|
Vrae en Antwoorde met Manie Reyneke, CEO van die GLRU
4 Augustus 2008
1. Hoe werk dit by die Leeus in terme van spelers koop. Wie is ons scout? Is
daar nog so iets soos scouts? Wie onderhandel met die agente? Hoe werk die hele
proses? Het hulle planne om groot name so gou moontlik nader te trek? Is daar
ook iets soos 'n 'transfer window' of gaan dit net oor wanneer sy kontrak
verstryk?
ANTWOORD: Daar is ‘n Pro-Kommitee
wat amper elke Woensdag oggend om 10:00 vergader en daar word terugvoering gegee
oor die vorige wedstryd en ook oor die spankeuses en beplanning vir die volgende
wedstryd. Beserings word bespreek en dan is daar ook leemtes en alles oor die
Professionele span wat bespreek word. Dis op hierdie forum wat daar besluit word
oor watter spelers gekontrakteur moet word en watter nie. Na elke kompetisie is
daar ‘n “Wash-up”. So is daar na die Super 14 toernooi ook ‘n wash-up gehou en
daar is goeie terugvoer ontvang. Die transfer window is vanaf 1 Augustus tot en
met einde Oktober elke jaar en dit geld slegs vir spelers wat van kontrak kom.
2. Wat is die spelers se gemoedstoestand? Ons hoor gerugte
van ongelukkigheid. Waaroor is hul ongelukkig? Is daar hoegenaamd enige
kommunikasie tussen werkgewer en werknemer? Hoe werk die klas goete? Het ons 'n
voltydse sielkundige?
ANTWOORD: Ek het One-on-One’s met
meeste van die spelers in die Unie vanaf Andre Pretorius tot en met die onder
18’s wat ons sopas geteken het. Direk na die Super 14 terugkeer het ek met van
die spelers gepraat oor die afrigterspan en almal het my verseker dat daar nie
enige probleme is nie. Seker een van die grootste probleme waarmee ons sit en
hoekom spelers ongelukig raak is die feit dat hulle nie genoeg speeltyd kry nie.
Ons het ‘n voltydste sielkundige in diens gehad maar het nie gewerk soos ons
gedink het nie, nou maak ons van sielkundiges gebruik wanneer die
afrigtingspanne voel dis nodig.
3. Hoeveel spelers is deur die Leeus gekontrakteer? Is daar
nie te veel spelers wie deur die Leeus gekontrakteer is wie net in die sisteem
is en nooit speel nie? Kyk bv. na die ouens wie VC gespeel het. Waar's hulle?
Almal klubs toe? Is 'n situasie van eerder kwalitiet as kwantiteit nie beter nie?
Soos bv. 5 'floaters' se pay kan een van ons sleutelspelers langer by ons laat
aanbly.
ANTWOORD: Sien op my Slides wat ek
vir julle voorberei het.
4. Dink julle nie SARFU moet weer die "B" spanne
kompetiesie weer instel nie. Vroeer jare het jy jou Currie cup span gehad met
die Rooibokke wat as die "B" span bekend was. Hulle het gewoonlik teen die ander
unies voorwedstryde gespeel.
ANTWOORD: My voorgestelde struktuur
aan SARU op Slides.
5. Hoekom het ons so baie beserings? Is ons mediese
personeel ook onbevoeg of speel die ouens met niggles? Hoekom kry die ouens
amoer nooit ruskans nie? Wat is ons kondisionerings strategie/ beleid? Bestaan
daar so iets?
ANTWOORD: Ons het voorgeskrewe
verlof en ruskans wat elke speler moet kry. So ons is verbind aan die SARPA
ooreenkoms met SAREO. So byvoorbeeld moet alle Super 14 spelers 2 weke rus na
die kompetisie. So ook na die Currie Cup kompetisie moet hulle 2 weke verlof kry
voordat ons weer kan begin vir die volgende Super 14. Ons het van die beste
mediese en support staff in die land glo my en daar skort niks met ons
kondisionering nie.
6. Wat word gedoen om die veiligheid by Ellispark op te
skerp? Baie mense kla oor dit en is nie bereid om by die stadion te gaan kyk nie
want dis nie veilig nie.
ANTWOORD: Ek het ‘n slide wat ek
vir julle gaan wys.
