Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Ashwin, Nick, Naas hoor Maandag hul lot
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Ashwin, Nick, Naas hoor Maandag hul lot

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Ashwin, Nick, Naas hoor Maandag hul lot
    Posted: 07-Jun-2018 at 2:59pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/ashwin-nick-naas-hoor-maandag-hul-lot-20180607

Ashwin Willemse, Nick Mallett en Naas Botha se lot as rugbyontleders by SuperSport sal Maandag bekend wees.

Dié uitsaaier het bevestig dat die onafhanklike senior advokaat Vincent Maleka dan sy aanbevelings sal maak ná ’n omvattende ondersoek die afgelope twee weke.

Dié drie oud-Bokke is van die lug gehaal nadat Willemse in ’n regstreekse uitsending vir Mallett en Botha van ’n “neerbuigende” houding teenoor hom beskuldig het.

Willemse het ook na Mallett en Botha verwys as spelers wat in die apartheidsera gespeel het en genoem dat hy hard moes werk om sy “kwota-etiket” af te skud. Hy het hierna uit die ateljee gestap.

Die voorval het ’n storm op sosiale media ontketen met verskeie ongegronde bewerings van rassisme wat teen Mallett en Botha gemaak is.

Gideon Khobane, uitvoerende hoof van Supersport, het egter kort ná die herrie gesê daar was geen rassisme betrokke nie.

Nietemin is al drie mans van die lug gehaal hangende die ondersoek, met Victor Matfield, Xola Ntshinga en Breyton Paulse wat in hul plek die laaste paar Superrugby-wedstryde diens gedoen het.

Aanvanklike samesprekings met Willemse, Mallett en Botha het skynbaar ’n dooiepunt bereik, waarna Maleka gevra is om die saak te ondersoek.

Willemse het sover in sy enigste amptelike kommentaar sedert die voorval na die kwessies wat ter sprake is, as “kompleks” verwys.

Bronne het bevestig die verhouding tussen Mallett en Willemse was krapperig en dat Willemse gereeld versuim het om vir werksverpligtinge op te daag, of laat gekom het.

Clinton van der Berg, SuperSport se woordvoerder, het aan Netwerk24 bevestig dat die ondersoek steeds voortgaan en dat daar nie kommentaar gelewer word tot tyd en wyl die bevindings ter tafel gelê is nie.

Hy het wel bevestig dat Willemse-hulle nie in die SuperSport-ateljee sal wees vir Saterdag se eerste toets tussen Suid-Afrika en Engeland op Ellispark nie.

Die oud-Bokke Jean de Villiers, Joel Stransky, Victor Matfield, Kobus Wiese en Owen Nkumane, asook die Engelse spelers Jeremy Guscott en Stuart Barnes sal by dié uitsending betrokke wees.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jun-2018 at 3:00pm
>>>Bronne het bevestig die verhouding tussen Mallett en Willemse was krapperig en dat Willemse gereeld versuim het om vir werksverpligtinge op te daag, of laat gekom het.

Rerig?
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1102
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jun-2018 at 4:42pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>>Bronne het bevestig die verhouding tussen Mallett en Willemse was krapperig en dat Willemse gereeld versuim het om vir werksverpligtinge op te daag, of laat gekom het.

Rerig?
Dit was nogals kwaai op sosiale media. Daar was ook gerugte dat Ashwin nie eers die betrokke wedstryd heeltemal gekyk het nie, en dat die rede vir sy optrede was dat hy sy gat gewip het oor Nick en Naas hom op die spot gesit het deur te se hy moet sy opinie gee, terwyl hy nie eers die game gevolg het nie.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1102
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jun-2018 at 4:44pm
Daar is ander goed ook genoem, soos die R61 miljoen rand wat hy in n shady myn deal met veroordeelde ex- gangster, Gayton Mckenzie gekry het.
Back to Top
monster View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 179
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Jun-2018 at 7:23am
Weet iemand wat word nou van die saak ... dog uitslag sou Maandag gegee gewees het
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Jun-2018 at 8:40am
Hulle het dit blykbaar weer uitgestel
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.069 seconds.