Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - 12 SA spanne oorsee
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in a Super Rugby Quarter-Final at Ellis Park on Saturday 22 July 2017, kickoff 14:30 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

12 SA spanne oorsee

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14697
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: 12 SA spanne oorsee
    Posted: 17-Jul-2017 at 2:00pm
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/12-sa-spanne-oorsee-20170715

Tot 12 plaaslike spanne kan in 2018 aan oorsese kompetisies deelneem as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sy sin kry: vier in Superrugby, ses in die Noordelike Halfrond en twee in die VSA.

Saru het dié ingrypende veranderinge aan sy rugbylandskap in ’n voorlegging op 7 Julie in Kaapstad aan die land se 14 unies bekend gemaak.

Die ses spanne in die Noordelike Halfrond sluit in die Cheetahs en Southern Kings se Pro14-deelname.

Saru onderhandel ook met die Engelse Premierliga oor die deelname van nog vier Suid-Afrikaanse spanne aan die Anglo-Welsh-bekertoernooi.

Saru kon nie in die Kaap aan sy lede sê of dit twee of vier spanne sal wees nie.

Die Griekwas en die Pumas kan onder hulle tel. Die Walliese en Engelse Premierliga-spanne gebruik die Anglo-Welsh-bekertoernooi om hul opkomende talent blootstelling te gee. Dit is nie so straf soos die Pro14 nie.

Onderhandelinge om twee Suid-Afrikaanse spanne in ’n Amerikaanse reeks te laat speel, vind ook agter die skerms plaas. Dis onseker watter plaaslike spanne dit sal wees.

Amptelike bevestiging van die Cheetahs en die Kings se deelname aan vanjaar se vergrote Pro14-reeks teen Ierland, Wallis, Skotland en Italië se voorste klubspanne word volgens die jongste inligting so vroeg as Dinsdag verwag.

Só ’n aankondiging sal beteken dat Suid-Afrikaners soos CJ Stander, Jaco Taute (albei Munster), Marnitz Boshoff (Connacht), Marcell Coetzee (Ulster), WP Nel (Edinburgh), Oli Kebble (Glasgow Warriors), Sarel Pretorius (Newport Gwent Dragons), Derick Minnie (Zebre) en Richardt Strauss (Leinster) van September vanjaar af meer gereeld op plaaslike bodem sal speel.

Die Cheetahs en Kings sal weens verpligtinge teenoor hul losiehouers, seisoenkaartjiehouers en borge Pro14-tuiswedstryde aanbied.

Deur die oorsese markte te betree, sal Saru sy inkomstestrome vergroot in ’n tyd van finansiële druk. Die onttrekking van Absa as hoofborg, én een of twee 
ander borge, het einde 2015 ’n gat van R130 miljoen in Saru se sak gelos.

Saru het reeds op verskeie gebiede begin terugsny weens die geldknyp. Onder meer het hy besluit om nie meer sy jaarlikse interprovinsiale sewes- en amateurtoernooie aan te bied nie.

Selfs die Bokke moes dit ontgeld. Vir die tweede toets teen Frank­ryk in Durban het hulle nie soos gebruiklik in die luukse Beverly Hills-hotel in Umhlanga gebly nie, maar in ’n hotel naby die Gateway-winkelsentrum.

MTN se borgskap, asook die nuwe oorsese inkomstestrome, kan Saru weer in ’n gesonde finansiële posisie plaas.

Saru beplan om op 2 Augustus terugvoer aan sy lede te gee oor die oorsese reekse.

  • Met aanstaande jaar se Curriebeker-reeks wat in Augustus ’n wenner sal kry, sal die oorsese deelname van SA spanne nie veel van ’n invloed op dié kompetisie hê nie.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 1927
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Jul-2017 at 2:30pm
Sjo, dit klink vir my of hulle nou darem TE oorgretig raak met hierdie hele storie! Die hele idee van die kings en fs uit super rugby skop was om ons spelers en hulbronne onder minder spanne te deel.. Maar nou wil hulle spanne die hele wereld vol laat speel? 
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 769
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Jul-2017 at 3:24pm
A bit much. Either drop SANZAAR completely, or let the Kings and Cheetahs find their feet first.
Back to Top
valie View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 566
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Jul-2017 at 4:02pm
Ek dink dis n briljante move. Dink net hoe nice sal n game tussen n Walliese span en Griekwas wees om te kyk, veral indien griekwas hulle tuisgames in Kimberley speel. Dink net wat se blootstelling en finansiele inspuiting ons kleiner unies hieruit kan kry. Dit kan ook verhoed dat so baie spelers die land verlaat, aangesien ons daar van ons plaaslike spanne in die engelse en europese kompetisies gaan speel.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.085 seconds.