7. Wat word gedoen om ons spelers te behou en te keer dat
'n Mujati ding nie weer gebeur nie.
ANTWOORD: Die Mujati aangeleentheid
is ons nog steeds in ‘n regsgeding met die W.P. en agent.
8. Watter posisies het die afrigters en Unie
geidentifiseeer om spelers te koop en wanneer gaan dit gebeur?
ANTWOORD: Dit kan ook gesien word
in die Slides.
9. Wat doen die Unie om O/19 en o/21 spelers te behou? Kyk
na 4 jaar terug se U/21 groep en ons het 4 spelers oor.
ANTWOORD: Sal die beplanning oor
Juniors met julle deel vanoggend.
10. Kan die Unie prysbeheer toepas op verversings, die
duurste in die land!
ANTWOORD: Ek het dit al klaar
oorgegee aan die betrokke persone wat die Presinct namens ons bestuur.
11. Wat is die rede dat met sekere wedstryde die spelers
nie voor die tyd op die veld opwarm nie.
ANTWOORD: Dit gebeur definitief
glad nie. Ek verseker julle dat almal opwarm.
12. Die kaartjies meer bekostigbaar vir die publiek maak.
ANTWOORD: Ons is die goedkoopste
unie wat betref seisoenkaartjies. En ook die een wat die minste verkoop. Vir
toetse moet ons aan S.A. Rugby ‘n Waarborg betaal sodat ons die toets kan
aanbied. Vir die Argentinie en Australia toetse is dit elk R8,5mil. Om sodoende
gelyk te breek met al ons onkostes ook vir die stadion en aanbied van die toets
moet ons 36 000 kaartjies verkoop teen R350 – R400 om gelyk te breek.
13. Is daar n "performance" klousule in die afrigter se
kontrak? (Weet nie of dit te persoonlik is nie)
ANTWOORD: Ja daar is in al die
kontrakte “performance” klosules.
14. Waarom word die "bench" so min aangewend?
ANTWOORD: Die coaches is onder
geweldige druk om te wen en sodoende is dit nie altyd vir hulle moontlik om
veranderinge te maak en sodoende miskien die ritme in die span versteur nie. Kyk
na die Griekwas game. Dit is ‘n voorbeeld van waar die coach sy reserwes wou
opbring en toe score Griekwas die 3 driee vinnig en toe besluit hy om hulle nie
op te sit nie.
15. Waarom word Highveld94.7 fm nie meer gebruik vir
bemarking van ons span nie?( Bemarking in die algemeen is swak)
ANTWOORD: 94.7 word baie gebruik
met die bemarking van die Leeus en ons wedstryde. Dex de Bruin is op ons Exco en
help ons geweldig.
16. Is die verlies van goeie ( en jong belowende ) spelers
te wyte aan swak speler-bestuur
want die GLRU verloor op 'n gereelde basis bg spelers. Dis
asof die GLRU 'n 'bargain' en 'on sale' bordjie om kwaliteit spelers se nekke
hang vir ander unies!
ANTWOORD: Sien my Slides wat ek
vanoggend gaan wys.
17. Die GLRU is gereeld om die verkeerde redes in die nuus
( bv die aanklag mbt kwota - spelers, die Mujati - sage ) en dan is hy ook
die een wat te maklik blyk in te gee as dinge warm word. Wat gaan die unie doen
om sy beeld na buite weer reg te stel?
ANTWOORD: Dit sal ek vanoggend
antwoord.
18. Watter pogings word deur die GLRU gedoen om optimale
groei en ontwikkeling - ook buite die spel soos bv. op persoonlike vlak - ( EN
BEHOUD VAN HIERDIE SPELERS ) van spelers te verseker? Die beginsel wat hier geld
is : gelukkige spelers = goeie selfvertroue = beter resultate = beter/groter
ondersteuning = beter inkomste vir unie = en so kan ons aangaan....!)
ANTWOORD: Ons is betrokke by Image
Excellence en hulle help ons spelers met allerhande sessies. Ons het ook
loopbaan beplanning vir ons spelers en daar word na alle aspekte van die speler
gekyk.
19. Gaan die insette wat ons as ondersteuners maak enigsins
deur die GLRU ernstig opgeneem word of probeer die unie ons hierdeur net "kalmeer"
?
