skopvoet en is goed onder die hoe bal. Nee wat, as Willie uit is dink ek is hy by ver die beste opsie om hom te vervang. Ek weet regtig nie wat sien mense in Willemse nie. Hy gaan n 2de Bosch word...
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1451
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 7:58am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Heelagter verdediging is nie so maklik nie, jy het seker meeste van die tyd 'n groot vleuel, senter of loosie wat 'n clean break gemaak het wat op volspoed is en jy is die enigste/laaste ou wat moet keer. Ek maak nie verskoning vir hom nie, maar ek het simpatie 
Dit is verstaanbaar, maar as mens hom met ander heelagters vergelyk, is sy verdediging nie op standaard nie.
Ben Smith - 78%
Jordie Barret - 68%
I Folau - 67%
McKenzie - 65%
En julle gaan nou lag, maar die beste Suid Afrikaner is Curwin Boscch op 64%!!!
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 23075
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 7:59am
Ek dink ook Willemse is nog heeltemal te onervare, in die o/20 wereldbeker was hy nerens tot hy beseer is, en dis teen spelers van sy ouderdom, dink maar hoe dit in toetse sal gaan, maar op heelagter is jy darem verder van die aksie af as losskakel
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1451
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 8:00am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Daarteenoor dink ek is hy voor met die stats van defenders beaten? Hy het n uitstekende skopvoet en is goed onder die hoe bal. Nee wat, as Willie uit is dink ek is hy by ver die beste opsie om hom te vervang. Ek weet regtig nie wat sien mense in Willemse nie. Hy gaan n 2de Bosch word...
Ek dink dit is seker tussen Gelant en le Roux... Ek dink nogsteeds Combrinck moet die skuif heelagter toe maak.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Whk, Nambabwe
Status: Offline
Points: 504
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 8:27am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Daarteenoor dink ek is hy voor met die stats van defenders beaten? Hy het n uitstekende skopvoet en is goed onder die hoe bal. Nee wat, as Willie uit is dink ek is hy by ver die beste opsie om hom te vervang. Ek weet regtig nie wat sien mense in Willemse nie. Hy gaan n 2de Bosch word...


Hoor! Hoor!

Ek weet ook nie wat hulle in hom sien nie. En as dit gaan oor tackle efficiency, Willemse is self nie goed met tackle nie, as ook Gelant, maar beide is blykbaar voor Boeboes in die ry vir die Bokke.
Moo-Mamma, Moo-Papa, MooMa, Mei-Mei. BooBoo en Snif-snaf, ou Stinkie daar by. Almal bly saam in die Moo vallei!
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1030
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 8:29am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Daarteenoor dink ek is hy voor met die stats van defenders beaten? Hy het n uitstekende skopvoet en is goed onder die hoe bal. Nee wat, as Willie uit is dink ek is hy by ver die beste opsie om hom te vervang. Ek weet regtig nie wat sien mense in Willemse nie. Hy gaan n 2de Bosch word...
Ek dink dit is seker tussen Gelant en le Roux... Ek dink nogsteeds Combrinck moet die skuif heelagter toe maak.
Ek dink ook so. Ek wonder of dit nie dalk die plan was, met die dat Coetzee sou waai nie, en toe hy op die nippertjie besluit om te bly, was dit eintlik vir my half n anti klimaks.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.