LionsWorld Forum : Bul van ’n pak
    <![CDATA[Author: valie
Subject: 7585
Posted: 03-Mar-2019 at 4:39pm
 Transvaal wrote:
Ja kyk, die Bulle het gister gewys watter wedstrydplan om teen ons te speel. Ek dink eerlikwaar ons kan dit counter, die manne het net hopeloos te veel foute gemaak, die strafskoppe en aanslane maak ons dood. Ek weet nie waar gaan mens nou 'n yster slot uitgrou nie, die goed is skaars. Ons kon seker doen met iemand soos JP du Preez wat ons laat gaan het. Ek sien hy het 'n 3 jaar kontrak met die Cheetahs geteken so hulle sien sy waarde.
dit was dieselfde probleme wat ons teen die Stormers ook gekelder het. Ons domineer nie die collisions en voordeellyn nie. Gister het ons dit vir 20 minute  in die 2de helfte gedoen, toe druk ons 2 driee. Dis ook hoekom ons agterlyn nie voorvoet bal kry nie. Ons het ook niemand wat af en toe net op die angle hardloop nie. Lyk of ons probeer met ons ligter spelers bo oor hulle swaarder spelers hardloop. Ons ball carriers het ook heeltyd van 9 af gespeel, en nooit van 10 af, of in die buite senter kanaal nie. Jaco Kriel, Sous en Ruan Ackerman het gereeld aan die buitekant van Mapoe die bal gekry en daar oor die voordeellyn gekom, waarvan ons weer vinng kon speel op die voorvoet. Dit gebeur nooit meer nie.]]>
    <![CDATA[Author: Transvaal
Subject: 7585
Posted: 03-Mar-2019 at 11:40am
    <![CDATA[Author: Goue Leeu
Subject: 7585
Posted: 03-Mar-2019 at 11:36am
Hulle het baie direk gespeel en ons ligte pak kon nie die "collisions" wen nie. Ons kort balans in ons lostrio en sal iewers ten minste een aggressiewe, yster slot moet uitgrawe. Spanne sal nou aanhou om 'n vaste, direkte benadering teen ons te volg.]]>
    <![CDATA[Author: Transvaal
Subject: 7585
Posted: 03-Mar-2019 at 11:20am
>>>Twee drieë is gedruk in ’n poging om die groot rustyd-agterstand van 17-0 in te haal.
Rustyd telling was 14-0
    <![CDATA[Author: Transvaal
Subject: 7585
Posted: 03-Mar-2019 at 11:15am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bul-van-n-pak-20190302
’n Ligte, beweeglike pak voorspelers is wonderlik wanneer jy die bal het en die speltempo wil versnel. Wanneer jy nié die bal het nie en voorspelers so groot soos stootskrapers storm sonder ophou op jou af . . . Wel dan gebeur met jou wat gister op Ellispark met die Leeus gebeur het.
Die Bulle se makro-pak het die Leeus in ’n knyptang vergruis. Hulle was die handearbeiders wat die grondslag van hul Superrugby-oorwinning van 30-12 gelê het.
Handré Pollard, die Bulle se kaptein, generaal en losskakel, was die argitek en het die afronding met sy skopstewel gedoen.
In die tweede helfte het die Leeus hul weg verbete probeer terugveg om hul trotse tuisrekord teen Suid-Afrikaanse teenstanders te beskerm. Twee drieë is gedruk in ’n poging om die groot rustyd-agterstand van 17-0 in te haal.
Die skade wat die Bulle in die eerste helfte aangerig het, was egter genoeg om die Leeus hul eerste tuisnederlaag teen ’n Suid-Afrikaanse span in 15 wedstryde te besorg.
Die Bulle word sodoende die eerste SA span sedert die Stormers in Februarie 2015 wat die Leeus op Ellispark klop. En dít het hulle gedoen deur takties die korrekte wedstrydplan op te stel en dit meerendeels klinies uit te voer.
Van die begin af het die Pretoriase span hul groot voorspelers gebruik om die Leeus se beweeglike pak sat te maak met optel-en-dryf-bewegings en kort aangeë na enorme voorspelers wat langs die losgemale afgestorm kom. Só het hulle veld gewen en die Leeus strykdeur op die agtervoet gehad.
Dit was die eerste fase van die plan. Die tweede fase was die wyse waarop hulle punte wou aanteken – óf deur die bal ná ’n paar blitsfases wyd te stuur, óf om strafskoppe af te dwing.
Laasgenoemde het meer gereeld plaasgevind. Die Bulle het elke geleentheid om pale toe te skop, aangegryp. En Pollard mis selde.
Die rede waarom die Bulle se plan om die bal vinnig wyd te stuur ná harde voorspelerwerk nie soveel dividende gelewer het nie, is gewoon omdat die Leeus se skarrelverdediging puik was. Die ywer was daar. Die hart was daar. Die spierkrag egter nie.
Die Bulle het ook so lank as moontlik aan die bal probeer vashou en dít het hulle veral in die eerste helfte met onderskeiding reggekry. Die denkrigting is eenvoudig, iets wat kannetjies al in gr. 1 geleer word – sonder die bal kan jy nie drieë druk nie.
En dít is wat die Leeus wou doen. Hulle wou drieë druk. Toe werk dit nie só uit nie en liewer as om drieë te druk, is hulle gevra om te têkkel, têkkel, têkkel.
Vir die Bulle was Pollard puik, meesterlik selfs, maar die voorspelers verdien die krediet vir dié sege.
Die al-hoe-gryser-wordende haker Schalk Brits het gespeel met die energie van ’n man 15 jaar sy junior. Hy was die beste haker op die veld. Brits was op sy rype 37 jaar propvol energie en het ’n reuse- bydrae gelewer tot die Bulle se oorheersing voorlangs.
Malcolm Marx het in sy eerste wedstryd as kaptein nie so ’n suksesvolle dag op kantoor beleef nie. Hy het weer inklimspel gelewer, maar ook ’n slag sleg ingegooi by die lynstaan en by die afbreekpunte minder invloed uitgeoefen.
Buiten vir die nederlaag is die Ellispark-toeskouers ook al vroeër in die dag teleurgestel toe die Leeus nie in hul Spiderman-pakkies op die veld gedraf het nie, omdat die kleurskemas van die twee spanne gebots het en verwarring kon veroorsaak.