ANTWOORD: Ons luister na ons
ondersteuners en wil ten alle koste die beste Unie/Span in die wereld word met
die beste fasiliteite.
20. Parkeering, Toilet geriewe, -... en hoekom (veral met
klein wedstryde) is daar N BLOK VER VAN DIE STADION TOEGEMAAK?
ANTWOORD: Hopenlik spreek ek dit
aan in die Slides.
7 Junie 2008
1. How are you going to expand the brand, Auto & General S14 Lions, in the
future to the public?
ANSWER: WITH AUTO & GENERAL ON BOARD WE HAVE ACHIEVED ALREADY MORE DURING THIS 2008
SEASON ON BRAND BUILDING REGARDING THE AUTO & GENERAL SUPER 14 LIONS TEAM THAN WHAT
WAS DONE WITH OUR PREVIOUS SPONSORS OF THE SUPER 14 FRANCHISE. WITH AUTO & GENERAL
AS A PARTNER WE WILL ESTABLISH THE SUPER 14 LIONS SIDE AS ONE OF THE BEST.
2. Have players been targeted/identified for the positions by which the GLRU management felt they need those positions strengthened?
ANSWER: YES POSITIONS AND PLAYERS HAVE BEEN IDENTIFIED FOR THE LIONS TO BE IN THE
SUPER 14 PLAYOFFS NEXT YEAR. THE AVAILABILITY OF PLAYERS IN CERTAIN POSITIONS IS A
PROBLEM LOCALLY BUT WE ARE LOOKING OVERSEAS.
3. Om aan te sluit by vraag no 2, indien julle spelers geidentifiseer het,
het julle sogenaamde kwota spelers geidentifiseer? Ek dink goeie kwota
spelers was een van ons groot leemtes hierdie jaar.
ANTWOORD: DAAR IS NA DIE SOGENAAMDE "KWOTA" VRAAG VERWYS MAAR ONS WIL REGTIG NIE
DAARNA KYK AS BLOOT NET OM SPELERS VAN KLEUR TE KOOP OM SODOENDE NOMMERS OP TE MAAK
NIE. ONS HET BAIE SPELERS VAN KLEUR WAT OP MERIETE DIE SPANNE KAN MAAK WAT HUIDIGLIK
NOG BAIE JONK IS.
4. Will the GLRU possibly extract a player from one of the Pacific Islands
in the future?
ANSWER: WE ARE CURRENTLY LOOKING AT OVERSEAS PLAYERS AND THERE CAN BE SOME FROM THE
PACIFIC ISLANDS. I MUST JUST ADD THAT WE ARE ONLY ALLOWED 2 FOREIGN PLAYERS PER
SUPER 14 TEAM.
5. Manie het laas keer vir ons geantwoord: "Wat die finansies van die GLRU
betref is daar geen probleme nie." Nou hoor ons die Unie het verlede jaar
(2007) 'n verlies van amper R15m gehad, baie groter as die verlies in
2006. Wat is die ware toedrag van sake, en hoe keer mens so groot verlies
om? Hoe lyk die voorlopige syfers vir 2008, gaan ons 'n wins maak?
ANTWOORD: MANNE DIE VERLIES VAN R14MIL VIR DIE BOEKJAAR 2007 IS DIE GESAMENTLIKE
VERLIES VAN DIE GROEP. ONS HET DIT REEDS VOORSPEL IN JULIE 2007 TOE ONS HIER
OORGENEEM HET. DAAR HET BAIE VERANDERINGE PLAASGEVIND DIE AFGELOPE JAAR, EN SODOENDE
VOORSPEL ONS 'N GELYKBREEK WAT DIE HUIDIGE 2008 BOEKJAAR BETREF.
6. Kan die GLRU vir ons 'n aanduiding gee mbt die sukses met behoud en
ontwikkeling van belowende 0/19 spelers. Indien daar probeleme is - wat
doen die GLRU om dit suksesvol aan te spreek?
ANTWOORD: EERSTENS AS JY 'N BELOWENDE CRAVENWEEK SPELER IS OF DIE OUER VAN SO 'N
SEUN, DAN IS DAAR SLEGS 5 PLEKKE WAARHEEN JY HOM TOE SAL STUUR. DIE VYF PLEKKE IS BY
EEN VAN DIE 5 SUPER 14 FRANCHISES. AS DAAR VIR JOU 'N KONTRAK AANGEBIED WORD EN DIE
BEDRAG IS DIESELFDE VANAF AL 5 DIE FRANCHISES WAT IS DIE KEUSE WAT JY SAL UITOEFEN.
