Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - ‘Blasers moet fokus op beslissings’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

‘Blasers moet fokus op beslissings’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 23054
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: ‘Blasers moet fokus op beslissings’
    Posted: 13-Mar-2018 at 1:33pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/blasers-moet-fokus-op-beslissings-20180313

Die voormalige Suid-Afrikaanse toetsskeidsregter Jonathan Kaplan meen blasers moet ophou probeer vriendelik wees met albei spanne en daarop fokus om die korrekte beslissings te neem.

Rugby365.com berig Kaplan verwys na Jaco Peyper se vertoning in die Haaie se kragmeting teen die Waratahs in die derde ronde van die Superrugbyreeks.

“Een van die dinge wat my bekommer, is wanneer spanne drie keer in die gevaarsone oortree en ’n speler slegs gewaarsku word.

“Waarom is die onus op die aanvallende span om nog ’n geleentheid te skep as jy (die skeidsregter) die teenstanders reeds gewaarsku het. Dit maak nie sin nie, daar moet ’n geelkaart gewys word om sulke gedrag af te skrik.

“Vergeet van 14 teen 15, hou op om daaroor bekommerd te wees. En hou op om te probeer vriendelik wees met albei spanne – kry jou beslissing reg en maak seker hulle verneuk nie,” sê Kaplan.

Die veiligheid van spelers is deesdae ’n prioriteit vir Wêreldrugby – veral by die losgemaal – maar Kaplan meen baie topskeidsregters polisieer daardie gebied steeds nie doeltreffend nie.

“Daar word groot klem gelê op spelerveiligheid. Ons stem saam dat die spelers beskerm moet word, maar ons wil nie die spel sag maak nie. Dit moet konsekwent toegepas word,” sê Kaplan.

“As Wêreldrugby aan skeidsregters ’n mandaat gee om spelers met ’n geelkaart te straf wat byvoorbeeld met slegs hul skouers met teenstanders by losgemale kontak maak, doen dit dan.

“Maar as dit slegs 98% van die tyd gestraf word, gaan die spelers daarmee aanhou.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.059 seconds.