Forum Home Forum Home > General Rugby > World Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - All Blacks dalk by opkikkers betrek
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares at Ellis Park on Saturday 24 February 2018, kickoff 15:05 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

All Blacks dalk by opkikkers betrek

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 18156
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: All Blacks dalk by opkikkers betrek
    Posted: 15-Jan-2018 at 12:01pm
Van Netwer24:

Daar gaan nog Nieu-Seelandse rugbyspelers geskors word weens die gebruik van verbode middels, sê die Kiwi-rugbybaas Neil Sorensen.

Netwerk24 Sport het verlede week berig vier Nieu-Seelandse rugbyspelers is weens die gebruik van verbode middels geskors.

Maar rugby365.com berig daardie vier skorsings is net die begin van Kiwi-rugby se opkikkerskandaal.

“Ons is ingelig meer spelers gaan geskors word,” het Sorensen aan die Nieu-Seelandse radiostasie Newstalk ZB gesê.

“Dit is ’n reuseteleurstelling. Ons het geweet dit kom nadat Drug Free Sport ons ’n geruime tyd terug al daarvan ingelig het.”

Drug Free Sport Nieu-Seeland is ’n groep wat die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport (Wada) se maatreëls afdwing.

Sorensen sê hy is nie seker watter spelers deur die skorsings geraak gaan word nie.

“Maar ek kan nie met oortuiging sê dat ons nie hier oor Superrugbyspelers, All Blacks of Black Ferns praat nie.

“Ons bekommernis is die 155 000 plus klubspelers wat nie vir elitespanne speel nie wat hierdie goed kan koop nadat hulle deur hul vriende vertel is dit kan hulle maerder, fikser en vinniger maak.”

Sorensen is bekommerd daaroor dat die nodige opvoeding rakende die gevare van verbode middels dalk nie die spelers bereik nie, veral op klubvlak.

“Ek wil glo iemand sal nie ’n goeie loopbaan weggooi ter wille van ’n bietjie gewigsverlies of ’n bietjie meer krag nie. Na aanleiding van wat met hierdie ondersoek gebeur het, sal ons dit (opvoeding) ongelooflik omvattend moet maak.”

Zoe Berry, wat een toets vir die Black Ferns (Nieu-Seeland se vrouerugbyspan) teen Engeland in 2012 gespeel het, en die Nieu-Seeland-o.20- en All Black-sewesspeler Glen Robertson is albei vir vier jaar geskors.

Twee ander klubrugbyspelers het skorsings van onderskeidelik twee jaar en 21 maande ontvang.

Rhys Pedersen, Berry en Robertson is geskors vir die besit – en in sommige gevalle die gebruik of die poging om te gebruik – van die stimulant klenbuterol.

Ben Qauqau-Dodds is aangekla van die besit en die gebruik of die poging om te gebruik van die anaboliese steroïede metandienoon.

Klenbuterol en metandienoon word albei deur Nieu-Seeland se sportbeheerliggame verbied.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.