1. EERSTENS SAL JY HOM NA EEN VAN DIE 2 KUS-FRANCHISES TOE STUUR ASGEVOLG VAN DIE
LEEFWYSE EN SEE DAAR.
2. DIE DERDE PLEK WAAR JY HOM HEEN SAL STUUR IS DIE BULLE WANT
HULLE HET HUIDIGLIK 'N WEN KULTUUR.
3. VIERDE IS DIE CHEETAHS WANT DIT IS NIE SO
GEVAARLIK DAAR SOOS IN JOHANNESBURG NIE. SO DIE LEEUS IS DIE LAASTE PLEK WAAR JY JOU
KIND HEEN SAL STUUR OMDAT DAAR DIE PERSEPSIE IS DAT DIE MISDAAD HIER BAIE HOER IS AS
ENIGE ANDER PLEK IN DIE LAND, WAT NATUURLIK NIE WAAR IS NIE. SO VIR DIE LEEUS OM DIE
DERDE KEUSE TE WORD MOET ONS 'N WENKULTUUR HIER SKEP. OM DIE EERSTE KEUSE TE WORD
VAN ENIGE SPELER VAN KWALITEIT IS DAAR DUS NET EEN DING WAT ONS KAN DOEN HIER IN
JOHANNESBURG EN DIT IS OM BAIE MEER GELD TE BETAAL. ONS HET BAIE BELOWENDE ONDER 19
SPELERS EN ONS DOEN ALLES OM HULLE HIER TE HOU. DAAR IS OOK REEDS MET 10 TOP ONDER
18 SPELERS KONTRAKTE GESLUIT VOOR HULLE CRAVENWEEK TOE GAAN.
7. Eugene Maqwelana is voor die Super 14 seisoen geidentifiseer as 'n
vaskop stut om ons probleme in die posisie te oorkom, maar hy het glad nie
die mas opgekom nie, en die speler se loopbaan het dalk nou selfs skade
gekry toe hy te gou in die diep kant gegooi is. Hoe kan ons verseker weet
dat die persoon wat Eugene vir ons geidentifiseer het, weet wat hy doen,
en nie weer so fout sal maak nie?
ANTWOORD: WAT EUGENE MAQWELANA BETREF WAS ONS IN 'N BENARDE POSISIE TOE MUJATI
GEDROS HET, WANT HY WAS ONS NOMMER 1 VASKOPSTUT VIR DIE SUPER 14. KOPPE IS BYMEKAAR
GESIT OM SODOENDE VINNIG IEMAND IN DIE HANDE TE KRY, SOOS JULLE OOK WEET SKOP MENS
NIE AGTER ELKE BOSSIE 'N VASKOP UIT NIE. EUGENE IS 30 JAAR OUD EN EK GLO NIE ONS HET
ENIGE SKADE AAN SY LOOPBAAN VEROORSAAK NIE. HY HET ONS GEVRA OM VAN SY KONTRAK
ONTHEF TE WORD AS GEVOLG VAN PERSOONLIKE REDES.
8. Hoe gaan die GLRU vereker dat sy S14 ( en selfs ook CC span ) nie weer
die slagoffer word van uiters onbekwame beslissings soos vanjaar in die S
14 gesien is nie, gesien in die lig van die finansiële knou wat unies kry
as hulle spanne swak sou vaar. Vergelyk bv. Jano se wettige drie wat nie
deur die skeidsregter toegeken is nie edm in verhouding met ons
eindposisie ( asook die min toeskouers = gelde wat nie geïn is nie as
gevolg daarvan ) en die 'Spears" swaard wat ook nog oor die GLRU se koppe
hang.
ANTWOORD: DIT IS 'N PRENTJIE VAN 'N ANDER KLEUR. ONS MOET MAAR DIE GEHALTE RUGBY
SPEEL SODAT DIE SKEIDSREGTERS NOOIT 'N VERSKIL KAN MAAK AAN DIE UITSLAG NIE.
