Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Alexander het plan vir ‘klein’ unies
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Pumas in Nelspruit on Friday 12 October 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Alexander het plan vir ‘klein’ unies

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24112
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Alexander het plan vir ‘klein’ unies
    Posted: 06-Apr-2018 at 5:39am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/alexander-het-plan-vir-klein-unies-20180404

Die dae van die stert wat die hond swaai is verby, maar die welstand van Suid-Afrika se kleiner unies sal wel voor op Mark Alexander se agenda wees indien hy Vrydag as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se president herverkies word.

Alexander en die Luiperds Rugbyunie se president, André May, is in die wedloop om die hoogste pos. In rugbykringe word verwag dat Alexander sal wen.

Alexander het Woensdag in ’n omvattende onderhoud met Netwerk24 gesê die volhoubaarheid van klein unies, die Springbokke se vertonings, die behoud van Suid-Afrika se topspelers en toeskouers se ervaring in stadions vanjaar voor op sy agenda is.

Saru het die afgelope twee jaar die klein unies gedwing om hul gordels finansieel stywer te trek. Die uitsaaigelde wat aan hulle oorbetaal word is verlede jaar met R3 miljoen gesny en vanjaar met ’n verdere R2 miljoen.

“Ons was in ’n posisie waar ons goeie rugbybesluite moes neem. Die franchise-unies is die ganse wat die goue eiers lê. Hulle bring die geld in, so word daarvolgens beloon in terme van inkomste uit uitsaaigelde,” sê Alexander.

Ons was in ’n posisie waar ons goeie rugbybesluite moes neem. Die franchise-unies is die ganse wat die goue eiers lê. Hulle bring die geld in.

Om te verhoed dat die ses toekomstige nie-franchise-unies – die Boland, die Grens, SWD, die Valke, die Luiperds en die Griffons – op hul knieë gedwing word, sal Alexander wil sien dat hulle gedeelde belange deur Saru hanteer word.

“Ons kan ’n truiborg bekom en vir die borg weekliks van 160 minute se lugtyd op TV verseker. Ons kan ook ’n gedeelde en gesentraliseerde diens hê in terme van ’n enkele bestuurder van menslike hulpbronne, ’n finansiële bestuurder, ouditeurs en werwing,” sê hy.

Alexander wil ook sien dat ’n “produksiefooi” deur groot unies betaal word indien hulle kleiner unies se spelers kontrakteer.

Volgens Alexander word daar saam met myplayers, die liggaam wat die belange van Suid-Afrika se beroepspelers verteenwoordig, aan ’n kontrakteringsmodel gewerk wat vir semi-beroepspelers voorsiening maak. Dit behoort die getal beroepspelers in Suid-Afrika te verminder en ook finansiële druk op unies te verlig.

“Die nuwe kontrakteringsmodel sal voorsiening maak vir beroepspelers, semi-beroepspelers en spelers wat slegs vir wedstrydfooie speel. Dis onmoontlik om 750 beroepspelers in ons stelsel te onderhou,” sê Alexander.

Saru gaan ook nou met een van sy groot borge werk om te sorg dat top-Springbokke by maatskappye geplaas kan word om ’n aanvullende inkomste te verdien. Daarmee saam sal hulle ’n geleentheid op ’n beroep ná rugby kry. Daar word gehoop dat dié stap sal help om die uittog van Suid-Afrika se voorste spelers na oorsee te stuit.

Alexander het bevestig dat die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, daaraan werk om topspelers van oorsee af terug te lok Suid-Afrika toe.

“Die werk wat Rassie doen en planne wat hy aan ons voorgelê het, is fantasties,” sê Alexander.

Hy meen Saru het ’n uitstekende sakebesluit geneem om ’n uitnodiging te aanvaar om sowat R37 miljoen te betaal vir die Cheetahs en Southern Kings om aan die Pro14-reeks deel te neem.

“Ons sal van 2020 af volwaardige lede van die Pro14-liga wees en in uitsaaigeld deel,” sê hy.

Die Pumas en Griekwas gaan na verwagting later vanjaar in die Anglo Welsh-toernooi speel, maar daar is ook sprake dat hulle by die Pro14-reeks ingelyf kan word.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.