| |
Ettas se gedagtes uit die Leeukamp
29 April 2008
Ek soen eerder my sussie as wat ek verloor...
Nou kan ek regtig niks meer sê nie. Ons het dit gehad maar weg gem@#r soos ‘n ou lappop.
Ek vat eerder ‘n draw as ‘n verloor, en ek dink regtig ons moes geskiedenis gemaak het deur die 1ste Leeu of Cats span te wees wat in Canberra wen.
Net soos ek gesê het, toe ons drieë begin druk, toe kry die span baie meer selfvertroue en gee dit die ouens hope meer energie vir die tweede helfte. Ons het ongelukkig foute gemaak wat ons defnitief die wedstryd gekos het, maar dis goed wat maklik reggemaak kan word. Die belangrikste was terug die wedstryd...’n skerpheid en killer instink om drieë te druk. Die backs was merkwaardig beter en ‘n pluimpie kom hulle toe van die forwards se kant af. Ek dink die week teen die Hurricanes skuld die pak hulle, en moet ons klinies 100% wees en die game een maak van vaste fasette. Ek dink die “Canes” is vatbaar hier en dit sal ons verantwoordelikheid wees om die game tight te hou.
Maar so leer die span, en as daar een ding is wat ek hoop sekere individue uit die game vat, is dat jy moet stick by die basics van die game as die druk opkom. Skop die bal wanner jy moet, hantering foute is ononderhandelbaar(wees professioneel) en neem trots in jou Tackles!!
Ns. Op http://www.lionsrugby.co.za is daar ook updates van ons toer as julle daar wil lees...
Leeu groete
Ethienne ”Ettas” Reynecke
23 April 2008
Ons kort driee...
Hallo almal
Wat kan ek die week sê?? Ek voel soos ‘n pateet om week in en week uit te babbel en verskonings te maak. Dit raak moeilik om hierdie te skryf. Ek weet julle soek antwoorde, nie verskonings nie.
Ek gaan nou bietjie uit my hart uit praat, en ek gee nie eintlik nou meer om wie lees hierdie nie. Dis tyd om bietjie eerlik te raak.
In die eerste plek moet ek net sê hierdie gaan baie bevooroordeeld klink. Vat maar wat jul wil uit dit uit en behou die goeie...
Week in en week uit produseer die voorspelers van die Lions die goods. Ons match elke pak as ons hul nie intendeel oordonder nie. Dis hoekom ons elke week voor is of sterk in die run is halftyd. Ongelukkig kan goeie defence, harde
"in your face rugby” en ‘n never-say-die houding jou net so ver bring in die
Super 14!!
Die harde waarheid is jy MOET drieë druk en ons doen dit glad nie. Die pak kan nie
alleen verantwoordelik gehou word om punte te sit op die bord nie. Menigte male is ons in ‘n goeie posisie om te score maar fin-ish ons nie!!! Die creative force lack en as jy nie punte aan teken nie, kan jy nie ‘n span se selfvetroue bo hou nie.
Crusaders sonder Carter....5-18
Force sonder Gitau.....12-29
Take from it what you will............
Ns. Op http://www.lionsrugby.co.za is daar ook updates van ons toer as julle daar wil lees...
Leeu groete
Ethienne ”Ettas” Reynecke
15 April 2008
A tale of two halves
As ek eendag ‘n boek moet skryf, sal dit my opskrif wees oor die game teen die
Crusaders.
6-3 halftyd, 31-6 aan die einde. Is die Crusaders ‘n “classy outfit”? Ja. Maar was ons ongelukkig met ‘n paar slegte calls van die ref….defnitief. Ek dink nie
Rayno se oortreding was ‘n geelkaart werd nie, en die man kort op die punte was dadelik uitgebuit deur die tuisspan in ‘n kwessie van 8 minute na halftyd.
‘n Waarheid wat ek vandag aan jul sal blootstel, is dat die skeidsregters in die super 14 altyd gunstig sal blaas aan die span wat veronderstel is om dominant te wees en te wen. Dis nie die praatjies van ‘n swak verloorder nie, dit kom duidelik uit as die
wedstryd na die tyd ge-analiseer word.