9. What is happening with Tabang Molefe? Has he officially left the union?
Is he still playing rugby or is he taking a sabatical?
ANSWER: THABANG MOLEFE HAS DECIDED TO DO EXACTLY THE SAME AS MUJATI (THEY HAVE THE
SAME AGENT). I REFUSED TO RELEASE HIM AND HE WAS SUSPENDED WITHOUT PAY. THE AGENT
ORGANISED HIM A CONTRACT OVERSEAS AND I AGREED TO RELEASE HIM.
10. Volgens bespiegeling is GLRU op soek na groot kanonne om leiding in
die span te neem en is die unie bereid om groot geld uit te haal. Hoewel
ons nie daarteen is dat ouer en wyser koppe ingebring word of dat kwliteit
spelers ingetrek word om die jonger manne te help slyp nie - wat is die
posisie met Andre Pretorius en indien hy wel sal bly ( hopelik ) sal Ernst
steeds die kapteinskap van die span behou?
ANTWOORD: DIE KOOP VAN SPELERS HET EK HIERBO AL GEANTWOORD. WAT ANDRE PRETORIUS
BETREF SIEN HY VANDAG DIE SPESIALIS EN DAN SAL ONS WEET WAT DIE STAND VAN SY RUGBY
LOOPBAAN IS. DIE KAPTEINSKAP VAN DIE SPAN BERUS BY DIE SPELERS EN DIE SPANBESTUUR.
DANKIE VIR DIE VRAE.
Manie Reyneke
CEO GLRU & LIONS Super 14
23 April 2008
Een van ons ondersteuners het gevra hoe pas die G.L.R.U. en PIRATES in,
waar ons as die G.L.R.U. ELLISPARK besit.
Hier is 'n uiteensetting.
Die GOUE LEEUS RUGBY UNIE BEHOORT AAN DIE KLUBS, SKOLE EN ANDER
ASSOSIASIES. Die G.L.R.U. besit Ellispark 100%. Die G.L.R.U. het die reg
bekom oor die jare om die Standard Bank Areana en ook die Johannesburg
Stadion te bestuur om sodoende beheer in die area te kry. Dit het
daartoe gely dat ons die swart bemagtigings maatskappy gestig het
waarvan G.L.R.U. 49% aandele het Orlando Pirates 21% en INZA 30%.
Hierdie maatskappy besit nie Ellispark nie, hulle het slegs die reg om
hom te bestuur saam met Johannesburg Stadion en Standard Bank Arena.
Hierdie maatskappy het verseker dat ons 'n groot rolspeler is in die
2009 Confed-Cup en 2010 Wereldbeker Sokker is. Danksy hierdie is ons
tans besig met die opgradering van die Stadion tot 'n wereld klas een.
En dan ook soos ek reeds verduidelik het die opgradering van die hele
area.
Ek hoop dit help met die vrae.
Manie Reyneke
CEO GLRU & LIONS Super 14
17 April 2008
'n Paar van die besoekers aan my webwerf, Tinus, Francois en Kallie, het met die
idee vorendag gekom dat ons so een keer per maand vrae bymekaarmaak en aan die
CEO van die Goue Leeus Rugby Unie, Manie Reyneke, stuur sodat hy dit vir ons kan
antwoord. Manie en sy PA, Suzette, was baie tegemoetkomend, en Manie het selfs
ingewillig om dit 'n maandelikse instelling te maak, baie goeie nuus aan die van
ons wat brandende vrae het en antwoorde daarvoor soek.
Vir die eerste sessie het ons 16 vrae aan Manie
gestuur, en ek was nogal uit die veld geslaan toe Manie minder as twee ure later
die antwoorde terug gestuur het! Baie dankie weereens Manie vir jou
bereidwilligheid om met ons ondersteuners op die wyse te kommunikeer en ons op
hoogte van sake te hou!
Hier is dan die eerste 16 vrae aan Manie:
1. Is daar planne van die GLRU om in die afsienbare toekoms hulle basis te skuif
na 'n ander veld as Ellispark of bly ons by Ellispark? Hoe gaan mens weer
oortuig word om moeite te doen om die stadion te besoek? Daar is 'n
oorweldigende mening dat die Leeus moet skuif Noorde toe - al is dit na 'n
kleiner stadion toe. Is die GLRU bereid om 'n "public opinion poll" te laat doen
hieroor?
