Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Springbokke
  New Posts New Posts RSS Feed - Bokke: Daar’s nou meer vrae as antwoorde
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Bokke: Daar’s nou meer vrae as antwoorde

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bokke: Daar’s nou meer vrae as antwoorde
    Posted: 04-Jun-2018 at 1:25pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Springbokke/bokke-daars-nou-meer-vrae-as-antwoorde-20180603

Stoere Springbok-ondersteuners sou Sondagoggend nie net met ’n verlammende moegheid wakker geword het nie, maar ook met ’n magdom vrae.

Die bittereinders wat Saterdagaand in die middernagtelike ure gekyk het hoe die Bokke ’n flou toets teen ’n selfs flouer Walliese span met 22-20 verloor, sal wonder wát presies uit dié toets geleer kan word.

Die onervare Bok-span het 40 minute nodig gehad om mekaar te vind. Robert du Preez se afgestormde skop kort voor die einde het miskien tot Wallis se wendrie gelei, maar die Bokke het nie daarom verloor nie.

Wallis het rustyd met ’n voorsprong van 14-3 binnegegaan en hoewel die Bokke dapper teruggeveg het in die tweede helfte, was dié agterstand ’n hekkie té hoog om te oorbrug.

Die eerste vraag wat teleurgestelde ondersteuners sal vra, is of die skop-en-bid-taktiek ’n belangrike sleutel tot die Erasmus-bloudruk gaan wees.

Ivan van Zyl, wat sy buiging om skrumskakel gemaak het, het verskeie skoppe van agter die oond geloods. Die Bokke het ’n duidelike strategie hiermee gehad en dít word deur twee aspekte onderstreep – eerstens die menslike duisendpoot wat die voorspelers agter afbreekpunte gevorm het om Van Zyl meer ruimte vir sy skoppe te gee. En tweedens die opsigtelike jaagtaktiek – die steelkant-vleuel aan die ver kant van die losgemaal, ’n losvoorspeler aan die ander kant reg langs die losgemaal én twee bykomende spelers wat jaag om ’n perdeskoen rondom die ontvanger van die hoë bal te vorm.

Die taktiek was goed uitgewerk. Die uitvoering was gebrekkig. Skoppe was of te diep, of te vlak; spelers wat gejaag het, het nie altyd goed meegeding nie, of duikslae is direk daarna verbrou.

Gaan die Bokke hiermee volhard? Dit kan wees dat die nat toestande in Washington Erasmus genoop het om dié strategie ter elfder uur saam te stel.

Met Faf de Klerk wat blyk om die Bokke se voorkeur-skrumskakel te wees, sal dit nie sin maak om ’n wedstrydplan rondom hangskoppe te bou nie. De Klerk se sterkpunt is vinnige, hardlooprugby. Nié skoprugby nie.

Nóg ’n vraag: Wie van die Bokke wat teen Wallis gespeel het, gaan Saterdag teen Engeland uitdraf?

Die Bokke wat hul reputasies ’n hupstoot gegee het in die Amerikaanse hoofstad was grotendeels André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Warrick Gelant, Pieter-Steph du Toit, Steven Kitshoff, Thomas du Toit en tot ’n mindere mate Chiliboy Ralepelle, Marvin Orie en Jason Jenkins.

Die spelers wat Erasmus in Suid-Afrika agtergelaat het, gaan waarskynlik die beginspan teen Engeland op Ellispark vorm.

Maar ’n les wat Erasmus straks geleer het, is dat spelers tyd nodig het om as kombinasies te kliek.

Erasmus kan dus oorweeg om Esterhuizen saam met sy Haaie-sentermaat, Lukhanyo Am, in die middelveld te kies. Dis egter meer waarskynlik dat Frans Steyn of selfs Damian de Allende Am se sentermaat gaan wees.

Wat haker betref – Bismarck du Plessis het Saterdagaand, saam met Steyn, in die eindstryd van die Franse Top14-liga gespeel en sluit hom Maandag by die Bokke aan.

Gaan hy, of Bongi Mbonambi, wat in Suid-Afrika agtergebly het, Saterdag begin, of gaan Erasmus Ralepelle nog ’n kans gee?

Gaan Pieter-Steph du Toit op die bank sit terwyl RG Snyman en Franco Mostert saam op slot sak? Hoe gemaak met die keuse tussen Kitshoff en Beast Mtawarira?

Ja, Bok-ondersteuners sal gewis baie vrae hê. Tog sal Erasmus, ’n meester-strateeg, waarskynlik min in Saterdag se uitslag lees.

Erasmus het waarskynlik lank reeds besluit wat hy Saterdag op Ellispark gaan doen – wat spankeuses én ’n wedstrydplan betref. Vir hom sal die vrae minder wees. Of altans – só sal moeë (in elke sin van die woord) Bok-ondersteuners hoop.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.