Terug na die week wat verby is: Saterdag oggend na die Highlanders wedstryd is ons 7
uur die oggend al uit die bed en besig om reg te maak vir die Saders en om die teleurstelling
van die Highlanders wedstryd reg te maak. Ons is nie gespaar vir een dag nie en het selfs
Sondag na die reis na Christchurch ‘n fiksheid sesssie gehad. Die ouens het dit in goeie gees gedoen en ons was reg vir die beste span in Super
Rugby geskiedenis.
Op ons afdag is ek, Worms(Anton v Zyl), Big Joe, Louis Ludik, Meulmuis(Jano Vermaak), Dewald Senekal en Jannie Boshoff op ‘n uitstappie na Hanmer springs. Dis in die platteland en is ‘n warm-water bron tussen die berge. Ons het oppad soontoe gou ‘n draai gemaak by ‘n plek wat jou uitvat op ‘n jetboat op die rivier wat rondjaag met twee V8 enjins agter-op….HECTIC!!! (nie baie enviromental-friendly as jy my vra).
Behalwe vir dit was die span maar rustig en baie gefokus vir die wedstryd. Ek is seker julle sal saam
met my stem dat ons die Crusaders onder baie druk gehad het, en ek hoop ons ondersteuners kon sien dat ons met mening ingeklim het en geen respek gegee het waar dit nie verdien is nie. Tussen my en julle, een van hul senior spelers het na die tyd aan my gese: ”You’re a hard bunch of buggers. Haven’t been cleaned that hard for a while.”
Ek glo nie dat hul dit verder as die semi’s sal maak sonder sekere van hul sterre nie.
Ek dink hulle coach is die secret ingredient daar en dit sal wys in die Wallabies se resultate oor die volgende paar jaar as Robbie Deans oorskuif soontoe.
Geluk aan Dewald met sy eerste begin, ek dink hy het ‘n groot fisieke teenwoordigheid gebring, en Doppies welkom terug. Dit was self flippen lekker vir my om bietjie die Grind van minuut een af te ervaar.
Off to Sydney en die Waratahs…..Wonder of hul weet hoe honger ons vir dit is…………………
Leeu groete
Ethienne ”Ettas” Reynecke
5 April 2008
Lions toer na "Down Under"
Eerstens, laat ek net namens die span om
verskoning vra vir die verloor teen die Highlanders. So naby, maar REGTIG so ver.
Ons vertrek verlede Vrydag was geoormerk deur treurende girls en vrouens wat hul
mans gaan mis...6 weke is ‘n lang tyd...maar veels te kort vir ons enkellopendes!
Ons eerste stop was in Manly, Sydney. Ons het daar oorgebly vir twee dae voor
ons oor is Dunedin toe. Dit maak die trip ‘n bietjie korter. Manly is ‘n
kusdorpie in Australie en is ‘n “awesome” plek, ek sal dit regtig aanraai vir ‘n
overseas trip.
Ons oefening het regtig goed gegaan en die ouens was regtig gefokus...almal het
geweet dat ons die een moes deurtrek. Woensdag was weer travel en Donderdag nog
een oefening op Carisbrook voor die wedstryd.
Oor die wedstryd self wil ek nie veel se nie, meestal omdat ek nie deel was
daarvan nie. Wat ek wel sal se, is dat Mnr. Dickinson weer snaakse calls gemaak
het wat ons op kritieke tye die onderspit laat delf het.
Maar een ding wil ek net al die ondersteuners belowe: Die ouens speel met trots
en het ‘n groot agting vir ons ondersteuners basis. Daar ontbreek net ‘n klein "iets"
wat ons oor die grens gaan tip na oorwinnings...hopelik is dit teen die
Crusaders. Ons is hul een op na laasjaar, ’n mens weet nooit...
Leeu groete
Ethienne ”Ettas” Reynecke
|
|