2. Wat is die planne met die opgradering van die buurt rondom Ellispark?
3. Wat is die planne met die parkering garage wat blykbaar gebou gaan word,
hoeveel voertuie sal dit huisves en wanneer sal dit klaar wees?
4. Is julle bereid om gereeld sulke vrae van ondersteuners te antwoord, sê maar
ten minste een keer per maand?
5. Wat gaan die Leeus doen om gesoute spelers in die span in te bring? Daar is
duidelik nie genoeg ervare spelers - veral in die agterlyn - om die jong outjies
te mentor en kalm te hou nie.
6. Het die GLRU geld om goeie spelers te hou en te koop? Gerugte loop dat die
Leeus nie geld het nie - en daarom op jong spelers moet staatmaak wat goedkoper
kos.
7. Wat gaan anders in die af-seisoen gedoen word om te verseker die Leeus reg is
vir 2009 S14? Ons mag nie nog so 'n treurige seisoen beleef nie.
8. Kan die Leeus nie meer doen om die unie/franchise te adverteer nie? Daar word
nie genoeg gedoen om steun vir die Leeus te werf nie. Die GLRU se kontak met
94.7 word nie genoeg aangewend om steun te werf (en te hou) nie.
9. Hoekom buit die GLRU nie 7e Laan uit om die Leeus te bemark nie? 7e Laan
speel in Johannesburg af. Daar is volgens my 'n goue geleentheid om die Leeus se
beeld te verbeter. Ek is seker 'n paar R aan die vervaardigers sal dit moontlik
maak.
10. Ek hoor gereeld dat Johannesburg 'n onaangename, gevaarlike plek is en dat
goeie spelers nie in Joburg wil bly en speel nie (behalwe natuurlik as die geld
reg is). Wat kan die GLRU doen om hierdie persepsie te verander? Watter
strategie moet 'n unie soos die Leeus hê om goeie spelers te lok ten spyte van
die negatiewe persepsies?
11. Elke stad het sy eie unieke karakter (goed en sleg). Wat is Johannesburg se
goeie karakter wat gebruik kan word tot die Leeus se voordeel? Soos ek dit sien
is Johannesburg die high-tech hoofstad van SA met sulke maatskappye se HK in die
stad en omgewing. Gebruik dit in die Leeus se beeld na buite.
12. Transformasie. Hoekom het ons soveel spelers van kleur ingebring en net
verloor oor die laaste paar seisoene? Bobo, Habana, Molefe, Mujati byvoorbeeld.
13. Wat kan ons doen omtrent die Krisis op loskakel en vleuels?
14. Is dit die unie se verandwoordelikheid om klub rugby te adverteer? Klubrugby
moet bevorder word en die reekse is baie nice, maar dis net familie en vriende
van klubrugby wie dit enigsins volg.
15. Het die Leeus 'n rugby akademie soos die Sharks? Indien nie, gaan dit een
kry?
16. Is daar 'n moontlikheid om 'n uitruil ooreenkoms met oorsese spanne te sluit
om jong spelers heen en weer te skuif om ondervinding op te doen?
En hier is Manie se antwoorde onveranderd geplaas:
Dagsê Walter,
Dankie vir die harde werk wat jy al vir jare met die WWW doen.
Ons by die Goue Leeus waardeer dit ongelooflik baie.
Graag antwoord ek van die vrae wat jy aan my stel.
Onthou net baie van hierdie is my persoonlike drome maar ek dryf dit dat ons die
grootste, sterkste en beste Unie in die Wereld word.
Vrae 1 - 3
Antwoord: Ons het ‘n Swartbemagtigings maatskappy gestig waarvan die GLRU 49%
aandele het en Orlando Pirates ook ‘n aandeelhouer is. Ons sal altyd ons Toetse,
Super 14 en Curriebeker wedstryde op Ellispark speel. Ons het baie lojale
Losie-eienaars en ons is dit aan hulle verskuldig.
