The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Pote nou in binnebaan om Bulle te brei |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 10-Dec-2018 at 8:20pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/pote-nou-in-binnebaan-om-bulle-te-brei-20181210
Die soektog na die regte man om die Bulle in aanstaande jaar se Superrugby-reeks te brei, is uiteindelik verby. ’n Aankondiging word Dinsdagoggend om 11:00 deur die Blou Bulle Maatskappy (BBM) gemaak en die verwagting is dat dit Pote Human te beurt gaan val. Victor Matfield, wat die gunsteling was, het luidens ’n berig deur Rapport weens sy gesinverpligtinge en die langtermyn-sekuriteit wat hy as spesialis-ontleder by SuperSport het sy neus vir die pos opgetrek. Volgens die berig sou daar gepoog word om Matfield te kry om van besluit te verander, maar gissinge in Suid-Afrikaanse rugby is dat hy uit die prentjie is. Dis nou tensy die BBM sy geheim baie goed bewaar. Deon Davids, die Southern Kings se afrigter, was die ander sterk kandidaat, maar is nie meer in die prentjie nie. Met die aanstel van Human sal die Bulle die voordeel van kontinuïteit hê. Hy het die Blou Bulle in vanjaar se Curriebeker-reeks afgerig en hulle het die WP byna teen die verwagting in die halfeindronde op Nuweland geklop. Die feit dat die Bulle glo nie hul verkose kandidaat kon kry om vir John Mitchell op te volg nie sal tog as ’n groot teleurstelling beskou word. Daar word groot beleggings gemaak om die franchise weer Suid-Afrika se toonaangewende span te maak en die afrigter sal uiteraard ’n deurslaggewende rol daarin moet speel. Die Bulle het reeds spelers soos Duane Vermeulen, Schalk Brits en Rosko Specman vir aanstaande jaar se Superreeks gewerf. Daar is sprake dat daar nog aanwinste gaan wees. Selfs Willie le Roux, wat vir die Engelse klub Wasps speel, se naam het al as ’n moontlike aanwins opgeduik. Wasps, wat finansiële probleme het en ook gefrustreerd is met Le Roux se gereelde internasionale verpligtinge, is glo gretig om die Springbok-heelagter van sy boeke af te kry. Die Bulle gaan ook ’n aansienlike inspuiting intellektuele kapitaal kry met die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, en sy verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, wat glo met die span se voorbereiding vir aanstaande jaar se Superreeks gaan help. Daarmee saam het Rapport berig dat die voormalige Blou Bul-speler en afrigter van die Westelike Provinsie, Alan Zondagh, die unie se direkteur van rugby gaan word. Die BBM het ook die sakeman Alfons Meyer aangestel om vir Barend van Graan as sy uitvoerende hoof op te volg. Meyer is deur die sakereus Remgro gevra om hom vir die pos beskikbaar te stel. Remgro het ’n aandeel van 50% in die BBM. Zondagh het ook noue bande met Remgro. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>> is glo gretig om die Springbok-heelagter van sy boeke af te kry.
As hulle tevrede met hom was as speler sou hulle mos nie gretig wees om van hom ontslae te raak nie?
|
|
![]() |
|
Zibbie ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 03-Apr-2016 Status: Offline Points: 1166 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
dink julle verduan en knock kock willie gaan all out gaan vir die bulle in n wereld beker jaar ?
|
|
![]() |
|
Tin ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Brits Status: Offline Points: 212 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
ek wonder as die joernaliste gaan en hul print al hul opskrifte van die verskillende stories oor die bloubul afrigters uit en sit dit langs mekaar of hy dan by homself wonder........''kan nie glo ek is betaal vir al die stront wat ek geskryf het nie''
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Op die einde van die dag dink ek Pote is dalk 'n beter afrigter as Matfield. Hy rig al lank af en het darem redelike sukses in die Varsity beker behaal
|
|
![]() |
|
Lion4ever ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Roodepoort Status: Offline Points: 2004 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Unfortunately we are going to continue to have this club vs country issue, until WR sets guidelines that are cast in stone. Which means that there should not be tests outside of the international windows, and that all leagues will have a break during those test windows. And clubs should also realise that if they contract international players, that they will have to miss some games due to commitments to their country.
|
|
![]() |
|
Lion4ever ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Roodepoort Status: Offline Points: 2004 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Pote Human may be the logical choice, but he is a good Currie Cup coach, not necessarily a SR coach. They will have continuity, but does he have the ability and the innovation to make the Bulls a force again?
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Okay so Pote Human is die Bulle se 2019 SR afrigter. Ek dink regtig dis 'n beter keuse vir die Bulle as Matfield
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
https://www.sport24.co.za/Rugby/SuperRugby/confirmed-pote-human-to-coach-bulls-20181211 Pote Human was confirmed as head coach of the Bulls' Super Rugby team at a press conference in Pretoria on Tuesday. The Pretoria-franchise also confirmed the appointment of Alan Zondagh as their director of rugby. Zondagh is a former Western Province and Eastern Province coach. Human, who had taken charge of the Blue Bulls in this year's Currie Cup, will take over the vacancy left by New Zealander John Mitchell, who has joined England as their defence coach. It's no secret that the Bulls were eager to appoint former Springbok lock Victor Matfield as head coach, but an agreement could not be reached between the two parties. Southern Kings coach Deon Davids was also in the running but was not the preferred candidate. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>>The Pretoria-franchise also confirmed the appointment of
Op 'n stadium het hulle gese Zondagh gaan net tydelik uithelp...dalk met Pote Human as afrigter was daar toe genoeg geld om Zondagh permanent aan te stel
|
|
![]() |
|
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Is nogsteeds n beter aanstelling as Mitchel, maar dit sê nie baie nie, want mens moet baie ver soek om swakker as Mitchel te vind.
|
|
Go LIONS!!!!!
|
|
![]() |
|
Lion4ever ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Roodepoort Status: Offline Points: 2004 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Finally.
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |