Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Springbokke
  New Posts New Posts RSS Feed - 'Allister het my ’n Bok-loopbaan gekos'
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

'Allister het my ’n Bok-loopbaan gekos'

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24398
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: 'Allister het my ’n Bok-loopbaan gekos'
    Posted: 14-May-2018 at 1:26pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/allister-het-my-n-bok-loopbaan-gekos-se-blommetjies-20180514

Clayton Blommetjies is van mening Allister Coetzee, vorige Springbokafrigter, se voorkeur vir sy “gunstelingspelers” het hom daarvan weerhou om die Springbokke te verteenwoordig.

Hy het ook aan WalesOnline gesê dat hy nou slegs daarvan droom om Wallis, soos sy held Shane Williams, op toetsvlak te verteenwoordig. Die heelagter het ’n kontrak met die Llanelli Scarlets in Wallis gesluit.

Blommetjies, wat die Cheetahs nog in vanjaar se Pro14 verteenwoordig het, kom in Wallis aan voordat Wêreldrugby se verblyfreël van drie jaar tot vyf jaar verleng word.

“Alles wat ek by die Scarlets gaan doen, is daarop toegespits om my in ’n internasionale speler vir Wallis te omskep.”

Volgens Blommetjies het Coetzee se “onregverdige behandeling” van hom hom ’n loopbaan by die Springbokke gekos.

“Ek dink nie meer daaraan om die Groen-en-goud te dra nie omdat ek nooit die geleentheid gehad het om dit te doen nie,” sê Blommetjies.

“Ek het verlede jaar in Superrugby die beste rugby van my loopbaan gespeel en die afrigter Franco Smith het vir my gesê ek is goed genoeg om ’n Springbok te word aan die einde van die jaar.

“Maar Allister het spelers bo my gekies, nie oor hoe hulle deur die jaar gespeel het nie, maar omdat hulle sy gunstelinge was. Spelers soos Elton Jantjies is gekies omdat hy hulle geken het.”

Volgens Blommetjies het hy hierna sy aptyt vir die Springbokke verloor.

Alles wat ek by die Scarlets gaan doen, is daarop toegespits om my in ’n internasionale speler vir Wallis te omskep

“Hierna het ek gedink ek gaan nie meer vir die Groen-en-goud baklei nie. Ek wou oorsee gaan en toe my agent my van Scarlets se aanbod verwittig, het ek dadelik ja gesê.”

Volgens Blommetjies is Scarlets se ambisie ook een wat hom tot die klub aangetrek het.

“Ek wil bekers wen en ek dink ons kan dit by die Scarlets regkry. Ek het ’n bietjie spoed, maar ek is lief daarvoor om vir die spelers om my geleenthede te skep.”
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 787
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-May-2018 at 1:30pm
Cry me a river. Hy het dalk `n goeie seisoen gehad maar was defnitief nie `n outomatiese "Springbok" nie.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24398
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-May-2018 at 1:37pm
Ja-nee nou het ek al alles gehoor...
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3302
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-May-2018 at 1:47pm
Laat mens dink aan Earl Rose..

Wat n poepol. Hy was en sal nooit goed genoeg wees om internasionale rugby te speel nie. Nie eers vir Wallis nie
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 1860
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-May-2018 at 1:51pm
Nee jis hy us nie eens naby aan bok gehalte,en Jantjies se naam te noem,Jantjies is nie eens n heelagter of vleuel!
Once a Lion always a lion
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1512
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-May-2018 at 2:08pm
Rerig? Hel daar is spelers soos Jaco Kriel wat regtig kan kla, maar Blommetjies? As jy die beste rugy van jou lewe speel is dit nogsteeds nie te se dat jy die beste in die land is nie.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1077
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-May-2018 at 2:18pm
Bwahhahahahahahaha! LOLClown
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-May-2018 at 3:12pm
Bhawhahaahaaa, jissie die ou het nou my dag gemaak. And they walk amongst us...
Back to Top
emiel View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Status: Offline
Points: 377
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-May-2018 at 5:06pm
A "has been" that "never was"
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1512
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-May-2018 at 1:50pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

“Alles wat ek by die Scarlets gaan doen, is daarop toegespits om my in ’n internasionale speler vir Wallis te omskep.”
Iemand moet hom dalk ook net inlig dat Wallis nie 'n kwota sisteem het nie, so sy kanse is nie so goed soos hy dink nie....
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1077
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-May-2018 at 2:06pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

“Alles wat ek by die Scarlets gaan doen, is daarop toegespits om my in ’n internasionale speler vir Wallis te omskep.”
Iemand moet hom dalk ook net inlig dat Wallis nie 'n kwota sisteem het nie, so sy kanse is nie so goed soos hy dink nie....
LOL Ja nee, verseker. Dit gaan dalk n rude awakening wees......
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 381
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-May-2018 at 3:06pm
Ja ek stem dan het Allister ons almal seker ontneem van 'n plek in die springbok spanLOLLOL
Back to Top
Red_Machine View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu
Avatar

Joined: 14-Mar-2018
Location: Vanderbijlpark
Status: Offline
Points: 99
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Red_Machine Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-May-2018 at 1:42pm
Because his Cheetah coach and maybe his mommy told him he was good enough to he a bok now all of a sudden there is some big conspiracy... What an a$$hole.

Who was AC going to drop for him? Coetzee was the best S.A. fullback in SR last year. Elton was the best flyhalf in SR last year. Maybe a clown like Rhule could've been dropped.

But to be honest I've never heard anyone (experts, journalists, people around a braai) talk about Blommitjies as a potential bok.

So go dry your eyes princess and try your luck in Wales, I'm confident you won't make it there either
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.055 seconds.