Om ondersteuners te oortuig om weer Ellispark toe te kom is inderwaarheid een
van ons grootste uitdagings. Daar word tans R250 miljoen spandeer net op die
opgradeering van Ellispark self. Dit gaan seersekerlik die mees Moderne en beste
Stadion in die Wereld wees. Een aspek wat altyd ‘n probleem is, is parkeering
daarom is ons besig om aan die Ooste kant ‘n parkeer garage te bou wat in
Augustus 2008 ook klaar gaan wees. Dit gaan parkering bied vir ten minste 1100
voertuie waarvan die ingang en uitgang direk tot op die snelweg gaan wees. Die
onderste vlak van die parkeer garage gaan omskep word in ‘n winkelsentrum. Dan
word daar in en om Ellispark omgewing plus minus R1,2 biljoen spandeer op die
opgradering en sekuriteit rondom ons. Hierdie gaan inderdaad ‘n Wereld klas
Presinct word.
Oor die skuif van GLRU is ek ‘n oortuig daarvan dat ons hoofkwartier moet skuif
vanaf Ellispark vir verskeie redes. Ellispark gaan baie gebruik word vir Rugby,
Sokker en ook Konserte in die nabye toekoms. Julle moet die pers dop hou vir ‘n
baie belangrike aankondiging binne die volgende 2 weke. My idée is om op ‘n
bepaalde plek wat ten minste 4 tot 5 rugbyvelde het ‘n “LIONS VILLAGE” te bou
waar alles wat ons as Unie nodig het gesentraliseer kan word. Van Mediese
sentrum tot koshuise.
Vraag 4
Antwoord: Ek is altyd bereid om antwoorde te gee as ek die antwoorde het. So een
keer per maand klink vir my redelik.
Vraag 5
Antwoord: Ongelukkig is spelers met ervaring altyd ‘n groot probleem. Dit is
baie moeilik vir ons as Unie om te kompeteer met die oorsese Pond en Euro. Dit
is altyd die spelers met ervaring wat deur die oorsese klubs gekoop word. Ek
verstaan ook van ‘n speler se oogpunt die rede hoekom hulle meeste van die tyd
die aanbod aanvaar want ‘n rugbyspeler se loopbaan is maar van korte duur.
Wat ons situasie betref rakende ervaring in die agterlyn is dit ongelukkig dat
ons 2 van ons ervare spelers verloor het asgevolg van beserings. Andre Pretorius
wat ‘n frats besering opgedoen het in die laaste wedstryd vir die Springbokke.
En soos alle goeie ondersteuners weet is loskakel seker die belangrikste posisie
op die veld. Dan ook Jaques Fourie ons buite senter. Hy het verlede jaar al die
Super 14 wedstryde sowel as toetse en ook in die Wereldbeker meeste wedstryde
gespeel. Ons het tydens die voorseisoen voorbereiding gesien hy het las en toe
is daar besluit om hom te laat rus en 100% reg te kry. So agterlangs sou ons
ervaring gehad het om juis die onervare manne te help.
Vraag 6
Antwoord: Wat die finansies van die GLRU betref is daar geen probleme nie. Ons
begroting vir ons Profesionele span en Ondersteuningsspan is gelykstaande aan al
die ander Super 14 Franchises se begrotings. Die rede hoekom ons baie jong
onervare spelers het is omdat ons glo eerstens in die opbou van die ons Super 14
groep. Toe Loffie aangestel is het ons ‘n 3 jaar program in plek gestel. Die
ander rede hoekom ons nie ervare spelers het nie is dat ons kan ook net kry wat
beskikbaar is in die mark. Meeste senior ervare spelers het kontrakte en die
ander gaan oorsee vir meer geld.
Vraag 7
Antwoord: Sodra die Bestuurspan van hulle oorsese trip afkom het ons ‘n
evaluering van alle spelers in ons Provinsie vanaf die mees senior tot junior en
daar sal weereens gekyk word na sekere posisies en dan sal daar planne in plek
gesit word om dit aan te spreek.
Vraag 8
Antwoord: Daar is tans ‘n geweldige poging om die Unie/Franchise uit te bou tot
die beste in die Land. Julle moet op die Lions Pride web-side ook gaan waar die
Ondersteunersklub ‘n groot poging aanwend. Ons het ook vir elke Rugbyspeler in
hierdie Provinsie wat Rugby speel vanaf O/9 tot en met O/18 hetsy by ‘n skool,
klub of Youthklub n gratis Seisoenkaartjie beskikbaar. Dit word deur die Amateur
afdeling gedryf.
