Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Club Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Barritt 3 weke geskors vir duikslag
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Force in Perth on Saturday 29 April 2017, kickoff 13:55 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Barritt 3 weke geskors vir duikslag

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 12091
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Barritt 3 weke geskors vir duikslag
    Posted: 12-Jan-2017 at 5:59am
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/brad-barrit-3-weke-geskors-vir-duikslag-20170111

Brad Barritt, Saracens se kaptein, is vir drie weke geskors vir sy aandeel in ’n dubbele duikslag wat ’n speler met harsingskudding gelaat het.

Die stut Richard Barrington, wat in die wedstryd met ’n rooikaart vir die duikslag gestraf is, is kwytgeskeld en mag onmiddellik weer vir Saracens speel.

Barrington is afgestuur omdat hy Geoff Parling, Exeter-slot, met die skouer geloop het. Barritt, wat Parling met sy arm in die gesig getref het, is nie tydens die wedstryd gestraf nie.

Barritt, wat op Twitter om verskoning gevra het, is deur die Engelse Rugbyunie (RFU) ná die wedstryd vir sy aandeel in die duikslag uitgewys.

Wêreldrugby se nuwe wetgewing aangaande duikslae het op 3 Januarie in werking getree, en skeidsregters is beveel om streng teen enige gevaarlike duikslae op te tree.

’n Verklaring deur die RFU se tugkomitee het die besluit verduidelik: “Ná deeglike ontleding het die komitee bevind dat Barrington nie homself aan vuilspel skuldig gemaak het nie.

“Die voorval het gespruit uit die feit dat Parling bewusteloos was. Dit sou andersins ’n wettige kontak deur Barrington gewees het.

“Barritt se straf is van ses weke na drie weke verminder omdat hy skuldig gepleit het.”

Mark McCall, Saracens se direkteur van rugby, sê die klub het besluit om Barrington se rooikaart te betwis, omdat die voorval ’n ongeluk was.

“Volgens my was dit nie Barrington se skuld nie. Dit was ’n ongeluk, maar toe sy skouer Parling se kop getref het, het ek geweet daar sal moeilikheid wees,” sê McCall.

“Hy was net ongelukkig, want sy werk is om die bal in so ’n situasie te teiken. Parling se kop het ongelukkig na die kant en afwaarts beweeg, waar die bal sou gewees het. Dit het alles in 0.18 sekonde gebeur.”

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.