Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - ‘Blaaskans het Leeus goed gedoen’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

‘Blaaskans het Leeus goed gedoen’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 24365
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: ‘Blaaskans het Leeus goed gedoen’
    Posted: 11-Oct-2018 at 6:09am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/blaaskans-het-leeus-goed-gedoen-20181010

Die ruskans van twee weke wat die Leeus gehad het nadat hulle hul laaste twee Curriebeker-rugbywedstryde verloor het, was ’n bedekte seën.

Só glo Nic Groom, wat die voorslag-skrumskakel sal wees vir die Rooibontes in Vrydagaand se deurslaggewende kragmeting met die Pumas in Mbombela.

Die Leeus bevind hulle nou in ’n oorlewingstryd om vir die halfeindronde te kwalifiseer nadat hulle in hul vorige twee wedstryde vasgeval het teen die twee voorste spanne op die punteleer – die Westelike Provinsie en die Haaie.

Hulle moet Vrydagaand in die Laeveld seëvier om tussen die voorste vier spanne te eindig.

Groom, wat skrumskakel sal speel met die Springbok Ross Cronjé wat ’n skoueroperasie ondergaan het en nie weer vanjaar in aksie sal wees nie, sê daar is die laaste tyd hard agter die skerms gewerk.

“Ons het ook heelwat goeie onderlinge gesprekke gehad.

“Ons het tot die besef gekom dat in die twee wedstryde wat ons verloor het, het ons die klein oomblikke verloor wat deurslaggewend was.

“Ons moet baie meer fisiek wees en nie terugstaan vir teenstanders nie. Die WP het ons op Ellispark geboelie en die Pumas is ook die soort span wat jou sal boelie en fisiek oorheers as jy hom gaan toelaat.

“Daarom gaan dit nodig wees dat ons spiere bult en nie ’n duim terugstaan vir die Pumas nie,” sê Groom.

“Ons sal beslis ’n desperate span wees, want ons weet wat daar op die spel is. Dit is óf alles óf niks in dié wedstryd,” sê hy.

Die voorryman Jacobie Adriaanse stem saam en sê die Leeus smeer hulle vet dat die Pumas hulle alles sal gee en met groot intensiteit gaan inklim.

“Tog glo ek ons kan nog na ’n ekstra rat of twee oorskakel. As professionele spelers weet ons wat van ons verwag word.

“Ons het die laaste paar dae baie hard gewerk om ons foute uit te stryk. Gelukkig is hier by die Leeus nie so iets soos ’n senior en junior kultuur nie. Almal word oor dieselfde kam geskeer.

“As jy iemand is wat glo jy weet alles en dat jy nie iets geleer kan word nie, sal jy nie by die Leeus inpas nie,” sê Adriaanse.

Die Leeus vertrek Donderdag ná hul kapteinsoefening in Johannesburg na Mbombela.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.055 seconds.