Vraag 9
Antwoord: Daar was al een of twee geleenthede waar van ons manne op 7de laan
verskyn het. Ek sal dit ondersoek en terugvoering gee.
Vraag 10
Antwoord: Kyk na my eerste antwoord oor die “LIONS VILLAGE”.
Vraag 11
Antwoord; Ons is inderdaad besig met die veldtog rondom Johannesburg as die Hub
van Afrika. Daar sal binnekort aankondigings gemaak word rakende die Stadion.
Dit is maar net die begin van groot dinge hier. Daar is ook in baie ander kringe
baie dinge besig om te gebeur. Byvoorbeeld om die LEEUS en ORLANDO PIRATES die
beste Rugby en Sokker Unie’s te maak in Afrika. So weereens hou die pers dop.
Vraag 12
Antwoord: Jy het dit in een van jou Vrae geantwoord! Johannesburg is ‘n plek
waar daar baie selfdisipline en commitment moet wees. Dit is inderdaad moeilik
vir enige speler van buite Johannesburg om regtig aan te pas.
Wat die spelers van kleur betref is daar baie wat ook gelukkig hier is en was.
Ek gaan nie elke speler se situasie uitwys nie maar glo my hulle is nie almal
hier weg omdat hulle ongelukkig was nie.
Die Mujati saak word vandag in die Kaap verhoor sal julle op hoogte hou.
Vraag 13
Antwoord: Daar is inderdaad ‘n krisis op loskakel maar dit is van korte duur.
Ervaring was hierdie jaar ons grootste probleem. Behalwe vir Andre Pretorius wat
baie goed herstel na sy besering wat reg sal wees vir die Curriebeker Seisoen is
daar nog Jaco van Schalkwyk, Louis Strydom, Earl Rose, Micheal Killian, Jody
Rose en Andre Smith wat almal die potensiaal het om groot rugby te speel. Ons
grootste probleem hierdie jaar was dat hulle moes in die diepkant ingegooi
geword het na Andre se besering. En dan weet ons almal dat die SUPER 14
kompetisie seersekerlik die strafste kompetisie ter wereld is.
Vraag 14
Antwoord: Klubrugby is seersekerlik my grootste passie. Oor die adverteer
daarvan is ons ongelukkig totaal in die hande van die Media. Ons het hier by die
LEEUS weereens die voortou geneem en het al vir die laaste 3 jaar begin om ‘n
Semi-Professionele Klub struktuur in die lewe te roep. Ek kan met trots se dat
hierdie jaar ons alreeds 10 Franchises het wat vanaf 9 Mei 2008 teen mekaar gaan
meeding vir ‘n prysgeld. Hierdie kompetisie word oor grense gespeel en dit is ‘
LEEUS gerigistreerde kompetisie. Daar is reeds goedkeuring gekry deur die GLRU
om een uur per week op SAUK 2 hierdie kompetisie te beeldsaai. Die sukses van
hierdie kompetisie verlede jaar was so goed dat ons by van ons klubs tot 5000
toeskouers gehad het. Net soos die huidige Nasionale Amateur kompetisie wat die
LEEUS begin het en verlede jaar gewen het is SARU besig om na ons konsep van
Semi-Profesionele klubrugby te kyk om dit sodoende ook landswyd te implementeer.
Vraag 15
Antwoord: Ons het inderdaad ‘n rugby Akademie in samewerking met U.J. wat as die
Rugby Factory bekend staan. Ons het ook ‘n werksooreenkoms met Pukke en die Nuwe
Impala Akademie op Rustunburg.
Vraag16
Antwoord: On het ‘n “Gentlemans agreement” met Sarracens in London spesifiek oor
die uitruil van spelers. Dit is net baie moeilik met die wisselkoers tans. Maar
daar word gekyk na ‘n Internasionale Seisoen dan sal dit makliker gaan.
Ek hoop dat hierdie antwoorde vir jou darem kan help met die vrae wat jy kry op
die Web. Jy is ook welkom om my te kom sien as jy enige verdere besonderhede wil
he oor enige aspek van die Unie.
Weereens baie dankie vir jou positiewe werk en ondesteuning.
Groete
Manie Reyneke
CEO GLRU & LIONS Super 14
|